FRANS SCHEEPERS skryf: My loopbaan in die joernalistiek het eintlik maar by Dave begin. Hy was hardegat, maar ook mens. Ek sal nooit vergeet die nagte dat ek, Piet Ebersöhn en Philip Deetlefs by sy woonstel in Alberton deurgebring het met 'n pak kaarte, 'n mandjie vol biltong, liters whisky en handevol munte rondom die pokertafel nie. Kosbare tye wat ek altyd sal koester.
Hy was maar moeilik, en ons het hom dikwels verwens. Maar ons onthou ook sy seerkry-tye, toe hy gevoel het sy persoonlike lewe stort in duie. Wie onthou nog toe wyle Grobbie sy bruid Adele letterlik onder die bruidstafel ingedans het. Dave was van die ou skool. En min van vandag se joernaliste sal weet wat dit beteken. Dankie Dave, dat ons jou kon ken. Ek drink vir oulaas 'n dubbel whiskey op jou lewe.
Wys tans plasings met die etiket Frans Scheepers. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Frans Scheepers. Wys alle plasings
30.10.13
Daar was nie skandes en skandale om lieflike Glenda nie
FRANS SCHEEPERS, gewese redaksielid van Die Transvaler, skryf: Ja, ek onthou Glenda Kemp baie goed, met liefde en deernis. Ek het haar nooit op die dansvloer met Oupa die reuseslang in aksie gesien nie, maar ek het Glenda, die mooi fyn meisiekind van die Rodeon-Hoërskool op Swartruggens in die destydse Wes-Transvaal goed geken.Glenda het ietwat van 'n moeilike kinderlewe gehad. Maar hier in die
29.11.12
Oudkollegas onthou afgetrede Frans
FRANS SCHEEPERS, oudredaksielid van Die Transvaler het onlangs na vele jare by die SABC afgetree. Sy gesin het vir hom ‘n verrassingsafskeidspartytjie op die plaas, Nooiensdam, by Riebeeck Kasteel gehou waartydens boodskappe aan en staaltjies oor hom oorgedra is. Hier is ‘n klompie daarvan.Charlotte Lesch, sy dogter en nou ‘n senior verslaggewer by Boland
13.6.12
Frans Scheepers word oupa
Oud-kollega Frans Scheepers het pas die eerste keer oupa geword.
Links is ‘n trotse Frans saam met ouma Ineke, ma Charlotte en klein Lodewyk Jacobus Lesch, aspirant-boer en -eienaar van die plase Nooiensdam, Leliesfontein en Pampoenfontein, fris en gesond met ’n lekker keel aan hom.Frans tree in Oktober by die SABC af. Dan, skerts hy, is hy oupa én pensioentrekker
Teken in op:
Plasings (Atom)
