Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Peet Simonis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Peet Simonis. Wys alle plasings

27.4.22

Vader van K’rant oorlede

PIET EBERSOHN skryf: Die vader van K’rant is oorlede. 

Luidens ʼn berig op die Facebook-blad Nagkantoor is Peet Simonis (85) op 24 Maart 2022 oorlede nadat hy “geval en sleg seergekry het”. 

Peet was die laaste oorlewende van drie tydgenote aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein wat joernaliste by Perskor geword het. Hannes Cilliers en Neil Steyn het hom vooruitgegaan. Hy en Neil was klasmaats. 

Peet Simonis
Dit was in 2004, nou 18 jaar gelede, dat Peet op sy eentjie K’rant as ʼn e-pos- nuusbrief vir oudwerknemers van Perskor die lig laat sien het. Dit was uiters gewild, maar ná ʼn paar uitgawes het dit te veel van Peet se tyd begin verg. 

Hy het onverrigtersake vrywilligers gevra om by hom oor te neem en Peet het mettertyd die publikasie daarvan gestaak. Danksy sy goeie aanvoorwerk was daar groot instemming dat K’rant behoort te herleef en op 2011 se reünie is planne beraam om die nuusbrief in ere te herstel. Dit is op 7 Mei 2012, nou amper tien jaar gelede, verwesenlik toe dit in 'n webjoernaal omgeskep is.

7.4.20

Ons soek 'n engel vir Rapport (Deel 2 van 2)

PEET SIMONIS skryf verder: Drie dae voor ons moes terugkeer na Nairobi, was ons op die Kigali-lughawe. Baie van die groot ruite van die lughawe was flenters geskiet en daar was ander oorlogskade.

Ons het gehoop om op 'n leë vragvliegtuig na Nairobi te kom – dit sou ons die lang oorlandroete spaar waarvoor daar kwalik genoeg tyd was voor ons weer die vlug na Suid-Afrika by Nairobi moes haal.

Ons was moeg, maar skielik is ons vaakheid verdryf deur ‘n aankondiging oor die luidspreker van die lughawe dat ‘n vragvliegtuig op die punt staan om te vertrek na Bukavu -- en daar is een sitplek beskikbaar.

6.4.20

Ons soek ‘n engel vir Rapport (Deel 1 van 2)

PEET SIMONIS skryf: Om ‘n vryskut-joernalis te wees, het in die ou dae beteken jy werk nie vir een werkgewerkoerant nie, maar verkoop jou storie aan enigeen wat belang stel. Die koper het oor die algemeen volgens vaste tarief betaal – per kolom sentimeter. Vir foto’s is apart betaal.

Min vryskut-joernaliste wat ek ken, kon genoeg produseer om gemaklik te lewe en na mate koerante se lesers se belangstelling wyer en wyer gestrek het, het dit meer en meer gekos om die storie daar ver te gaan haal.

Toe ek die Rwanda volksmoord gedek het, was ek verskeie kere na die land en terug SA toe want daar was nie selfone nie. Telefone het ook nie gewerk nie.

2.3.20

Peet verklap sy geheime

PEET SIMONIS skryf: Ek sien K’rant is op soek na sy duisendste “storie”. Jare gelede het ek die eerste een geskryf toe ek die eerste weergawe van die blad op die internet begin het. (Lees die voetnota.)

As my ou vingers, wat nou byna 83 jaar oud is, nie te veel bewe nie, haal ek dalk nog die saktyd vir nommer een duisend. Beurtkrag moet net saamspeel ... en natuurlik moet die storie/s goed genoeg wees anders land dit in K’rant se snippermandjie.

29.3.17

Fooitjie word toe 'n fortuin

PEET SIMONIS skryf: Ek betaal my vrou Esther elke maand n bedraggie sodat sy die 'faailieng' kan doen en papiere weggooi wat nutteloos lyk. Maar sy is baie besig met ander goed en so het dit gebeur dat sy nooit die aandelesertifikaat wat APB vir my uitgereik het, snippermandjie toe gestuur het nie.

Dit was vir een honderd aandele van vyftig sent elk. Totaal R50.

Ek dink alle personeel van die destydse APB het so ‘n afskeidsgeskenkie by oom Marius gekry wanneer hulle weg is by die pers – ek ná iets soos twaalf jaar.

Laat mens nogal dink aan die krismishoendertjie van destyds.

20.2.17

Die dag toe Peet se profeet reg was

JOHAN LOTTERING skryf: Een middag sit ek in Die Transvaler se subkantoor in Mitchelstraat die middelblad en versorg. Net die HAB en middelblad moet nog sak. Die plek is blou gerook. Hoofsub Sandy MacDonald se oë traan. Sy hare staan wild. Hy’s moeg, want die oggendskof is al vroeg uit die vere.

Hy en Bere, ons oorlede vriend Johann de Beer, wil Western Hotel toe. More is Saterdag. Dis warm en ek moet saam. Ek hou hulle terug. Peet Simonis se kerkstories kom nie klaar nie. Sy goed is goed, maar 'n mens moet kophou.

10.2.17

Billy Graham in ongeluk by Thunder Gun

PEET SIMONIS skryf: Deur die koerante waar ons gewerk het, het ons joernaliste voorregte geniet wat nie die gewone man op straat beskore was nie. Ons het byvoorbeeld in kontak gekom met beroemde mense wat ons lewens verryk het. Soms was dit net vlietende ontmoetings, maar ander kere het daar vriendskappe uit gegroei.

Joe Venter en Gary Player het byvoorbeeld boesemvriende geword.

Ek weet Rika van Graan (wat ek aangestel het as eerste vrouemisdaadverslaggewer) het baie vriende onder polisiemanne gehad – van die laagste range tot heelbo by die generaals. Amanda Botha kan ook hoofstukke skryf oor van haar kontakte.

6.5.16

Piet Roos dood op pad na sy huweliksherdenking

PEET SIMONIS skryf: Piet (“Pille”) Roos (68) en sy vrou Chrisna was in die Kaap om hulle elfde huweliksherdenking te vier toe hy verlede Saterdag verongeluk het.

Van Chrisna se nekwerwels en ribbe is gekraak en sy het ander beserings opgedoen, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan en terug by hul huis in Pretoria.

Sy sê haar hele lyf is blou en seer. sy kan niks van die ongeluk onthou nie – net dat hulle van Bloubergstrand af op pad Stellenbosch was.

18.3.16

Perskor-reunie beste in jare

PEET SIMONIS skryf: Die afgelope naweek se Perskor-reunie was een van die beste in jare.Meer as sestig oudkollegas van Perskor het by die Keg and Eagle in Johannesburg die geleentheid bygewoon.

Daar is heerlik saam gekuier en geëet. Hans Lombard, wat eersdaags 90 word en nog op en wakker is, het almal vermaak met sy lekker stories uit sy joernalistieke dae.

Hy het wonderlike materiaal vir ´n boek. Toe iemand voorgestel het dat hy die staaltjies oor sy joernalistieke ervaringe moet boekstaaf, het dit groot byval gevind. (Volgende jaar se reünie is dalk net die plek om die boek bekend te stel, Hans? - Red.)

2.4.14

Oudgediendes hou bielie van reünie


PEET SIMONIS skryf: Dit was weer 'n bielie van ‘n reünie – 30 Maart 2014 by die Cattle Baron, Johannesburg.

ʼn Eerste was dat daar vanjaar ‘n spreker was – dr Pieter Mulder, die adjunk-minister van landbou. Hy het nie die Vryheidsfront Plus-hoed opgesit nie – eerder vanuit sy eerstehandse kennis van koerante en die

18.3.14

‘Genesings ja, maar twyfel bly’

Die vyfde en laaste aflewering in PEET SIMONIS se reeks oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Die storie van medikus dr Willem Gauché (vorige storie), dat hy self gesien het hoe ‘n polio-slagoffer se aangetaste been uitgroei tot dieselfde lengte as die ander normale been en hoe dit hom verander het van iemand wat nie eintlik geglo het in God nie tot ‘n gelowige, het destyds opspraak verwek en nog meer mense laat stroom na Dan Bosman se genesingsdienste.

12.3.14

Pretoriase agnostikus gaan koop ʼn Bybel

Die vierde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Dr Willem Gauché was ‘n algemene praktisyn met ‘n groot praktyk in Pretoria. Hy was iemand wat nie juis meer in God geglo of kerk toe gegaan het nie en berigte oor die “kastige genesings” by Dan Bosman se dienste het hom omgekrap.

5.3.14

Dokter sê hy glo ná meting van arm

Die derde aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: Van Los Angeles af is ek na Columbus, Ohio waar Dan Bosman ‘n paar dienste sou hou. Hy het ook op baie radio- en TV-stasies in die VSA opgetree. Dit was duidelik dat sy bekendheid as

25.2.14

‘Ek beleef ‘n wondergenesing’

Die tweede aflewering in PEET SIMONIS se reeks van vyf artikels oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.

PEET skryf: In die vorige artikel oor ongewone genesings (lees hier), het ek geskryf hoe dit gebeur het dat ek vir Die Transvaler ‘n reeks oor die onderwerp aangepak het.

20.2.14

Fanie was altyd aan die werk

PEET SIMONIS skryf: Ons vriend en kollega Fanie van Niekerk (78), se graf in die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, is links buite sig op die foto hieronder. Daar is hy Vrydag deur familie en vriende ter ruste gelê.

Sy graf is net oorkant graf nommer 15 613 in die blok gereserveer vir mense van die Gereformeerde en Pinksterkerkfamilies. Langs hom is ‘n

28.1.14

Geloofsgenesing stu DT-sirkulasie

PEET SIMONIS skryf: As dit gelyk het of die stories opdroog by die koerant, het ons dit “komkommer-tyd” genoem. Dit was die tyd dat die nuusredakteur handewringend op en af in die gange rondgedwaal het. Ander koerante is met n fynkam deursoek vir opvolgbare stories en elke joernalis moes uit sy “beat” die nuus gaan haal.

Sulke stil -dae sal ook vir K’rant aanbreek en daar is baie redes voor –

13.11.13

Die dag toe ek vir Charlie help vang het

PEET SIMONIS skryf: Charlie die sjimpansee van Bloemfontein was/is waarskynlik die bekendste sjimpansee op aarde. As hy beloon sou word vir die plesier wat hy aan mense – veral kinders – verskaf het, is hy nou in ‘n hemel.

Dat hy sy rokie geniet het – kyk na die kostelike insetsel daaroor op die internet – sou nie teen hom gehou word nie.

27.9.13

Peet se waagstuk

PEET SIMONIS skryf: Hans Lombaard, ek glo ek praat namens ons almal van K'RANT as ek jou gelukwens met jou merkwaardige reeks oor jou groot avontuur met die kleine Loyd na en van en agter die Ystergordyn.

Puik man!

6.9.13

Dagbreek soek Rietbok met ’n duikboot

PEET SIMONIS skryf: Dit was 'n herfsaand - 13 Maart 1967 - toe ‘n Viscount-vliegtuig van die SA Lugdiens die lug laag oor hulle huis by Kayserstrand naby Oos-Londen geskeer het. Die 73-jarige mnr Mike Ford het vir sy vrou geskree om te kom kyk. Sy was betyds om met verbasing saam met hom die vliegtuig se roterende rooi lig te sien verdwyn agter die donker buitelyne van die boomplantasie wat hulle aftreehuisie se uitsig na die see versper.

(Swart-en-wit-foto's ontvang van Peet. -- Red.)

20.8.13

Uitgeplukte film red my van 90 dae se opsluit

PEET SIMONIS skryf: Herman le Roux se mooi storie oor ons ou mater Neil Steyn (mater is Neil se woord), het ek baie geniet. Ek en Neil was dieselfde jaar in matriek in dieselde skool in Bloemfontein en ek en Herman het saam by Volksblad gewerk vir ses jaar ... lekker jare.

Herman en sy vrou (naam is Rina as ek na ‘n halfeeu nog reg onthou) het in 'n baie oulike huis gewoon en het nie omgegee dat ek en Esther