Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Paul Kruger. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Paul Kruger. Wys alle plasings

31.3.20

Thijs was skepper oor wye front

PAUL KRUGER skryf oor die talente van sy vriend en kollega, Thijs Nel, wat Saterdag oorlede is: Thijs was op sy dag kunsredakteur van Die Vaderland, toe die grootste dagblad in die RSA.

Hy was ‘n kunstenaar van formaat en sy talente was oor ‘n wye front versprei, hy was skilder (verskeie suksesvolle kunsuitstallings deur die jare), hy was pottebakker, digter, kortverhaalskrywer, navorser en kenner van CJ Langenhoven se werk wat hy in ‘n omvattende boek saamgevat het.

18.6.18

Twee skoonpa’s en 'n boerbokrib

PAUL KRUGER skryf: Hierdie verhaal uit Zoeloeland stam uit dieselfde tyd dat fotograaf Willie Havenga en ek die storie oor die argeologiese opgrawings in die Border Cave bo in die Lebomboberge gedoen het (lees HIER).

Terug uit die berg ontmoet ons weer vir drywer Lynton met die Peugeot in die dorpie Ingwavuma en vertrek ons na die Ndumu-wildtuin van die destydse Natalse Parkeraad. Dit is op die grens tussen Zoeloeland en Mosambiek geleë.

12.2.18

Paul en Willie krap steentydperk oop

PAUL KRUGER skryf: Hierdie storie word aan Willie Havenga opgedra -- uitstekende fotograaf, goeie maat en kollega. 

Die oeroue vraag: Waarom klouter klimmers berge?

Antwoord: Hulle doen dit omdat die baas so sê.

In hierdie geval was die baas mnr Otto Schwellnuss, lid van Die Vaderland se hoofredaksie, as ek nou mooi reg onthou. Die ou groot gryse se kantoor was op die vierde verdieping skuins oorkant die algemene redaksie se hokkiekantore, maar ons plebs het baie min met hom te doene gehad.

26.2.15

Dougie streel sy lewer

PAUL KRUGER skryf: Ek het lekker gelees aan Johann Britz se hofstorie en van Dougie Jones se gat, dis nou die een aan die voorkant in sy “onderpens”. Sy woorde.

Toe ek by die redaksie van Die Vaderland ingetree het, het ek onder die vleuels van Jan Hoeksema beland en vir bykans die eerste 12 maande het ek meesal uit Johannesburg se landdroshof verslag gedoen.

Nou die dag vertel ek en ‘n plaaslike prokureur van Hermanus oor en weer stories uit die hof en kom sy met hierdie mooi ene vorendag:

2.2.15

K'rant het historiese waarde

PAUL KRUGER skryf: Baie dankie aan al die betrokkenes vir die pragtige aanbieding van die krokstorie. Dit word gewaardeer. Dra my dank aan die redaksie oor.

'n Mens sou kon redeneer dat hierdie waarskynlik (benewens die betrokke eksemplaar van Die Vaderland waarvan daar net een bestaan) die enigste openbare aantekening van hierdie operasie is. Hierdie en die ander stories wat in K'rant verskyn het, en nog verskyn, se historiese waarde is onmeetbaar.

Feit is net, lank nadat ons almal tussen die sterre kamp opgeslaan het, sal K'rant op die Internet bly voortleef. Onse nageslagte sal daarop afkom en baie genot put. Daarvan is ek seker.

Julle doen groot werk met K'rant. Moenie ophou nie.

Daar is nog so 'n paar soortgelyke stories wat ek mettertyd (Afrikaanse onnie het altyd "metterwoon" gesê) sal aanstuur vir oorweging.

29.1.15

Operasie Krokodil – September 1970

PAUL KRUGER (destyds by Die Vaderland) skryf: Hierdie is die storie van die dag toe ek en fotograaf Gerrie Fourie oornag veldwagters van die destydse Natalse Parkeraad geword het.

Dit het alles begin met ‘n kort beriggie oor die teisterende droogte in die noorde van Zoeloeland. Verskeie riviere wat in die St Luciameer uitmond, het heeltemal opgedroog met net hier en daar ‘n seekoeigat en ‘n verdwaalde kuil wat nog ‘n bietjie water gehou het.

8.1.14

Asseblief! Dit WAS respektawelik

LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!)

Julie 1970
Ewenwel. Dis Hanekraai-redakteur, Paul Kruger, wat my met die meegaandefoto in die gang byloop. "En toe," wil hy weet, "wat se lawwigheid is dit nou eintlik dié?" Sommer so. En kamma kastig is hy vreeslik geskok. "Om te dink," fluistersê hy, "dat oom Apie Greeff, Maxie Pienaar, Martie Snyman en André Verster ook so ... so kaal ... so ... " en hy's vort.

8.11.12

Die ontmoeting

PAUL KRUGER skryf: So met mens se tienerjare verval jy in die kalwerliefde en later die groter droomliefde. Gedurende my jongtyd in die vroeë sestigerjare was die meisies verlief op Elvis en James Dean en Pat Boone, en die jong manne het met leep oë van MM en BB gedroom, dis nou Marilyn Monroe en Brigitte Bardot.

Met my was dit egter anders, my droomliefde was poësie, in besonder

7.11.12

Heerlike leesstof

Paul Kruger laat weet: Daai goete van Suzelle Fourie oor Sjina is heerlike leesstof, om nie van die geveg tussen de Klerk en Jooste te praat nie!

29.5.12

Van Oggend by die Teetafel tot Saans by die Sans

PAUL KRUGER herroep herinneringe uit die laat sestigerjare aan Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark, Johannesburg, vierde verdieping.

Om aan die redaksie van ‘n groot koerant soos Die Vaderland verbonde te wees, was nie net ‘n groot voorreg nie, maar ‘n belewenis wat moeilik omskryf kan word. Een aspek wat my bybly, is dat die mense
daar in die nuuskantoor daagliks onderwerp was aan die een enkele kwessie wat die sirkulasiesyfers opwaarts gedruk het – tragedie – dood, moord, ongeluk! Alle ander nuus was slegs terloops en het/moes agtertoe staan vir hierdie wrede indringer.

Hierdie mense, dis nou almal van verslaggewers, fotograwe, redakteurs, subs, moes hierdie fenomeen elke dag verwerk. Toentertyd het die woord in hierdie spesifieke beskrywende verband nog nie bestaan nie, maar vandag se dae praat almal van trauma.

24.5.12

August se sirkustruuk uit die Sans Souci beskou

PAUL KRUGER was eens munisipale verslaggewer van Die Vaderland en redakteur van HANEKRAAI, personeelkoerant van die Afrikaanse Pers Beperk (APB). Hy vertel hier hoe August du Preez se sirkusstorie destyds in Hanekraai weergegee is.

Hierdie storie kom daar uit die vroeë sewentigerjare toe Die Vaderland, as die grootste middagkoerant in die land, hoog op die gewildheidskruin gery