Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Johan van Wyk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Johan van Wyk. Wys alle plasings

20.2.16

Johan van Wyk sterf

JOHAN VAN WYK (65), voormalige sportredakteur en deurwinterde atletiekskrywer van Rapport, het gistermiddag (19 Februarie) op kantoor in MediaPark, Johannesburg, inmekaargesak en gesterf.

Hy het einde Augustus afgetree, maar het nog Vrydae en Saterdae vryskutwerk vir die koerant gedoen.

Johan het oor talle Olimpiese Spele verslag gedoen.

3.9.13

Die geïsoleerde gaan Spele toe!

JOHAN VAN WYK skryf: Doer in 1984, met Suid-Afrika in die middel van amperse totale sportisolasie, roep Wimpie de Klerk my eendag na sy Rapport-redakteurskantoor.

"Wil jy Olimpiese Spele in Los Angeles toe gaan?" sê-vra hy. Toe ek my asem terugkry, sê ek vir hom NATUURLIK, maar weet hy dat 'n SA persman by 'n Spele geen akkreditasie gaan kry nie; nie naby 'n
persbank met sy TV-skerm by elke sitplek toegelaat sal word nie; nie uitslae gaan kry nie; geen onderhoude kan bywoon nie ¬ - en tussen die 90 000 toeskouers sal moet sit en sy werk probeer doen?

4.10.12

Die dag toe die Bok Hoofstad se 'rugbykenner' af aarde toe gebring het

JOHAN VAN WYK skryf: Toe ek in die vroeë jare sewentig ná vyf jaar se geswoeg op die Puk by Hoofstad in Pretoria land, het ek groot drome gedroom dat ek sommer met die intrapslag oor Springbokrugby gaan skryf. Niemand kon my iets oor rugby vertel of leer nie, soos dit seker maar met enige vrypostige jong verslaggewer in ’n sportkantoor gaan.
Groot was my skok egter toe die sportredakteur, Neil Steyn, my inlig dat rugbyskryf sy werk en ander hardebaarde soos Chris Swanepoel en

29.8.12

"Goeiemore, meneer"

JOHAN VAN WYK skryf: Johan (Essie) Esterhuizen en ek het mekaar 43 (!) jaar gelede in ‘n eerstejaarskamer in Dawie Dup op die Puk raakgedrink.

Ons is in die sewentigs Hoofstad se sportkantoor toe, waar ‘n tiran genaamd Neil Steyn ons sowat als van sportskryf af geleer het.

Daarvandaan is ons ook saam-saam Transvaler in Johannesburg toe, waar