Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.10.12

Van die Sans tot die Colosseum tot Berchtesgaden…

ANDRIES BOTHA skryf: Van die Perskor-gebou in Aucklandpark tot die agttiende verdieping van Sandton City vanwaar ’n mens die Voortrekker-monument op ’n helder dag kan sien.

Dis die omgewingsverandering wat ek ervaar het toe ek in 1976 as assistant-redakteur van Die Vaderland na die Vryheidstigting Suider-Afrika verhuis het. Alles goed en wel en wonderlik, maar niks in Sandton

30.10.12

Poetse moes groentjies nederig hou

PHILIP DEETLEFS skryf: Toe ons in die vroeë jare sewentig by Die Transvaler begin werk het, was daar ‘n soort van ‘n ontgroeningsproses vir jong nuwelinge op die redaksie om hulle meer tuis te laat voel en veral nederig te hou.

Van die poetse wat die ouer manne jou mee gevang het, kan ek nog goed onthou. Hou in gedagte hoe ‘n jong verslaggewer oorgeloop het van geesdrif

29.10.12

Met my paspoort in sy sak beduie hy ons moet saam polisie toe

SUZELLE FOURIE  skryf verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Volgende week verskyn haar laaste aflewering.

5 Augustus 2004: Voort met die reis deur Xinjiang...

26.10.12

Jooste is nie ’n god nie


“U is sterk, maar u is nie ’n god nie, en daarom is ek nie bang nie,” het Willem de Klerk in ’n brief aan Marius Jooste geskryf. Dit was tekenend van die verhouding wat daar tussen die twee sterk persoonlikhede was wat ook tot De Klerk se einde as hoofredakteur van Die Transvaler en mede-besturende direkteur van Perskor gelei het.

25.10.12

Met 'n stomp knipmes is my das kort onder my keel afgesny

PIET ROOS skryf: Ek het op 1 Maart 1973 by Die Vaderland begin werk in Aucklandpark, Johannesburg Dit was asemrowende werk, die lekkerste in die wêreld.

Daardie jaar het ek en Kobie Breedt, Gert Coetzee en Johan Papendorf in Kesselstraat 'n huis gedeel en dit was gek! Ons het almal algemene nuus gedek en geleer skryf. Frans du Toit het my 'n kans gegee, nadat ek die

24.10.12

Neil vat nog ’n snuiter vas

Piet Ebersöhn skryf: Johan van Wyk se dikbek-hoekiesittery laat my toe dink aan hoe Neil Steyn ’n ander rammetjie-uitnek snuiter vasgevat het in die dae toe ek saam met met hom vir Perskor se Pretoriase weekblad, Metro, sport geskryf het.

Dit was in die nagloed van van 1995 se rugby-wêreldbekersege. Ruben Kruger is pas as rugbyspeler van die jaar gekies. Mike Atherton se Engelse

23.10.12

Legende Jaap se seun in Londen wil oor sy pa weet

WESSEL OOSTHUIZEN, een van die land se mees ervare en gerekende fotojoernaliste, het so 'n bietjie in sy geheue rondgekrap en met die volgende vorendag gekom: Iewers in 1974 land die rugbylegende Willie John McBride en sy Britse Leeus vroeg een oggend op die destyde Lughawe Jan Smuts.

Die inleidingsparagraaf van ‘n berig in Die Vaderland deur oud-

22.10.12

5 000 besoekers en ons stoom voort

JAPIE BOSCH skryf: K’rant het verlede Vrydag sy 5 000e besoeker opgelewer sedert amptelik telling op 28 Mei 2012 begin hou is. Gesamentlik het hulle meer as 17 000 verskillende plekke op die joernaal besoek.  Boonop verskyn ons 250e storie vandag.

Eintlik is die syfers ‘n paar honderd meer, want die joernaal het op 1 Mei 2012 ‘n aanvang geneem, maar ons ag die eerste vier weke as kindertreë.

Daar is seuns van vyftien, sestien jaar met grys hare in my klas

SUZELLE FOURIE  vertel verder oor haar ervarings as onderwyseres in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. Hierna volg nog twee aflewerings.

 2 Julie 2004: Die woord “hitte” het ’n nuwe dimensie

19.10.12

Willem de Klerk se eerste treë as redakteur


Terwyl Willem de Klerk nog die aanbod om hoofredakteur van Die Transvaler te word, oorweeg het, “het mnr Marius Jooste my laat roep en voor ek nog amptelik ja gesê het, is daar foto’s geneem, die redaksie saamgeroep, drankies geskink en is dit aangekondig dat ek die nuwe hoofredakteur is. Die redaksie was geskok, want dit was soos ’n slag uit die bloue hemel.”

Dit moes seker vir die akademikus ’n reusesprong gewees het toe hy op 1 Julie 1973 “met ’n geklap van vlerke” as hoofredakteur van Die Transvaler ingeval het.

Hoffie Hoffeldt oorlede

WILLIE BUYS skryf: Hoffie (Johannes) Hoffeldt, oud-hoofstroomjoernalis wat eens vir die Pretoriase middagblad, Hoofstad, en die oggendkoerant, Beeld, gewerk het, het is onlangs aan ‘n hartaanval in sy huis in Heidelberg, Gauteng, dood.

Wolfram Zwecker skryf in Beeld Hoffie was die afglope drie jaar werksaam by die Nigel Rekord. Hy was een van die laaste redakteurs van South Africa Today, wat deur die destydse Buro vir Inligting uitgegee is. Lambert Smith, wat jare lank as fotograaf die land, Afrika en Europa saam met hom deurkruis het, het hom as "‘n goeie mens" beskryf". Hy kon met enigiemand oor die weg kom", het hy gesê. Hoffeldt het ook lank vir die Buro van Standaarde gewerk.

18.10.12

Moenie K’rant met jul lekkerhede snoep nie

Piet Ebersöhn skryf: Ek wonder soms of dit net ek is wat so ’n norring lekkerhede in my koerantdae ervaar het en of dit net ek is wat so voorbarig is om daardie oomblikke met K’rant-lesers te deel, maar nouliks verskyn ’n storie of dit laat my gedagtes langs ver paaie dwaal en loop iewers ’n goue herinnering raak. Dat die eerste moontlikheid waar is, kan ek nie werklik glo nie, maar hoekom vertel julle ander dan nie ook van julle s’n nie. As die tweede moontlikheid reg is, moet ek seker my snater hou voor Frik van der

17.10.12

‘Blote naïwiteit en tonne geesdrif’ bou tydskrifsukses

JANNIE HERBST, gewese fotograaf van Die Transvaler en later suksesvolle uitgewer van die treffer-motortydskrifte Wiel en toe Leisure Wheels, skryf: Ek glo alle mense, wanneer hulle gevestig is in hul weë, vra hulself die vraag af: “Nou hoe het ek hier gekom? Kon ek beter gevaar het?”

En as ek so terugkyk na die geskiedenis van my wandelinge is dit onbetwisbaar dat Die Transvaler ’n baie groot rol in die bepaling van my
toekoms gespeel het. Nie alleen omdat ek baie daar geleer het nie, maar ook weens toeval.

”Hoe het dit gekom dat jy Wiel begin het?” Dit is een van die vrae wat nogal baie aan my gestel is toe die tydskrif nog bestaan het. Die antwoord is nogal lank, maar interessant, want ek kan eerlik sê dat alles begin het toe ek as Transvaler-fotograaf ‘n vriendskap begin het met misdaadverslaggewer, Piet Roodt.

Jasper se mannekoor vaar puik

JASPER SCHELLINGERHOUT, oud-redaksielid van Die Vaderland is lid van die George-mannekoor, wat onlangs in ’n landwye koorwedstryd gepresteer het. Die koor het in Augustus deurgedring na die eindronde van die ATKV se jaarlikse Animato-Nasionale Koorwedstryd wat pas in Parow, Kaapstad beslis is.

Hulle was tweede in die afdeling vir volwassenes en het ‘n goue medalje

16.10.12

Rooi Rus fnuik Jakkie se ‘scoop’

JAKKIE GROENEWALD skryf: Na aanleiding van Joe van Buuren se storie oor David Protter en die Foxstraat-beleg onthou ek die volgende: Ek was in daardie stadium ’n hooggeregshof-verslaggewer vir Beeld. Ek en ’n paar ander verslaggewers het oor middagete van die gedoente in Foxstraat gehoor en soontoe gehol.

Daar aangekom, het ons ons ook maar dun gemaak terwyl die skote klap.

Douglas en Mooiwillem se hase-stryery land Willie amper in tronk

WILLIE BUYS skryf: Daar is soveel raakvlakke in die beroepsondervindings van kollega Philip Deetlefs, nou ’n suksesvolle makelaar in die Namibiese Republiek van afgetrede oom Sam Nujoma, en my dat dit geen wonder is ons het lewenslange vriende geword en gebly nie.

Die jongste berig van Philip oor kol. Mooiwillem van der Merwe het ’n brok

15.10.12

‘Toe sing ek Hansie Slim op Chinese TV!’

SUZELLE FOURIE vertel verder oor haar ervarings as “foreign expert” in landelike China. Sy gebruik uittreksels uit briewe aan familie en vriende in Suid-Afrika om haar verhaal te vertel. 

13 Mei 2004: Uiteindelik begin klasgee! Ek spog nou met 'n imponerende rooi boekie, die "Foreign Experts

12.10.12

Willem de Klerk word genooi om Beeld te Lei



Min mense weet dit, maar Willem de Klerk, was voor sy aanstelling as hoofredakteur van Die Transvaler in “verkennende gesprekke” met Nasionale Pers betrokke. Hy is ook in 1975, toe hy hoofredakteur van Die Transvaler was, deur Lang David de Villiers van Naspers die redakteurskap van Beeld aangebied, maar hy het dit summier van die hand gewys, skryf Andries Botha.

Willem de Klerk het bykans 20 jaar ná sy aanstelling as hoofredakteur gewag om “die enkele traumatiese ervaring van my lewe” op te teken om sy emosies te laat bedaar “en ek met perspektief kan skrywe”.

11.10.12

Rika tot in Karoo-kroeg ‘raakgeloop’

ARINA BOHLER (voorheen de Kock) skryf: Dankie aan Philip wat Rika van Graan in herinnering geroep het. Ons het baie in haar kantoor vergader en gelag. Ek onthou hoe Len Lindeque spontaan 'n skets van my gemaak het met 'n groot groottoon en die wurm wat sê Arrie-nee – hy het gesê 'n tekenaar aksensueer ongewone trekke. Eish, ek kan jou verseker my groottoon het nooit aandag getrek nie, tot toe! Hy het ook vir my dogter, Narnia, (toe 2-jaar-oud) 'n skets gemaak van 'n dogtertjie op 'n driewiel,

Estelle herleef Vaderland-dae

ESTELLE DE BRUYN, redakteur van Republikein, het deur haar foto-albums gaan blaai en afgekom op 'n klompie foto's uit haar Vaderland-dae, toe sy nog Estelle Oosthuizen was.

Sy deel dit met K'rant se lesers.




10.10.12

Die dag toe Mooiwillem hom vererg het

PHILIP DEETLEFS skryf: As misdaadverslaggewer was jou kontakte by die lykhuis, ambulans, die moord- en roofafdeling van die polisie, ens, baie belangrik, want dis die manne wat in die heel voorste linies geveg het teen die klas misdaad wat die nuusredakteur graag in die koerant wou publiseer.

Destyds was die hoof van die moord-en roofafdeling daar in Brixton ’n

9.10.12

China is nie vir sissies nie . . . ! (1)

SUZELLE (DU PREEZ) FOURIE woon sedert Gerrie se dood in 2003 in die Milnerton-omgewing in die Kaap, daar waar sy soggens “die Berg kan groet”.  Op ouderdom 66, sê sy, is sy dankbaar dat sy nooit weer ’n koerantstorie hoef te skryf nie. Nadat sy die Weskus verlaat het, het haar lewenspad egter eers ’n wye draai deur ’n afgeleë gebied in die verre

8.10.12

Uitsonderlike reeks begin Vrydag


Willem de Klerk was ‘n besondere mens en seer seker die invloedrykste redakteur van sy tyd.

Andries Botha, wat deur die jare dikwels lang kuiers saam met De Klerk geniet het, het Willem se “Opruiming” ter insae gekry en skryf tans ‘n reeks artikels daaruit vir K’rant.

Waar Was Jy die Aand van 16 Junie 1976?

ANDRIES BOTHA skryf: “Waar was Jy die Aand van 16 Junie 1976?” kan die titel van ’n opwindende boek oor Suid-Afrika wees.

Daardie aand was vir my om meer as een rede ’n geweldige skok. Soweto in vlamme. Brandende buitebande. ’n Betogende skare wat alles en nog wat na die polisie slinger. Geweerskote. Lyke in die strate. Veroordeling van die bestaande gesag uit die buitewêreld.

5.10.12

Fotograwe raak nooit oud nie, net uit fokus

WILLIE BUYS het BERNARD JORDAAN (regs) opgespoor – die deurwinterde, wêreldbekende fotograaf wat veral naam gemaak het met die dosyne mooi meisies wat hy vir onder meer die Mej. S.A.-Skoonheids- kompetisie, afgeneem het – daar in Hermanus in die Kaap, waar hy afgetree het. Hy het onder andere die pragtige Margaret Gardiner deur sy kameralens gekiek en

Nog foto's van Bernard Jordaan

Hieronder is nog foto's wat Bernard Jordaan eksklusief aan K'rant beskikbaar gestel het.

4.10.12

Die dag toe die Bok Hoofstad se 'rugbykenner' af aarde toe gebring het

JOHAN VAN WYK skryf: Toe ek in die vroeë jare sewentig ná vyf jaar se geswoeg op die Puk by Hoofstad in Pretoria land, het ek groot drome gedroom dat ek sommer met die intrapslag oor Springbokrugby gaan skryf. Niemand kon my iets oor rugby vertel of leer nie, soos dit seker maar met enige vrypostige jong verslaggewer in ’n sportkantoor gaan.
Groot was my skok egter toe die sportredakteur, Neil Steyn, my inlig dat rugbyskryf sy werk en ander hardebaarde soos Chris Swanepoel en

3.10.12

Soektog na nuus oor ou-Vaderlander

Oud-Vaderlander,
Robert Boonzaier
K’rant se reikwydte het al ‘n paar mense gehelp in hul navrae oor mense en hul dinge. Die jongste navraer is Johan Boonzaier (korrekte spelling), wat saam met sy gesin die Wimpy restaurant op Lephalale (Ellisras) besit en bedryf. Hy is getroud met Alma en hulle het drie volwasse kinders te wete Robert, Philip en Marijke.

Johan se verbintenis met Perskor strek via sy vader, Robert Stephen Alfred Boonzaier (links). Robert, gebore op 6 September 1933, was onder meer Die Vaderland se Oos-Randse verteenwoordiger. Hy het lewe gelaat in ‘n motorongeluk in 1961.  Hy was 28.

2.10.12

Die vrou met ink aan haar hande

ANNELIZE SLABBERT, se onderstaande artikel oor Anne-Marie Mischke is te lese op die webblad van die Fontainebleau-Gemeenskapskerk en word geplaas met erkenning en dank aan die betrokke partye.

Die naam "Anne-Marie Mischke" is nie net bekend as befaamde joernalis en adjunk-redakteur nie; as FGK-lidmaat is sy iemand wat gereeld gevra word om vir FGK se webblad ’n artikel te skryf. As 2009-ontvanger van die

1.10.12

Rika se rare stories…

WILLIE BUYS skryf: Dit is eintlik ‘n skande dat ‘n oudkollega wat duisende kilometer hiervandaan sit, by name Philip Deetlefs, ons wat hier in die besige K’rant-byenes voortzoem, daarop attent moet maak dat een van die vlytigste en vindingrykste joernaliste van die Perskor-era nog nie haar welverdiende ereplekkie in ons kolomme gekry het nie.

Ek verwys hier na die nimlike Rika van Graan wat in haar tyd ‘n

Beroemdste “off day”

Johan Esterhuizen skryf: Jammer ek kon nie vorige reunie bywoon nie. Ek bly nou in Ballito, KwaZulu-Natal. My nuwe e-pos-adres is: johanesterhuizen217@gmail.com. Ek lees lekker aan die koerantjie.

Die storie oor Gaby (motorbestuurder Gabriel) was baie goed. Ek en Pieter Kruger van die destydse Vaderland ry op 'n keer Durban toe met Gaby aan die stuur. Daar êrens in Natal vra ek vir Gaby wat het by Bloedrivier gebeur. Sonder om links of regs te kyk, of 'n oog te knip, sê Gaby so in die ry (heel ernstig): "The Zulus had an off day!"