Al word ons getalle elke jaar al hoe minder, kuier ons nog net so lekker soos altyd. Ons hoop om vanjaar ‘n goeie opkoms te kry van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens). Die reëlingskomitee, onder leiding van voorsitter Harald Pakendorf en bygestaan deur sy gade, Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om vanjaar weer ‘n funksie by dieselfde restourant – die Irish Rock - te hou.
Die saamtrek vind op Sondag 31 Mei 2026 plaas. Die ete begin om 12:30. Kom van 11:30 af en kuier eers lekker saam. Daar is ‘n kontantkroeg.




































