Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.11.18

Annette Stork oorlede

Annette Stork
Gert Basson het laat weet dat die kunstenares Annette Stork -- sy was hoof van Voortrekker-uitgewers en Perskor-uitgewers se kunsafdelings -- op 17 November 2018 ná ‘n beroerte oorlede is.

Annette het verskeie suksesvolle uitstallings as kunstenaar gehad. Talle van haar omslagontwerpe het op vele gewilde skrywers se boeke gepryk.

Nadere besonderhede kan verkry word by haar seun Ira Greiff: iragreiff@gmail.com.


14.11.18

Boertjies staan tou

JOHAN ESTERHUIZEN (Essie) voorheen van Hoofstad, Die Transvaler, The Citizen, Beeld en Rapport skryf: In 1982 het ek vir Die Transvaler die eerste keer verslag oor die Wimbledonse tennistoernooi gaan doen.

Dit was my en my goeie vriend, Tobie Mostert van Die Vaderland, se eerste besoek aan Londen.

Ons het erens in 'n klein hotelletjie -- die Tivoli -- gebly, maar ek kan nie onthou waar dit was nie.

7.11.18

Neem die slange se tande af!

WELMA ODENDAAL, wat ‘n jaar lank by Hoofstad gewerk het en toe later by The Star, Cape Times en Die Suid-Afrikaan joernalis was, skryf: Onlangs is ek doenig op die internet en kom ek af op K’rant, die webwerf vir werknemers uit die ou Perskorstal.

Perskor-Uitgewery het my eerste boek ‘Getuie vir die naaktes’ in 1974 uitgegee, en op grond daarvan het die redakteur van Hoofstad (dit was Sam Lake, dink ek) my die geleentheid gegee om as leerlingjoernalis by die koerant in Pretoria te begin. Dit was kortstondig, en ek is skaars ‘n jaar later vort SAUK Radionuus toe (ook kortstondig, maar ‘n ander storie).