Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

4.5.26

REÜNIE 31MEI 2026: GEBORG DEUR DAGBREEKTRUST

Al word ons getalle elke jaar al hoe minder, kuier ons nog net so lekker soos altyd. Ons hoop om vanjaar ‘n goeie opkoms te kry van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers  (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant – die Irish Rock -  te hou.

 Die saamtrek vind op Sondag 31 Mei 2026 plaas. Die ete begin om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.

 Die Irish Rock se buffet bied bief  bourguinon, oondgebraaide hoender, rys, aartappels, roomspinasie, geelwortels en Griekse slaai. Vir nagereg, sjokolade bruintjie en roomys, of  malvapoeding en vla.

 ‘n Bottel elk rooiwyn en witwyn sal gratis per tafel uit ons fondse verskaf word. Ekstra wyn en ander drankies, bier en koeldrank kan by die kontantkroeg bestel word. Koffie en gebottelde water is ook vir jou eie rekening.

 Ons word nie altyd in kennis gestel van oudkollegas wat intussen afgetree het en nuwe eposadresse het nie; indien jy van sulke gevalle weet, stuur asseblief die uitnodiging aan hulle of stuur die nuwe eposadres aan Louise  of Madelaine. Jy is welkom om jou gade of ‘n metgesel saam te bring. RSVP teen 22 Mei 2026 per e-pos na lblake2@telkomsa.net of pagemadelaine@gmail.com of skakel Louise by 082 472 2840 of Madelaine by 083 417 2044. Jou bespreking sal bevestig word.

 Die Irish Rock se adres is West Rand Retail Crossing, h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Roodepoort.

  Padaanwysings:

Uit die Johannesburg-omgewing – neem die Beyers Naudé-afrit en ry noord verby die Lifestyle-kwekery en draai links in Eastwoodlaan. ‘n Klein entjie verder vurk die pad. Hou regs in Scottlaan. Dit verander na Paul Krugerweg en later Nic Diederichsboulevard. Hou vir etlike kilometers reguit aan, verby SASOL-VULSTASIE (links), steeds reguit aan oor die  verkeerslig, ry teen die bult af  en draai links by die eerste verkeerslig in FLORINWEG. Eerste straat regs om sirkel. Weer eerste straat regs by sentrum in. Die restourant is links op die punt. Volop veilige parkering tot agter die restourant. Stap deur na die stoep.

 Vanaf Pretoria – neem die N14 na Krugersdorp. Ry tot by eerste verkeerslig. Draai links. Dit word Hendrik Potgieterweg. Draai links in Nic Diederichsboulevard etlike kilometers verder aan by Retail  Crossing. By die eerste verkeerslig draai regs in FLORINWEG en volg aanwysings soos hierbo.

 Groete

 Harald en Aletta Pakendorf, Louise Blake en Madelaine Page.