Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Dolfie Snyman. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Dolfie Snyman. Wys alle plasings

9.9.22

Tot geskokte redakteur se redding

DOLFIE SNYMAN, seun van Herman, en ʼn lid van die Metro-redaksie in Pretoria, herinner hom aan 'n keer toe hy tot die redakteur se redding moes kom.

Iets het met die kragtoevoer skeefgeloop en Frans Aucamp het op ʼn manier ʼn skok ontvang wat hom katswink op die vloer neergevel het.

Dolfie was op die toneel en het dadelik alarm gemaak en hulp ontbied.

Frans was genadiglik taai genoeg om gou weer by sy positiewe te wees en hy het sonder letsel van die skok herstel.