Vier veterane het nou die dag vir ʼn foto langs mekaar gaan sit, van links na regs, in dieselfde volgorde as op ʼn foto wat veertig jaar tevore in Nieu-Seeland geneem is. Dit was nogal ʼn heuglike geleentheid toe John du Toit, Wessel Oosthuizen, Herman le Roux en Gerhard Burger op John se plasie by Eikenhof, suid van Johannesburg, byeengekom het.
Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.
Wys tans plasings met die etiket Wessel Oosthuizen. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Wessel Oosthuizen. Wys alle plasings
23.10.12
Legende Jaap se seun in Londen wil oor sy pa weet
WESSEL OOSTHUIZEN, een van die land se mees ervare en gerekende fotojoernaliste, het so 'n bietjie in sy geheue rondgekrap en met die volgende vorendag gekom: Iewers in 1974 land die rugbylegende Willie John McBride en sy Britse Leeus vroeg een oggend op die destyde Lughawe Jan Smuts. Die inleidingsparagraaf van ‘n berig in Die Vaderland deur oud-
10.9.12
Ondervinding wat 'n mens nederig hou
WESSEL OOSTHUIZEN skryf: My geheue is deesdae te kort om te onthou waar ek oral was en wat ek al op film en deesdae elektronies vasgelê het. Die 2012 Paralimpiese Spele hier in Londen is egter een byeenkoms wat ek nooit sal vergeet nie.In my loopbaan het ek saam met van die grootste name in die joernalistiek, Afrikaans en Engels, gewerk, maar ek dink net wyle Koos van der Merwe,
4.9.12
Is ek ook so grys en verrimpeld?
WESSEL OOSTHUIZEN skryf: Ek sit hier in London en wag vir die Openingsseremonie van die Paralimpiese Spele en kom per toeval op die webwerf af.
Het ek ook so grys en verrimpeld geword? En is ek die enigste ou van ons tyd wat nou nog sy gat-af werk?Daar is so baie name wat ek reeds vergeet het, waarvan ek nou gelees het! Om te kyk wat ek daagliks doen, gaan na www.sascocimages.co.za.
11.6.12
Kittie in oord; Wessel wikkel
Kittie Vermaak, gewese vroueredaktrise van Die Vaderland en later Transvaler, is in ‘n versorginsoord op Sasolburg na ’n beroerte sowat anderhalf jaar gelede. Sy is baie eensaam en hoor graag van oud-kollegas. Haar telefoonnommer is 016/976-2443 x 2114.
Teken in op:
Plasings (Atom)

