Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.1.14

Oggendblad kry nuwe motors

PIET EBERSöHN skryf dat ‘n gewese senior Oggendbladter, wat anoniem wil bly, die volgende storie vertel: Van die motors in Oggendblad se motorpoel was in ‘n uiters swak toestand. Die bande was glad, die masjiene swak onderhou en dit was niks vreemd dat die motors langs die pad gaan staan het met van die verslaggewers nie. Hulle het letterlik vir hul lewens gevrees as hulle met een van die motors op die pad was.

28.1.14

Geloofsgenesing stu DT-sirkulasie

PEET SIMONIS skryf: As dit gelyk het of die stories opdroog by die koerant, het ons dit “komkommer-tyd” genoem. Dit was die tyd dat die nuusredakteur handewringend op en af in die gange rondgedwaal het. Ander koerante is met n fynkam deursoek vir opvolgbare stories en elke joernalis moes uit sy “beat” die nuus gaan haal.

Sulke stil -dae sal ook vir K’rant aanbreek en daar is baie redes voor –

27.1.14

Fotodag 18: Mnr X se loopbaanverandering

DIE NATALLER het 'n ware "terroris" in sy midde! Maar gelukkig 'n "bekeerde" een. Sy naam is Bruno Mtolo (links), gewese hoof van die tegniese komitee van die African National Congress. Sy naam was gedurende die opspraakwekkende Rivonia-verhoor landwyd bekend as mnr X.

November 1971
Sy bedrywighede van destyds (só het hy as Staatsgetuie aan die hof vertel) het onder meer 'n bomontploffing by Die Nataller se kantore tot gevolg gehad.

Gelukkig het Bruno tot "bekering" gekom en vandag is hy 'n ware staatmaker as teemaker en donkerkamer-assistent. -- Perskorhaan, November 1971.

Daar is heelwat inligting oor Mtolo op die internet.  Lees destydse hofgetuienis van Mtolo HIER.

20.1.14

Fotodag 17: Hekpyne in Empireweg

TOM BUYS skryf in Hanekraai van Februarie 1971:

Hier is 'n hek.

Dit lyk soos die ingang tot 'n tronk of 'n goedbewaakte inrigting.
Hanekraai, Februarie 1971

Mense stroom soms smiddae met meer geesdrif daaruit as wat hulle binnegaan.

17.1.14

Perskor was g'n in Aucklandpark

JAPIE BOSCH skryf: Werknemers van die ou APB en Perskor het hul werkplek se adres as Empireweg-verlenging 8, Aucklandpark geken. Amptelik was dit ‘n verkeerde adres.

Daar is rede om te glo dat min mense dit weet, maar die ou Perskor-gebou was ‘n voorstad met die naam Braamfontein-werf. Aucklandpark was sowat twee kilometer van daar af. Interessant genoeg word die naam op Google Maps en ander webwerwe net in Afrikaans aangedui – geen Braamfontein Yard nie.  Moenie 'n fout maak nie, Braamfontein-werf is nie 'n nuwe naam nie.  Dit bestaan al donkiejare.

16.1.14

15 Toetsfoto's uit die Baai vir vroeë Dagbreek

K'rant al 'n paar stories geplaas oor hoe joernaliste in die vorige eeu sonder vandag se tegnologie hul werk moes doen.

Hierdie storie vertel van 'n "eerste" met koerantfoto's in 1970. RAYMOND CRAGG (links), groephooffotograaf  van die APB, het 'n mobiele donkerkamer in 'n omgeboude Volkswagen-kombi beman.

15.1.14

Toe 'n minister my nie 'gefaaier' kon kry

CHARL THOM skryf: Die onlangse afsterwe van Theo Gerdener, gewese Administrateur van Natal, Kabinetsminister tydens die Vorster-era en latere stigter en leier van die Demokratiese Party, het my laat terugdink aan hoe ek gevrees het hy gaan sorg  dat ek ontslaan sou word.

Ek was redakteur van die Afrikaanse weekblad, Die Nataller, waarvan

14.1.14

Hennie se dubbele kragskok

PIET EBERSöHN skryf: Van Hennie Kotzé gepraat, laat dit my dink aan een van my eerste ervarings as verbruikersjoernalis by Die Transvaler daar in die later jare sewentig in Nieu-Doornfontein.

Ná drie jaar se kluistering in die nagkantoor is ek uiteindelik skryfkans gegee – al moes ek eers ‘n ander werksaanbod kry om die maghebbende arms sover gedraai te kry. Ek is na die sakeredaksie

13.1.14

Fotodag 16: Boet en boet?

GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.

Elke Maandag is fotodag in K'rant.

Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe

10.1.14

Afvalgeleentheid skep verleentheid

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Misverstand tussen Marius Jooste en Martie Snyman, oud-redaktrise van Rooi Rose in die jare sewentig, oor skaapafval het amper tot konsternasie gelei.

Jooste het op ‘n dag Martie na sy kantoor laat kom en haar gevra om hom te help met die reëlings vir ‘n ete waartydens hy afval wou voorsit. Hy sê toe vir haar: “Vra sommer vir ‘daai Bosch’ om vir my 13 stelle afval te kry”.

9.1.14

Scoop wat toe nie was

CHARL THOM skryf: As die ander ouens so spog met hulle scoops laat dit my nogal minderwaardig voel. Myne was maar bitter min gesaai en party mense sou dit dalk nie eers as sulks erken het nie.

Maar eendag by Die Vaderland het ek gedink my groot dag het aangebreek. Dit was in die tyd van die sogenaamde Inligtingskandaal en almal het gewag vir en bespiegel oor die Kommissie van Ondersoek, die Erasmus-Kommissie na dié

8.1.14

Asseblief! Dit WAS respektawelik

LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!)

Julie 1970
Ewenwel. Dis Hanekraai-redakteur, Paul Kruger, wat my met die meegaandefoto in die gang byloop. "En toe," wil hy weet, "wat se lawwigheid is dit nou eintlik dié?" Sommer so. En kamma kastig is hy vreeslik geskok. "Om te dink," fluistersê hy, "dat oom Apie Greeff, Maxie Pienaar, Martie Snyman en André Verster ook so ... so kaal ... so ... " en hy's vort.

7.1.14

Moenie Chris en Nic vergeet nie

GERT BASSON skryf: Ek merk op dat K'rant nie die name van veterane Chris Vermaak en Nic Hefer, onder VERGEET NIE het nie.

Kyk, Chris Vermaak was sekerlik een van die knapste misdaadverslaggewers wat Die Vaderland nog gehad het.

Hy was die skrywer van oa Manskap Nr 7801. Dit is die verhaal van

Stem van Doer Onder

NIC VAN OUDTSHOORN skryf: Ek het toevallig vandag K'rant op die internet raakgeloop en was aangenaam verras om name te sien uit die tyd in die vroeë jare sewentig toe ek in Kaapstad by Dagbreek en Landstem gewerk het – Herman Snyman, Tienie Fourie en Amanda Botha. Ek woon die afgelope 35 jaar in Australië.

(Nic het belowe om binnekort iets vir K’rant te skryf en ons sien uit daarna. – Red.)

Wat vang hulle aan?

Waarom sou Lucia Gomes, Joan Kruger en Joey du Randt so vriendelik glimlag en so baie been wys?  En die gewaagde lap om die lywe?  Net met een knoop om een skouer vasgemaak!

Geoordeel aan die wynglase lyk dit of Bacchus betrokke was.

Ná 43 jaar haal dié foto hulle in.  K'rant vertel more die storie.


6.1.14

Fotodag 15: Skurk Japie loop sy rieme styf

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Student, in my jong dae altans, was gereeld op soek na ‘n naweekwerk vir ‘n paar rand. As ‘n tweedejaar in 1965 het ek ‘n Saterdagwerk gekry om ‘n rol in een van die destydse gewilde fotoverhaal-boekies te speel. Ek moes ‘n skurk wees in ‘n boekie met die naam, Die Swart Adelaar: Operasie H-bom. Die prys waar dit op die straathoeke verkoop is, was 20c.

Help dat K'rant volhoubaar bly

Sedert K'rant se totstandkoming op 1 Junie 2012 (amper 20 maande terug) het ons elke weekdag 'n nuwe storie geplaas.  Om dié pas vol te hou, het ons jóú storie nodig.   Deel jou storie met oud-kollegas, hetsy jy 'n redaksielid, advertensiewerwer, lettersetter, sekretaresse of baas was.

3.1.14

Ons is Maandag terug

EERSKOMENDE MAANDAG, 6 Januarie 2014, is K'rant terug ná 'n ruskans van drie weke. Ons vertrou dat ons lesers en bydraers eweneens heerlik uitgespan en veilig terug by hul tuistes is.

Om K'rant se sukses van die afgelope 19 maande te verseker, versoek ons opnuut oud-kollegas van enige afdeling by enige publikasie van die voormalige Perskor om sy/haar ervarings met ander oud-kollegas te deel.  Stuur 'n epos na enige redaksielid.  Hul adresse is in die kolom regs.  En moenie vergeet nie:  elke Maandag is fotodag.