Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Jasper Schellingerhout. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jasper Schellingerhout. Wys alle plasings

18.2.19

Joviale Phil, die ‘ou’ wat in "HD" kon skryf

 JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Die oorlye van Phil Zaayman het ‘n paar gawe herinneringe laat opdoem van hierdie goed-gepekelde sportskrywer wat nou nie meer met ons is nie.

Die man wie se ‘byline’ boaan sportberigte so deel was van rugby, boks en ander sportsoorte, soos die spelers sélf.

Min skryfvaardiges kon ‘n Springbok-sege of Curriebekereindstryd so passievol en kleurvol met woorde skilder soos Phil Zaayman. Sy superhelder manier om met woorde te skilder was ‘n soort vroeë voorloper van die ‘HD’-televisie.

15.8.18

Verkragting vir die pret

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Maureen Swart se bydrae oor die “maritieme”-episode sal my nooit laat vergeet van die vertaling wat eendag op my lessenaar in Die Vaderland se subkantoor beland het nie. Nog in Aucklandpark se dae.

So ‘n jong penkop-verslaggewer, ‘n dame wat soms met ‘n pas-uit-die-stortpapnatkop op kantoor opgedaag het, was die skepper van dié vertaling.

6.3.18

Subwerk en subkontrakteurs vir die dak oor jou kop

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: In die Oos-Kaap is geleenthede aansienlik minder as in ‘n plek soos Johannesburg. Dit het ek gou ontdek toe ek vroeg in Januarie 1974 na Johannesburg verhuis het met my jong vroutjie om by Die Vaderland as assistent-hoofsub in te klok.

Ek was op die punt om planne te finaliseer vir huis bou in Port Elizabeth toe ons besluit om ons grootwordwêreld vir die Rand te verruil.

31.5.16

SKRYF … siel-salf vir die treur

JASPER SCHELLINGERHOUT (voormalige hoofsub by Die Vaderland en daarna dominee van die Evangelies Gereformeerde Kerk) skryf: Flenters van die Ewigheid, die boek van KOOS BOTHA oor die verlies van sy kosbare kinders (berig HIER), het my laat teruggryp na hoe ek ook deur te skryf, doodsmart draagliker help maak het. Nie dat ek enigsins meen my verlies naby gekom het by wat kollega Koos beleef het nie. Dalk beteken die onderstaande iets vir die treuendes van oudkollegas Piet Roos, Hans Lombard en al die ander. (Hierby sluit ons in Danie Malan, Mack van der Walt en almal wat op die Vergeet-nie-lys is - Red)

16.10.15

Skaterlag oor panty op 'n paal

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Evert van Niekerk, oudmotorredakteur van Die Vaderland, was altyd half deurmekaar en stillerig as hy by sy klein glaskantoortjie in Aucklandpark aangekom het.

Hy was vroeg-oggend nie juis spraaksaam nie. Seker maar nie ‘n oggend-mens nie. Maar een oggend ná sy aankoms bars hy kort-kort van die lag uit. Het julle ouens dan nie gisteraand radio geluister nie? En hy mompel iets van “die baas”.

Nou wat het aangegaan, Evert? vra een van die ouens (dalk nog Tom Buys), geamuseerd.

16.4.15

Ode aan die "steroïde-joernalis"

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Waar het jy nou ‘n getrouer en veelsydiger en meer ywerige redaksielid kon kry? Nooit het die hoofredaksie gewonder oor sy produktiwiteit nie, of gevrees dat daar géén nuus vir die volgende uitgawe sou wees nie.

Nou dat ons die getroue Sapa moes groet, reflekteer ‘n mens byna vanselfsprekend op ‘n ander groet van ‘n klompie jare terug -- die teleksmasjien wat stil geraak het.

Nes ‘n duisend vinke in ‘n vlei het ‘n goeie halfdosyn of meer van hulle se gekletter ‘n spesiale adrenalienelement en polsslag in ‘n koerantkantoor ingebring.

20.1.15

Ou Dinges se rooi verklap sy kamerverlaat

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Ek sal hom op hierdie openbare leesskerm maar liefs ‘Ou Dinges’ noem. Dis veiliger en só bou ek terselfdertyd ‘n stukkie misterie in hierdie ware storie in.

Ou Dinges was ‘n Vaderland-man voor Doornfontein se dae. ‘n Kollega. Hy’t in die omte van Brixton gewoon en dus nie ver van Aucklandpark af nie. Hy kon etenstyd, as die inklinasie daar was vir ‘n brekie weg uit die kantoor, gou huis toe wikkel en dan weer betyds terug wees. Dinges se dinge het met reëlmaat só verloop: “Net gou huis toe skiet. Netnou trug.” En dan was hy afwesig.

4.11.14

Die groot oom sink my Rose-droom

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Na aanleiding van Hanlie Swanepoel-Vornberg se skrywe oor die oumaskap wat Rooi Rose by ‘n nuwer aanskyn uitgebring het, het ek gedink aan ‘n trippie in die middel-70’s uit die Oos-Kaap, waar ek vakansie gehou het, na Durban vir ‘n onderhoud by die einste Rooi Rose:

Jare gelede vat my waagmoed om my joernalistieke loopbaan ‘n nuwe dimensie te gee, my deur die gevaarlike paaie van die ou Ciskei en Transkei na Durban. Dit was waag-ry. Almal het grootoog gewaarsku teen ry in daardie jare deur die Transkei. Vrystaat om en oor Lesotho was die meeste se keuse as jy in Durban wou uitkom van hier uit die suide.

13.10.14

Omkrultoon-storie van Jasper

LITA KOTZE skryf: Allamaskas, wat ‘n heerlike stuk letterkunde kry ons nie vanoggend van Jasper Schellingerhout in K’rant nie!

Nie alleen spreek die inhoud van belewenis aan eie bas nie, maar daai taalgebruik! My tone het behoorlik omgekrul van lekkerte oor die kuns van skryf wat Jasper besig. Gits, mens lees nie vandag maklik meer sulke kleurige, afgeronde, weldeurdagte berigte nie.

Ek skryf dit toe aan die era van “information overload” waarin ons lewe. Die beskikbaarheid van nuusbrokkies is eenvoudig dawerend te veel vir die ruimte wat beskikbaar gestel word deur die advertensieverkope in ‘n publikasie.

10.10.14

Die SEWENTIGERS en hul "nuwe" koerant

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf:  ELKE bedeling het sy eiesoortige “geite” waarvoor daardie tydsgreep bekend is. Niks is solied gegiet nie. Al wat vas en seker is is dat niks vas en seker is nie. Dikwels kan hierdie tydperke in dekades ingedeel word.

Die dekade van 1960 – ’70 het behoort aan die sg. sestigers. Hul vrye denke, gedigte en storielyne het die grense partykeer erger getoets as wat die Nasionale Party kon platklap en in die grond inboor: André P. Brink, Etienne Leroux, Jan Rabie, Breyten Breytenbach en kie ...

3.7.14

My NP-plakker op ‘n SAP-tante se motor

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Ek was as koerantman ‘n vurige Nasionale Party-man en het met groot passie en opgewondenheid deel gevorm van die verslagspan wat in die ou dae verkiesings gedek het in en om Port Elizabeth. Toe was dit Sap teen Nat.

Die optelsommetjie van die destydse politiek was dikwels: Sap + Nat = BLOED. Halwe(hartige) houe slaan was nie op die spyskaart nie.

23.6.14

Prof Chris wag met breë glimlag vir sy storie!

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Vroeg in 1982 moes ek as landboujoernalis ‘n artikel gaan skryf oor oorle prof Chris Barnard, meer beroemd vir sy hart-pionierswerk, maar toe skielik ook stoetboer met Simmentaler-beeste.

“Hy’t ‘n plaas gekoop daar naby Sedgefield in die Suid-Kaap en het groot planne met ‘n Simmentaler-stoetery. Gaan kry die storie vir ons,” kom die opdrag van die redakteur uit die Kaap.

6.6.14

Die chemie van joernalistiek


JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Jy kry ‘n tinteling in jou binnewerke – amper ‘n soort chemiese reaksie op ‘n plek wat jy nie eintlik weet waar dit in jou gestel lê nie – as jy iets hoor wat jy meen ander vir seker sal wil lees of wraggies móét weet.

En as jy die vermoë van visualisering in jou denke het, dan ‘sien’ jy voortydig al die storie en die opskrif (dalk op bl 1?). As ek darem die ou kan wees wat die storie breek! dink jy so ewe. ‘n Scoop verdriedubbel die adrenalien aan dié gedagte.

22.11.13

Oor prekery en die lang naald

JASPER SCHELLINGERHOUT (let op die spelling van my van), oud-Vaderland en nou 'n afgetrede dominee,  skryf oor die lengte van ‘n preek:

Ek het nou maar eenmaal ‘n erge hekel aan preke wat mank gaan aan goeie substans en inhoud. Self doen ek moeite om ‘n tema behoorlik toe te lig en dan dwaal die horlosie se lang naald bietjie verby kerkuitkomtyd. My vrou moes my van tyd tot tyd suutjies berispe hieroor. (Was darem nou nie naastenby so ‘n uitgerekte storie soos Herman Charles Bosman se Ps. 119-singery nie, dankie tog!)

1.11.13

Jasper snuffel ’n stukkie Africana uit

JASPER SCHELLINHERHOUT, oud-Vaderlandman (1974 – 1977) het bietjie in sy eie boekery gesnuffel en ‘n Kort en Goed-uitgawe van November 1942 opgediep en vir ons ‘n paar prikkelende goed daaruit gestuur. K’rant het ‘n tyd gelede juis melding gemaak van hierdie “Readers’ Digest”-soort tydskrif in Afrikaans wat in 1939 die lig gesien het as ‘n perdjie uit APB se stal.

29.10.13

Antonie se droë humor bly Jasper by

Jasper Schellingerhout skryf: Die skrywe van Tjaart Richards oor sy pa Antonie, het my laat dink aan sy “droogheid” as dit by sêgoed kom.

By dieselfde Aucklandpark waarvan Tjaart, sy seun, skryf, het die fotostaatmasjien in die subkantoor van Die Vaderland gestaan. Een van daardie waarvan die papier nog in rolle was wat na rou geelwortels geruik het, veral as die masjien lekker warm begin raak het.

21.8.13

Jasper se huis beplak

Met JASPER SCHELLINGERHOUT, hoofsub van Die Vaderland, se vertrek in Mei 1977 na Port Elizabeth waar hy as streekredakteur van Die Landbouweekblad aangestel is, het hy 'n groet van sy kollegas gekry wat hy en vroulief, Christel, nie maklik sal vergeet nie. Toe dié egpaar ná werk tuiskom, was die mure rondom hul huis met tientalle Vaderland-plakkate beplak.


7.1.13

Bakgat Jassie se uitverkore boude

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Op ’n dag stap oorle' Kitty Vermaak, DV se vroueredaktrise, die subkantoor binne. Haar aankom na my lessenaar is vandag op ‘n ander manier as ander kere. Sy is op ‘n soektog; op ‘n nogal vreemde missie vir ‘n oujongnooi: sexy boude – mans-agterstewe . ‘n “Paar” wat ‘n hunkering in ’n vrou se denkwêreld aan die gang sit…

(Die hunker-stukkie is darem nou nie wat Kitty prontuit gesê het nie.

17.10.12

Jasper se mannekoor vaar puik

JASPER SCHELLINGERHOUT, oud-redaksielid van Die Vaderland is lid van die George-mannekoor, wat onlangs in ’n landwye koorwedstryd gepresteer het. Die koor het in Augustus deurgedring na die eindronde van die ATKV se jaarlikse Animato-Nasionale Koorwedstryd wat pas in Parow, Kaapstad beslis is.

Hulle was tweede in die afdeling vir volwassenes en het ‘n goue medalje

6.8.12

Raaksê-opskrifte

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: So van raaksê-opskrifte gepraat – Een van die treffendes was destyds gepleeg deur die oorlé Rand Daily Mail met die inwyding van die Verwoerddam. Dit het mooitjies begin oorloop met die luisterryke plegtigheid en die opskrif was heel gepas: The dam that rose to the occasion.

Wyle Johann van Loggerenberg het destyds op Perskorhaan verwys na ‘n berig oor Russiese skoene wat van so‘n swak gehalte was dat die sole binne enkele weke deurgeloop is: Die sool is die kous nie werd nie.