Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Len Lindeque. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Len Lindeque. Wys alle plasings

16.10.15

Skaterlag oor panty op 'n paal

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Evert van Niekerk, oudmotorredakteur van Die Vaderland, was altyd half deurmekaar en stillerig as hy by sy klein glaskantoortjie in Aucklandpark aangekom het.

Hy was vroeg-oggend nie juis spraaksaam nie. Seker maar nie ‘n oggend-mens nie. Maar een oggend ná sy aankoms bars hy kort-kort van die lag uit. Het julle ouens dan nie gisteraand radio geluister nie? En hy mompel iets van “die baas”.

Nou wat het aangegaan, Evert? vra een van die ouens (dalk nog Tom Buys), geamuseerd.

26.9.14

Len, sanger soos min, sing met Min

Verlede week het Hanlie Swanepoel-Vornberg onder meer van Len Lindeque se bekering vertel. In daardie tyd het Len ook langspeelplate gemaak. In Perskorhaan van Augustus 1972 het die volgende berig verskyn:

"Ná my ernstige motorongeluk verlede jaar waarin ek amper gesterf het, het ek besluit om my talente in belang van Christus en sy werk te wy ... “

17.9.14

Onder Len Lindeque se vlerke

HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Len Lindeque se kantoor was reg langs myne by die Rooi Rose-redaksie. Ons was in die "agterbuurtes" van die gebou.

Ek en Elma van Vuuren, later Elma Meyer, was die kuikens in die redaksie. Len was ons mentor en het ons onder sy vlerke geneem.

In sy oorvol, slordige maar karaktervolle kantoortjie het hy meestal kop onderstebo by sy oorhoofse projektor sit en werk.

2.12.13

ABsoluut DOL oor Abdol

LEN LINDEQUE, het in 1974 dié pragskets van Abdol van der Merwe, werksbestuurdes van die letterpersafdeling by Perskor, gemaak.  Abdol was 'n man wat 'n mens nie sommer kon miskyk nie as gevolg van daardie welige weglêsnor van hom.

Maart 1974
Abdol was ook gewild by die redaksies van Perskor vanweë sy vriendelike aard, hulpvaardigheid en kenner van sy werk.

18.11.13

Fotodag 12: Len se Pen weer doodreg

Len Lindeque is terug in Aucklandpark! Sy glimlag is nog net so breed soos altyd en sy "Hallo Baby" weerklink soggens net so gulhartig soos vanouds. En dit bewys dat hy volkome herstel het van sy onlangse en ernstige siekbed.

Februarie 1972
Len het onder meer 'n groot operasie ondergaan en daar is op een tydstip vir sy lewe gevrees.

17.10.13

Len Lindeque word oupa

MARIE LINDEQUE-REINECKE skryf: Drie en dertig jaar ná sy dood word Len Lindeque vir die eerste keer oupa.

Len is Leonard Nico Lindeque.

Sy jongste dogter Leneque (32), wat twee maande ná

9.5.13

Dick Prestwich: skets deur Len Lindeque

Len Lindeque het nie net die land met sy sketse vermaak nie.  In menige huis van sy oud-kollegas is daar vandag nog 'n skets of twee wat Len van hulle gemaak het.

Die een hieronder kom uit Perskorhaan van Mei 1974.

Dick Prestwich was 'n fotograaf by onder meer Die Vaderland.

17.4.13

Gabriel Maphalala: skets deur Len Lindeque

K'rant het al 'n paar keer oor Gabriel Maphalla berig.  Lees hier en hier.

Onderstaande skets van Len Lindeque het in Februarie 1974 in Perskorhaan verskyn.

K'rant sal van tyd tot tyd sketse van Len wat in Perskorhaan verskyn

3.1.13

Bewonderaar het Len-artikel geniet

MARIUS ACKERMANN skryf: Baie dankie vir Andries Botha se lewendige artikel oor Len Lindeque in K'rant. Ek was, en is steeds, 'n bewonderaar van Len se werk. Dit moet bepaald 'n voorreg gewees het om saam met so 'n man te werk.

Van PW Botha gepraat: toe die Vloot se hoofkwartier van Simonstad na Pretoria verskuif, het Len 'n duikboot geteken wat doodluiters dog paraat in die Apiesrivier opvaar.

24.12.12

Kersgroete 42 jaar gelede

K'rant het Vrydag gesluit en heropen op 2 Januarie 2013, maar kon nie nalaat om eers hierdie skets van LEN LINDEQUE te plaas nie. Dit het in November 1970 in HANEKRAAI, personeelblad van die Afrikaanse Pers Beperk, verskyn. 'n Eksemplaar hiervan het ons pas bereik.

Mooi Kersdag more vir ons lesers.

25.9.12

Len soek Schoor

JOHAN LIEBENBERG skryf: Ek sien Andries Botha skryf oor staaltjies uit Len Lindeque se kleurryke lewe en ek meen ek moet ook een bydra. In die
Aucklandparkse dae was die Kunsredaksie in ‘n stadium heel agter in ‘n gangetjie gedruk, skuins oor Len se kantoor. Daar het ons baie goeie vriende geword en eendag vertel hy my die poets wat hy vir mnr. AM. Van Schoor, destyde redakteur van Die Vaderland gebak het.

13.7.12

Jasper se stoepstories

JASPER SCHELLINGERHOUT het dié week vier lekkerlees-stoepstories gestuur.
 
Antonie Richards, in my tyd hoofsub (Aucklandpark), kon biltongdroog sy humor inkry.

Die fotostaatmasjien van destyds – daai masjiene met die faksrolle

6.7.12

Die dag toe Len my voete onder my uitgeslaan het

JAPIE BOSCH skryf: Op ‘n dag in 1977/78 het Len Lindque my ‘n streep getrek wat my die grootste verleentheid van my lewe besorg het.

In die subkantoor by Die Vaderland in Doornfontein was ene Bok (ek het sy van vergeet) besig om ‘n blad op te maak. Len het na my toe gekom by die nuustafel waar “deadline” pas verby was.

15.6.12

Die dag toe Len Lindeque deur Jooste gefaaier is

ANDRIES BOTHA het as assistent-redakteur en politieke skrywer by Die Vaderland baie tyd saam met Len Lindeque deurgebring om die daaglikse spotprent te bedink. Soms kon 'n mens hulle ver af hoor lag soos hulle die humor opgetower het. Hier vertel Andries van sy ervarings met Len.

Min mense weet dit, maar Len Lindeque, in sy tyd gewis die top spotprenttekenaar in die land, is deur Marius Jooste gefaaier oor ‘n grappiein die gange. En Dirk Richard moes lelik bontstaan om Len se loopbaan te probeer red.