Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

24.1.18

Wanneer het Hoofstad die lig gesien?

NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek geniet K’rant baie hier in Australië. Kan enige leser my asseblief inlig oor die datum van Hoofstad se eerste uitgawe? As ek reg onthou, het John Vorster die amptelike opening waargeneem.

Dankie by voorbaat.

(Nic, stuur vir ons foto van jouself, asseblief. -- Red.)

23.1.18

Dot Kruger oorlede

KOOS BOTHA skryf: Dot Kruger is Saterdagaand in die ouderdom van 84 jaar oorlede in haar huis in die aftreedorp, Darrenwood Village, Johannesburg.

Ná meer as 'n halfdosyn kankeroperasies en feitlik nege jaar se deurlopende chemo-behandeling het die chemo haar gestel afgetakel en onder meer haar gebeente bros gemaak. Sy het drie erge beenbreuke in die afgelope twee jaar beleef.

11.1.18

Norman van Blackie oorlede

 Norman 
Chandler
Louise Blake het laat weet dat Norman Chandler Woensdag, 10 Januarie, op sy vrou se verjaardag, oorlede is. Hy was 78.

Norman het op Kersdag flou geword van bloeding op die brein. 

Medici het hom gister breindood verklaar waarna al die organe wat bruikbaar was vir oorplanting geoes is.  Daarna is die masjien wat Norman lewend gehou het, afgeskakel.

4.1.18

Tubby du Preez oorlede

Tubby du Preez.
Foto: Netwerk24.
Piet Ebersöhn het laat weet Tubby (Etienne) du Preez, gewese Pretoriase sportskrywer van Die Tramsvaler en Oggendlad, is oorlede.

Onderstaande het Dinsdagoggend op Radio Pretoria se Facebook-blad verskyn:

Dit is met leedwese dat Pretoria FM moet aankondig dat ons kollega, Ettiene du Preez, gisteraand in die ouderdom van 64 jaar oorlede is.