Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Hans Lombard. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Hans Lombard. Wys alle plasings

24.5.16

Laaste onderhoud met veteraan-joernalis Hans Lombard

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombard het Donderdagoggend gesterf toe hy op Bothaville, waar hy die Nampo-Oesdag bygewoon het, skielik in die nag doodsbenoud geword en die asmapompie nie meer kon help nie.

Magriet (sy vrou): “Ek het geweet dis die einde. ‘Dis reg Hans, jy kan maar gaan -- ek sal OK wees’," het ek vir hom gefluister en sag die liedjie Nader My God by U vir hom geneurie. Hy het in my arms gesterf.

Hans Lombard het in April 90 geword. Hy en Magriet (eintlik Margaret maar hy het haar Magriet genoem en sy wil so genoem word) was 41 jaar getroud. Hy het een seun (Paul) gehad uit sy eerste huwelik en hy is ook onlangs oorlede.

23.5.16

Hans Lombard se diens more


Klik HIER vir 'n padkaart. 
Speel met die muis om die kaart te beweeg en groter of kleiner te maak.

20.5.16

Hans was nuushond soos min

MARTIE MEIRING skryf: Hans Lombard se dood is ongelooflike hartseer nuus. Hy was ‘n legende en sal sekerlik ook baie lank onthou (en geëer) word vir sy nuushond-talent. Dat hy juis by Nampo sou doodgaan, klink amper of Hans dit self so wou gehad het dat hy in die tuig sou sterf.

Dankie Hans vir die groot vriendskap en dankie Margaret dat jy Hans se beste was. Hy sal ook altyd onthou word vir die ewige gentleman wat hy was.

19.5.16

Perslegende oorlede

Een van die legendes van die Afrikaanse joernalistiek, Hans Lombard, is om 02:00 vanoggend by die Nampo-oesfees op Bothaville oorlede.

Hy het op 8 April sy 90ste verjaardag herdenk en het nog vol in die tuig gestaan met die bedryf van sy eie skakelonderneming.

Sy vrou, Margaret, laat weet hy het van benoudheid wakker geword, vir sy asmapompie gevra en is byna onmiddellik daarna oorlede.

18.3.16

Perskor-reunie beste in jare

PEET SIMONIS skryf: Die afgelope naweek se Perskor-reunie was een van die beste in jare.Meer as sestig oudkollegas van Perskor het by die Keg and Eagle in Johannesburg die geleentheid bygewoon.

Daar is heerlik saam gekuier en geëet. Hans Lombard, wat eersdaags 90 word en nog op en wakker is, het almal vermaak met sy lekker stories uit sy joernalistieke dae.

Hy het wonderlike materiaal vir ´n boek. Toe iemand voorgestel het dat hy die staaltjies oor sy joernalistieke ervaringe moet boekstaaf, het dit groot byval gevind. (Volgende jaar se reünie is dalk net die plek om die boek bekend te stel, Hans? - Red.)

15.9.14

“Bly nugter” waarsku Hermie

HANS LOMBARD skryf: Op Vrydag 5 September het ek Hermie Hendriks en sy dogter Hermien by die tuiste vir bejaardes, Huis Hoëveld, net agter die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, gaan oplaai vir ‘n heerlike middagete by die ou bekende Thunder Gun Steakhouse in Blackheath, Johannesburg.

Hulle doen al sake sedert 1968 en Hermie sê in sy Vaderland-dae het hy en van die manne gereeld daar geëet. Sy dogter, Hermien, bly ook in Huis Hoëveld. Sy kyk goed na haar pa. Sien hom feitlik elke dag. Hermie het mooi herstel nadat hy vroeër vanjaar geval het. Hy loop nie meer met ‘n loopring nie en het self aangestap na die motor.

9.9.14

Koei red my uit verknorsing

HANS LOMBARD skryf: My ma het my altyd gewaarsku: “Moenie met vreemde meisies ‘n geselskap aanknoop nie.” Maar soos ‘n mens ouer word en 21 verbysteek, dink jy mos jy kan al self dink en nie dis onnodig om altyd ma se raad te volg.

Só gebeur dit een Sondagaand op die lughawe in Parys, Frankryk. Ek was op pad terug Londen toe op die goedkoop vlug wat om middernag sou vertrek. Dis 00:30 en ‘n beampte kondig aan die vlug is vertraag en ons word getroos met sjampanje.

21.7.14

Italiaanse Tshipise fnuik die sentrale

HANS LOMBARD skryf: In April 1974 was ‘n groep van ons op pad na Salisbury (Harare). Ons besluit om ‘n aand op Tshipise, iewers tussen Louis Trichardt en Messina, in Noord-Transvaal, oor te bly. Uit verskeie oorde het ons verneem dat dit so ‘n wonderlike uitspanplek is.

Om 13:30 op ‘n Saterdag bel ek die sentrale van my woonstel af in Johannesburg en bespreek die oproep na Tshipise nommer 4 om plek te bespreek. Die meisie by die sentrale vra hoe dit gespel word.

30.6.14

Geisja-danseres maak amok op NG Kerkraad

HANS LOMBARD skryf: Ná my besoek aan Japan in 1959 het ek ‘n boek geskryf oor my ervarings, “Straalvlug na die Ooste.” Dit is deur Nasionale Pers uitgegee.

‘n Resensie van die boek deur Frans Esterhuysen het op 6 Januarie 1962 in die Evening Post, ‘n koerant in Port Elizabeth, verskyn onder die opskrif: “Afrikaner liked Japan and its women.” (Leef Frans Esterhuysen nog? Ek het hom nooit ontmoet nie - Hans.)

18.6.14

Die vetste hond in Indië

HANS LOMBARD skryf: K´rant vra: “Wat is die snaaksste ervaring wat jy in jou koerantloopbaan ervaar het?” My storie hier onder is eintlik 'n lag met 'n traan.

“No dogs and South Africans allowed.” Dit is die kennisgewing wat my in die gesig staar op die lughawe van Kalkutta in Indië.

3.6.14

Hermie Hendriks beseer

Hermie Hendriks
HANS LOMBARD skryf: Hermie Hendriks wat in die aftree-oord, Huis Hoëveld in Johannesburg woon, het ‘n ruk gelede in sy eenheid geval. Hy is met ‘n ambulans na die Flora Kliniek geneem waar gevind is hy het sy heup gebreek en hy moes ‘n operasie ondergaan. Ek het hom daar gaan besoek en hy het baie mooi aangesterk. Hy is nou ontslaan en opgeneem in die siekeboeg van Huis Hoëveld waar hy besig is om te herstel.

20.5.14

Murphy’s Law tref my dubbel en dwars

HANS LOMBARD skryf: Murpy’s Law, wie hy ook al was, verskyn in geen woordeboek nie. Dié spreuke word algemeen aanvaar as iets moet verkeerd gaan, gaan alles tegelykertyd verkeerd. So is ek op ‘n dag deur Murphy’s Law moedeloos, in die grootste verleentheid, wat alle professionele, dissiplinêre vereistes aan flarde laat spat het, getref.

‘n Vooraanstaande Duitse maatskappy, wat onder meer

13.5.14

Ope Vraag Nr 7: Wat was snaaks?

HANS LOMBARD skryf: Wat dink ons van K’rant? By geleentheid is gevra ons moet ons mening gee oor K’rant. Ek kan nie onthou dat ek iemand se mening gesien het nie behalwe as ek ‘n uitgawe gemis het? (Jy het, Hans. Krap 'n bietjie in die vorige Ope Vrae rond om te sien - Red.) Na my mening is K’rant baie interessant en word dit baie goed aangebied. Mag dit vorentoe net van krag tot krag gaan. Dis ‘n wonderlike manier om kontak te hou met kollegas. Die stories van

11.3.14

My ‘hula hoop’-scoop

HANS LOMBARD skryf: Dit gebeur nie aldag dat die hoofredakteur van ‘n koerant na die lessenaar van ‘n verslaggewer stap en hom na sy kantoor nooi in verband met ‘n opdrag om ‘n storie te gaan doen nie. Dit is gewoonlik die taak van die nuusredakteur.

Een oggend in 1957 terwyl die tikmasjiene in die redaksiekantoor van Die Vaderland in Aucklandpark kletter soos haelstene op ‘n sinkdak, staak hulle almal eensklaps. ’n Doodse stilte.

10.2.14

Nog Ivanoffs te koop

HANS LOMBARD skryf: Na aanleiding van die brief van Werner van Dyk van Meyerton oor die spotprente wat hy van Victor Ivanhoff aangekoop het, net die volgende: ek het agt oorspronklike tekeninge van Victor gedateer 1955 wat almal gaan oor die Britse Leeus se rugbytoer hier in Suid-Afrika en die Springbokkriekettoer dieselfde jaar deur Engeland. Hy het die bondel persoonlik in 1956 aan my gegee. Is daar iemand wat my ‘n aanbod kan maak? Ek sien Werner van Dyk sê die minimum waarde is tussen R1 500 R2 000 per skets. My telefoonnommers is 011/958-0046/0828 of 083/360-1856.

12.12.13

Hans se lang pad kruis Mandela s’n

HANS LOMBARD skryf: Nelson Mandela het in sy leeftyd meer as 260 toekennings ontvang. Een van die eerste toekennings wat hy in 1990 ná sy vrylating uit die gevangenis ontvang het, was van die Johannesburgse Persklub wat hom saam met FW de Klerk as Nuusmakers van die Jaar 1990 aangewys het.

Die Persklub het ook geskiedenis gemaak aangesien dit die eerste keer

12.11.13

Kosingwesi was eintlik Kozonguizi

HANS LOMBARD skryf: Ek verwys na die berig in K’rant, Kent gij dat volk, onder die naam van Johann Liebenberg, politieke redakteur van Die Vaderland, met verwysing na Johann se ontmoeting met Kosingwesi, sekretaris van SWAPO, tydens die Wêreldhof se uitspraak in Den Haag, wat saam met Johann Kent gij dat volk gesing het (lees hier). Net ‘n regstelling.

Die man se naam was Jariretundu Kozonguizi, president van SWANU (South West Africa National Union). Dit was ‘n opposisieparty van SWAPO van Sam Nujoma, wat die eerste swart president van Namibië geword het. Ek het altwee goed geken tydens my jare as joernalis in Londen.

10.10.13

Hans fnuik die veiligheidspolisie

Add caption
HANS LOMBARD skryf: Ná my artikels oor my wedervaringe agter die Ystergordyn en Moskou verneem Peet Simonis of die veiligheidspolisie my nie wou skep met my terugkeer nie. (Net terloops, Peet, ek is Lombard en nie Lombaard nie, asseblief.)

Nee, voor my vertrek moes my paspoort op spesiale versoek deur Buitelandse Sake geëndosseer word dat ek magtiging het om die

27.9.13

Peet se waagstuk

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombaard, ek glo ek praat namens ons almal van K'RANT as ek jou gelukwens met jou merkwaardige reeks oor jou groot avontuur met die kleine Loyd na en van en agter die Ystergordyn.

Puik man!

18.9.13

Joernaliste skryf en tiksters tik

HANS LOMBAARD het verlede week vertel van sy rit in Lloyd-motor na Moskou. Dié week vertel hy van hoogtepunte wat hy in Moskou beleef het.

Hans vertel van rolprente, sy kuier by die burgemeester, 'n besoek aan Prawda waar stories met die hand geskryf was en die verskrikking in die Auschwitz-konsentrasiekamp.