Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.9.18

Selfsugtige minister wou in vrede vakansie hou

THIJS NEL, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland, skryf: Die gewoel deesdae om toerisme binnelands en vanuit die buiteland te stimuleer, het iewers in die paar grys selle wat ek nog oor het, ‘n onthou-lêer nadergetrek.

Ek was gelukkig om in 1968 vir die eerste keer ‘n oorsese reis te onderneem. Ek was toe nog by Die Vaderland, maar het op die een of ander manier vir drie maande gaan vakansie hou. Eintlik om te ondersoek of ek nie dalk met ‘n sangloopbaan ‘n ander heenkome kon vind nie. Gehoorprobleme as gevolg van outo-schlerose, het egter my droom van ‘n sangloopbaan gekelder met die gevolg dat ander talente, hoofsaaklik skilder, beeldhou, pottebakkery en skryfwerk oorgeneem het.

14.9.18

Des Erasmus oorlede

Een van die groot strydrosse van die joernalistiek in Namibië is gisteroggend (Donderdag) in Swakopmund oorlede nadat hy die stryd teen kanker verloor het.

Des was ‘n legende in Namibië waar hy tot byna die laaste nog gereeld bydraes gelewer het vir Republikein waar hy dekades lank liters ink uitgeskryf het. Uit sy hand het ook ‘n aantal boeke verskyn.

Des was 81. Hy het in 1959 met sy loopbaan in die joernalistiek begin.