ETIENNE KRIEL, gewilde joernalis van onder meer Oggendblad, Die Transvaler en Die Vaderland is ‘n maand gelede oorlede. Dié foto van hom kom uit Perskorhaan van Oktober 1974. Dit is geneem toe hy misdaad-verslaggewer by Oggendblad was en kaalhollery gewild in Pretoria was. Etienne wou uit die voorste gestoeltes sy waarnemings doen, nadat een van sy “agente” hom oor die tyd en plek ingelig het.
Wys tans plasings met die etiket Etienne Kriel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Etienne Kriel. Wys alle plasings
9.1.13
Etienne kruip weg
ETIENNE KRIEL, gewilde joernalis van onder meer Oggendblad, Die Transvaler en Die Vaderland is ‘n maand gelede oorlede. Dié foto van hom kom uit Perskorhaan van Oktober 1974. Dit is geneem toe hy misdaad-verslaggewer by Oggendblad was en kaalhollery gewild in Pretoria was. Etienne wou uit die voorste gestoeltes sy waarnemings doen, nadat een van sy “agente” hom oor die tyd en plek ingelig het.
17.12.12
Etienne het spore in ander lewens getrap sonder dat hy dit besef

Oud-kollega ETIENNE KRIEL is op 6 Desember in die ouderdom van 66 jaar in Pretoria oorlede. Nadat hy hom as bosbouer bekwaam en ’n tyd lank in dié bedryf gewerk het, het Etienne besluit om joernalis te word en onder meer vir die Perskor-publikasies Oggendblad, Die Vaderland en Die Transvaler gewerk. Hy was ook die redakteur van die gewilde boerekoerant, Die Kouter. Hy was die afgelope 23 jaar die redakteur van die gesaghebbende hengelblad Stywe
Onwrikbaar lojaal, met die lekkerste lag
CARLA VAN DER SPUY, oud-kollega en jare lange vriend, skryf oor Etienne Kriel:
Ek sal Etienne altyd onthou vir –
• Die manier waarop hy sy neus gefrommel het as hy so luidrugtig en uitbundig gelag het, vir sy aaneenlopende “unicorn”-wenkbrou en daardie unieke blessie met die klossie hare op die voorkop.
• Die manier waarop Marlene (’n ou universiteitsvriendin van my) in die jare sewentig sy voete onder hom uitgeslaan het toe sy vir my in Pretoria kom kuier het en ons nog by Oggendblad gewerk het.

6.12.12
Etienne Kriel oorlede
Gerhard Kleijn laat weet dat ETIENNE KRIEL, redakteur van Stywe Lyne en jare lange Perskor-staatmaker (Oggendblad en Die Transvaler) vanoggend in die hospitaal oorlede is ná 'n kortstondige siekbed. Nadere besonderhede is nie bekend nie. Die begrafnis is Dinsdag, 11 Desember 2012, om 15:00 uit die NG Kerk Valhalla-Suid, Hugostraat 11, Valhalla, Pretoria.
Teken in op:
Plasings (Atom)