Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Anne-Marie Mischke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Anne-Marie Mischke. Wys alle plasings

7.9.22

Dié generaal spook nog by Anne-Marie

ANNE-MARIE MISCHKE skryf: Dit het nou amper al ’n gewoonte geword om afgetree te wees, want dit is nou sowat 13 jaar sedert ek Rapport se deure agter my toegetrek het. Eintlik moet ek dit anders bewoord. Dit het lankal normaal geword om nie meer in die joernalistiek te wees nie, want heeltemal afgetree het ek toe nie regtig nie.

Dit het so gekom: Ek was besig om kantoor skoon te maak in my laaste week of so by die koerant toe Frederik de Jager, toe nog uitgewer by Umuzi, in my deur kom staan. Dit het hy van tyd tot tyd gedoen wanneer hy in Johannesburg was om ’n boek of ’n skrywer of sommer net Umuzi te bemark. Ek sê vir hom ek is aan die kantoor opruim, want 65 staar my in die gesig. En wat, wil hy weet, gaan ek doen om myself besig te hou? Ag wat, vertaalwerk, sulke dinge, dit en dat, sê ek ongeërg. Later sou ek besef hoe onvanpas daardie ongeërgdheid was, want vertaalwerk val nie sommer net uit die lug nie.