Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gert Basson. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert Basson. Wys alle plasings

25.2.15

Spioenskrywer Stoffel bly klandestien


GERT BASSON skryf: Ek verwys na die navraag na Stoffel Pienaar, skrywer van die Olaf Bouwer-spioenasiereeks, in K’rant.

Eerstens, dit is die skuilnaam van 'n veteraan-joernalis en hy wil graag anoniem bly.

Hy het my gevra om dié boodskap deur te gee: Hy wil nie met die betrokke persoon, of ander, oor sy boeke onderhandel nie.

7.1.14

Moenie Chris en Nic vergeet nie

GERT BASSON skryf: Ek merk op dat K'rant nie die name van veterane Chris Vermaak en Nic Hefer, onder VERGEET NIE het nie.

Kyk, Chris Vermaak was sekerlik een van die knapste misdaadverslaggewers wat Die Vaderland nog gehad het.

Hy was die skrywer van oa Manskap Nr 7801. Dit is die verhaal van

31.7.13

Uitgevee

GERT BASSON skryf: Die prikkelende stories oor Marius Jooste in K’rant, het my laat dink aan ‘n voorval pas nadat Voortrekkerpers en die Afrikaanse Pers Bpk. saamgesmelt het om Perskor te word. Marius Jooste se stewige hand aan die stuur.

Ons Voortrekkers moes sak en pak van Braamfontein na Doornfontein verhuis – nuwe gebou, nuwe kollegas.

1.2.13

† Kunstenaar Keith Joubert oorlede

Keith Joubert
GERT BASSON, gewese Perskoruitgewer, skryf: Ek het so pas ‘n e-pos van Annette Stork (Greiff) gehad dat die kunstenaar Keith Joubert, Woensdag aan prostaatkanker oorlede is. Hy was daar in die jare sewentig, tagtig aan Perskor se kunsafdeling verbonde. Hy het later internasionale roem met sy treffende diere- en natuurstudies verwerf.

(K’rant probeer meer inligting in die hande kry en hoop om later vollediger te berig. – Red.)

23.1.13

Hermie Hendriks se boeke herdruk

Twee van HERMIE HENDRIKS, oud-redakteur van Die Transvaler en skrywer van speur-spanningsverhale, se boeke is onlangs deur Hartbees-uitgewers van Swellendam herdruk en nog kan volg.

Die eerste twee titels is Vloek van die Heilige Trom en Dodelike Terugkeer.

Hartbees se hoofuitgewer, GERT BASSON, sê die uitgewery gee