Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Piet Roos. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Piet Roos. Wys alle plasings

6.5.16

Piet Roos dood op pad na sy huweliksherdenking

PEET SIMONIS skryf: Piet (“Pille”) Roos (68) en sy vrou Chrisna was in die Kaap om hulle elfde huweliksherdenking te vier toe hy verlede Saterdag verongeluk het.

Van Chrisna se nekwerwels en ribbe is gekraak en sy het ander beserings opgedoen, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan en terug by hul huis in Pretoria.

Sy sê haar hele lyf is blou en seer. sy kan niks van die ongeluk onthou nie – net dat hulle van Bloubergstrand af op pad Stellenbosch was.

1.5.16

Piet Roos oorlede

PIET ROOS, oud-Vaderlander, is Saterdagmiddag in 'n padongeluk naby Stellenbosch oorlede. Sy vrou, Chrisna, is in die Mediclinic, Stellenbosch opgeneem. Volgens 'n vriend van Piet het 'n geldwa 'n ander vragmotor op 'n sperstreep verby gesteek en 'n kop-aan kop-botsing veroorsaak.

Piet was 'n lewenslustige en joviale mens. Nadat hy die joernalistiek verlaat het, het hy aptekerswese studeer.  Hy het 'n apteek in Pretoria-Noord gehad.  Dié beroep het hom die bynaam van "Piet Pille" by sy Perskorkollegas besorg.

16.3.16

Skitterende reünie

Solly van Staden
PIET ROOS skryf: Die Perskorreünie Sondag was skitterend.

Groot was my verbasing toe ek my ou pêl, Solly van Staden weer raakloop. In 1973 het ons by Komatipoort gaan verslag doen oor die Portugese wat uit Mosambiek vlug.

Dit was die lekkerste trippie uit. Ek en Solly het op Komatiepoort gebly en tunaslaai geëet en op die brug by die Krokodilrivier gaan kyk na die vis en krokodille.

Dit was 'n trippie van twee dae, maar ons het 'n week gebly. Daar was feitlik geen foto's of kopie nie, maar ons het dit geniet!!

18.1.16

Die Vaderland voorspel sneeu vir die Laeveld

PIET ROOS skryf: Ons by Die Vaderland moes soggens die Weerburo skakel vir die voorspelling vir dag en aand.

So skakel ek mnr Van den Berg by die Buro.  Ek sê ek praat van Die Vaderland en wil graag die weervoorspelling kry.

"Hoekom vra jy my?", wil hy weet. "Gister skryf julle op die voorblad van sneeu in die Laeveld. Dis iets waarvan ons nie geweet het nie." 

22.10.15

Piet skrik hom boeglam - eers vir luiperd, toe vir brak

PIET ROOS skryf: Twee keer het ek geskrik. Groot geskrik.

Die eerste keer was daar by Loskopdam waar 'n "mak" jagluiperd my gebyt het. Ek het 'n storie gaan doen oor Des Varaday se jagluiperdplaas en hy vat my die kamp in. Ons stap stadig deur die bosveld en daar lê 'n jagluiperdwyfie so neffens 'n doringboompie.

Ek buk om 'n vloer-foto van die dier te neem en alles is nog reg.

13.10.15

Die Kunstige Perskorhane

PIET ROOS skryf: Daar is hele swetterjoel kunstenaars, spotprenttekenaars en illustreerders wat bydraes gelewer het aan die Perskor-publikasies.

Ons dink altyd eerste aan Len, maar daar was manne soos Lou Henning, Jurko Jankovic, Dov Fedler, Andre de Beer.

Murray en Elzabe Schoonraad het 19 jaar lank navorsing gedoen en 'n ensiklopedie saamgestel van al die kunstenaars van 1900 tot so 1989. Murray is professor in Skone Kunste aan Tukkies en Elzabe het 'n DSc in Plantkunde en ek deel graag die inhoud met K´rant.

31.7.15

Piet spring loesing vry

PIET ROOS skryf: Kemptonpark was destyds 'n sentrum vir die aanspreek van sake vir dwelm- en porno-oortredings omdat die lughawe daar was. Die ouens wat op die lughawe gevang is, is na die plaaslike landdroshof gebring.

In daardie dae was onsedelikheid 'n baie ernstige misdaad. Die manne het oorsee sulke opvoedkundige tydskrifte soos Playboy en ander stoutighede gekoop en huis toe gebring.

So was daar 'n welbekende man en sy maters van Vrede in die Vrystaat wat bietjie oorsee gaan pret maak het.

12.1.15

Die diep onthou

PIET ROOS skryf: Ek sien Anina Roux se foto hieronder en ek onthou in 1974 het sy in die woonstelblok neffens ons in Linden gebly. Ek en Marieta was pas getroud en het in Linden ingetrek.

Ons wortels lê baie dieper. My skoonfamilie het op Vrede in die Vrystaat gewoon so 'n blok van die huis waar Anina en haar eks, Dick, gewoon het. Dick is later in die huis aangeval en vermoor.

2.10.14

Piet betaal sy weddenskap na 40 jaar

PIET ROOS skryf: In Maart 1973 het ek die grootmens-wêreld van die joernalistiek betree.

Dit was die wonderlikse plek waar dinge gebeur het. Ons het elkeen 'n tikmasjien gehad, in ons hokkies gesit en stories op "seksie"-papier getik en die blaaie met kopspelde aanmekaar vasgesteek.

Toe ek meer as dertig jaar later op Upington by Douglas Jones kuier, trek hy 'n skryfblok nader en teken die hokke.

16.7.14

Bang prokureurs sorg vir lekker naweek in die buiteland

PIET ROOS skryf: Rondom 1976 kom ek die storie te hore dat Suid-Afrikaanse prokureurs gaan registreer in Lesotho. Dit het hulle outomaties toelating gegee in die Statebond en kon hulle sodoende maklik landuit en in Engeland of Australië gaan werk.

Ek vertel dit vir die nuusredakteur en hy sê nou hoe gaan jy die storie kry?

Ek sê ek kan dit nie kry nie, maar my vriend, 'n prokureur, sal saam gaan en hy ken die wette en hy sal die storie kan losmaak.

16.5.14

Spesiale plek in die hel vir koerantmanne

PIETER ROOS skryf: Met die inwyding van die nuwe Bybelhuis van die Bybelgenootskap was ek daar. Die gebou is in Kemptonpark en is die streekhoofkantoor van die genootskap.

Dit was in die laat 1970's en dr Koot Vorster was die Moderator van die NG Kerk. Hy was die broer van onse premier/president John Vorster. Dr Koot het die amptelike inwyding waargeneem.

30.4.14

Storie toe nie ´n storie, maar heerlik!

PIET ROOS skryf: Ek en Marieta was pas getroud toe die opstand in Mosambiek homself uitgewoed het. Die Portugese het opgepak en is terug Portugal en Madeira toe. Baie het net alles gelos en gesê: "Bom dia - Call it a day!"

Ek en Solly van Staden is Komatiepoort toe gestuur. Daar was gerugte dat ons vlugtende Portugese by die grenspos gaan kry en groot stories

8.4.14

Ope Vraag 4: het joernalistiek verbeter?

So stadigaan begin die antwoorde op die weeklikse Ope Vraag minder van 'n vraagstuk te word en kry ons lekker antwoorde in. Baie dankie aan al die antwoorders!

Hierdie week se vraag: Het die joernalistiek gehaltegewys verbeter sedert jou Perskor-dae? Motiveer asb jou antwoord. 

Verlede week se vraag om K'rant se gesondheid te diagnoseer het reaksie van onder meer twee mooi vroue ontlok:

7.3.14

Fyn oog vir die teleks

PIET ROOS skryf: Die teleks was vir my seker een van die interessante dinge by die koerant. As jy met ‘n tikmasjien tik, is dit rukkerig en dit verpersoonlik jou tikgewoontes. Maar die teleks het soos 'n masjiengeweer geratel teen 'n konstante snelheid. Ek hoor nog die klank!

Een oggend staan ek by die nuustafel en André du Toit kom so stil-stil nader. Hy was soos die skim. Stil en het altyd heimlik sinies gelag.

12.11.13

Piet het Glenda se plaat

PIET ROOS skryf: Daardie advertensie in Kort en Goed was natuurlik C to C = Cape to Cairo-sigarette! (lees hier) As ek reg onthou.

19.9.13

Aangename kennis, ek is van Die Transvaler

PIET ROOS het in Perskorhaan geskryf:  Hulle het my vertel dat elke koerantman stories kan vertel wat voorbladnuus sou wees, maar nooit geskryf word nie. Hierdie stories het met hulleself gebeur,

Ek is deur Die Vaderland gestuur na die begrafnis van die mense wat in die vliegramp in Natal omgekom het. Dit was die eerste keer dat ek na 'n begrafnis gestuur is en die fotograaf het ook nie veel daarvan gehou nie. "Te treurig," het hy gesê.


25.7.13

'n "Hippie" maak Jooste stil

PIET ROOS skryf: Wat 'n merkwaardige man was Marius Jooste! Hy het 'n "presence" gehad. As hy by 'n vertrek instap het hy oorgeneem.Eenkeer het ek hom sprakeloos gesien.

In die ou Aucklandparkse gebou het hy een middag in die gang by ons kantore op die vierde vloer rondgestap. In die deur van 'n kantoor het hy gaan staan.

Kieta van den Berg, skrywer Kas van den Berg se dogter, het ook in daardie kantoor gesit. Kieta was nogal 'n hippie. Sy was klein maar het hippie klere en lang los hare gehad.

8.7.13

Herinneringe van Piet Roos, sportskrywer

PIET ROOS skryf: Gerhard Burger se storie het my teruggevat Aucklandpark in Johannesburg toe.

Ek was nog 'n vars verslaggewer toe Gerhard een dag by my kom staan en sê:

"Wil jy nie bietjie in die sportkantoor kom skryf nie? Dis voor jou gewone werk."

En daar is ek in die sportkantoor om meestal vertalings te doen.

My ondervinding van sport was, behalwe perskes steel, hoofsaaklik tennis en ek het geluister hoe my pa-hulle rugby oor die radio luister.

28.6.13

Evert was anders

PIET ROOS skryf nav Willie Buys se storie oor Evert van Niekerk (lees hier): Ja, Evert was anders. So half nonchalant, geloop met 'n swaai in die heupe soos ek ook aangeleer het in die dae dat ek in die staalfabrieke gewerk het.

Evert het sy eie glashokkantoor neffens die nuustafel gehad. En dit was deurmekaar van papiere en foto's en knipsels.

Een middag kom hy by my staan.

"Kom saam vanaand. Ons gaan Carlton toe"

11.4.13

Tom vriend eerder as baas

PIET ROOS skryf na aanleiding van Willie Buys se huldeblyk aan sy broer Tom: Aai Willie, ek en Marieta is getroud op 27 Julie 1974 en is toe ‘n maand lank Europa toe vir die wittebrood. Toe ons terugkom, was Tom in die Princess-verpleeginrigting, 'n private hospitaal in Hillbrow. Ons was by sy hospitaalbed en ons kon nie glo wat ons sien nie.