Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Phillipa Breytenbach. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Phillipa Breytenbach. Wys alle plasings

30.9.25

Twee groot bome val in die Perskor-bos

GERT VAN ROOYEN, koerantman en akademikus, skryf: DIE afgelope maand is daar twee groot bome in die Perskor-bos gekap toe éérs Philippa Breytenbach en toe David van Rooyen oorlede is.

PHILIPPA BREYTENBACH is op 4 September aan ʼn hartdefek in Johannesburg oorlede, drie dae voor haar 90e verjaarsdag. Sy het grootgeword in Frankfort en Alberton en in die Lambton-skool in Johannebsurg matrikuleer. Ná matriek het sy ʼn diploma in joernalistiek by die destydse Witwatersrandse Kollege vir Tegniese Onderrig verwerf en in die vyftiger jare by die SAUK se musiekafdeling begin.

28.5.13

Temperament en ego’s die kunsredakteur se kruis

JOHAN LIEBENBERG EN PHILLIPPA BREYTENBACH, kunsredakteur van onderskeidelik Die Vaderland en Die Transvaler, het in April 1973 in Perskorhaan vertel wat hul werk behels.

JOHAN skryf: “Man, maar jy het darem " 'n lekker joppie! Dink net aan al die gratis kaartjies, etes, voggies, ens. wat julle kunsredakteurs kry -- ek sal nie omgee om so 'n joppie te kry nie!"

Hoe baie hoor ek nie dié woorde nie -- en soms nogal van kollegas wat beter behoort te weet en van subs wat veral (altyd?) aan die etes dink.