Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket John du Toit. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket John du Toit. Wys alle plasings

11.8.19

Rower skiet John se pinkie af

Hennie van Zyl, haastige Springbokvleuel van die sestigerjare, vertel in Rapport van 11 Augustus 2019 die volgende oor John du Toit:

John du Toit (links) en Hennie van Zyl


10.7.19

John du Toit oorlede op 94

John du Toit in
sy koerantdae.
JOHN DU TOIT, voormalige sportredakteur van Die Transvaler, is Maandagaand (8 Julie 2019) in die ouderdom van 94 jaar oorlede, het Gerhard Burger laat weet. Hy het longonsteking gehad.

John se begrafnis is Vrydagoggend (12 Julie 2019) om 11:00 by die Misty River-oord in Eikenhof.  Dis sowat 20km suid van Johannesburg.

'n Artikel oor John, geskryf deur Herman le Roux, gewese sport- redakteur van Die Volksblad en Beeld het ses jaar gelede in K'rant verskyn. Daarin skryf hy dat dié voormalige Transvaalse en Noord-Transvaalse agtsteman ’n minsame kêrel met ’n sagte hart was. Lees dit HIER.

14.3.16

Vier rugbyspioene skrum ná 40 jaar saam

Vier veterane het nou die dag vir ʼn foto langs mekaar gaan sit, van links na regs, in dieselfde volgorde as op ʼn foto wat veertig jaar tevore in Nieu-Seeland geneem is. Dit was nogal ʼn heuglike geleentheid toe John du Toit, Wessel Oosthuizen, Herman le Roux en Gerhard Burger op John se plasie by Eikenhof, suid van Johannesburg, byeengekom het.

Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.

5.4.13

John du Toit is ’n minsame kêrel met ’n sagte hart

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: Kyk na John du Toit se blomkoolore, waarna Peet Simonis in ‘n vroeër artikel oor hom so treffend verwys (lees hier), en jy besef hier is ‘n man wat baie stampe en stote op die rugbyveld verduur het. Skud blad met hom en jy weet daardie hande is ook dié van ‘n boer wat kan draad span en trekkers herstel.

3.6.12

John du Toit sê nee vir spogplaas in Nieu-Seeland

Meegaande is 'n herpublikasie van 'n storie uit K’rant se eerste reeks in 2004 onder redaksie van PEET SIMONIS.

WIE van julle het vir John du Toit, gewese sportredakteur van Die Transvaler geken? Antwoord gou voor jy verder lees.

Het jy hom geken?