Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Johan Liebenberg. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Johan Liebenberg. Wys alle plasings

28.5.13

Temperament en ego’s die kunsredakteur se kruis

JOHAN LIEBENBERG EN PHILLIPPA BREYTENBACH, kunsredakteur van onderskeidelik Die Vaderland en Die Transvaler, het in April 1973 in Perskorhaan vertel wat hul werk behels.

JOHAN skryf: “Man, maar jy het darem " 'n lekker joppie! Dink net aan al die gratis kaartjies, etes, voggies, ens. wat julle kunsredakteurs kry -- ek sal nie omgee om so 'n joppie te kry nie!"

Hoe baie hoor ek nie dié woorde nie -- en soms nogal van kollegas wat beter behoort te weet en van subs wat veral (altyd?) aan die etes dink.

25.9.12

Len soek Schoor

JOHAN LIEBENBERG skryf: Ek sien Andries Botha skryf oor staaltjies uit Len Lindeque se kleurryke lewe en ek meen ek moet ook een bydra. In die
Aucklandparkse dae was die Kunsredaksie in ‘n stadium heel agter in ‘n gangetjie gedruk, skuins oor Len se kantoor. Daar het ons baie goeie vriende geword en eendag vertel hy my die poets wat hy vir mnr. AM. Van Schoor, destyde redakteur van Die Vaderland gebak het.

17.9.12

Kittie: Daardie blou oë en die glimlag

JOHAN LIEBENBERG skryf: Hoewel ek dadelik van Kittie Vermaak se afsterwe gehoor het, kan ek nou eers daarop reageer. Dit was vir my ’n bedrywige tyd in die aftreeoord, want ek was besig met kulturele dinge hier. Ons het ’n konsert gehou en een van die Kaap se gewildste sangeresse het kom sing en soos ’n mens maar weet, vat sulke dinge baie organisasie.

13.6.12

Boeddha stuit Kersfees nie

JOHAN LIEBENBERG, oud-kunsredakteur van Die Vaderland, vertel van sy onlangse ervarings in Viëtnam.

Kersfees in Viëtnam is groot! Dit het ek tot my verbasing vasgestel toe ek verlede Kersfees in dié land deurgebring het.

1.6.12

Johan Kuns kla nie oor die Kaapse weer

JOHAN LIEBENBERG, gewese kunsredakteur van Die Vaderland, laat weet: Ek is nie so goed op foto’s stuur nie, so julle sal maar sonder een moet klaarkom, maar ek kan darem my nuus gee, al is dit nie opwindend nie.

Ek woon al sedert einde 1986 in die Kaap en is doodgelukkig hier. Ek het van dag een af besluit dat dit nie produktief sal wees om oor wind of weer te kla nie! En snaaks genoeg is ek dol oor die winters in die Kaap, nie soseer die somers nie. Ek woon nou in ’n aftreeoord in Vredehoek aan die hange van Tafelberg en is baie trots op die status wat die berg onlangs gekry het as een van die sewe natuurwonders van die wêreld. Dit is ’n n baie lekker plek met talle interessante mense.