HOFFIE HOFFELDT, oud-joernalis van Hoofstad, doen ‘n voorstel: EK het onlangs in Heidelberg, Gauteng, vir die eerste keer ’n vergadering van die oud-soldatebeweging, die MOTHS (Memorable Order of the Tin Hats), bygewoon.
Die vergadering begin in stik duisternis met net ‘n kers wat brand ter herinnering aan Suid-Afrikaanse soldate wat in alle oorloë sedert die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Dis sluit die soldate in wat in die grensoorlog in Suidwes en Angola gesterf het.