Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Carl Köhler. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Carl Köhler. Wys alle plasings

26.2.20

Carl Köhler oorlede

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, is Donderdag in die Hospitium in Houghton, Johannesburg oorlede. Hy het pankreaskanker gehad. Carl was 82.

Een van Carl se hoogtepunte in sy loopbaan was in 1973 toe hy die boksgeveg tussen Pierre Fourie en Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel in Albuquerque, New Mexico, VSA bygewoon het. ‘n Vertelling van hom is HIER.

Winnie, Carl se vrou, vertel dat hy baie danig was oor die feit dat hy reeds ‘n oupagrootjie van ‘n tweejarige dogtertjie was.

18.7.13

Ons is hartseer weg uit Albuquerque

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, het in Augustus 1973 in Perskorhaan van sy besoek aan Albuquerque, VSA vertel toe Pierre Fourie teen Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel geveg het.

Voor ons aankoms in Albuquerque, was ek, Pierre Fourie, Alan Toweel
en Rory Brown van die Rand Daily Mail maar taamlik skrikkerig.

Ons was die eerste groep Suid-Afrikaners wat hier voet aan wal gesit het hoewel ons besef het dat minstens nog vier sportskrywers, twee omroepers en minstens 'n honderd ondersteuners later sou opdaag.