Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.5.13

Die nuusfotograaf – geskiedenis en etiek

PHILIP DEETLEFS het ‘n storie oor persfotograwe geskryf. Toe sê Willie Buys K’rant moet ook iets “meer akademies” oor die onderwerp kry.

Toe skryf Philip: Persfotograwe of dan fotojoernaliste, is die afgelope klomp jare in ‘n hewige stryd gewikkel om hul reputasie te probeer beskerm terwyl die papparazzi en ander geldjagters met kameras nie

30.5.13

Huldeblyk aan Evert, motorfanatikus met ’n vaartbelynde spog-sportmotor

WILLIE BUYS skryf: ’n Plat-op-die aarde man, dié Evert van Niekerk, vermaarde motorskrywer van formaat, nou al 20 jaar saliger. Wat jy gesien het, is wat jy gekry het van Evert. Hy was nie hooggegeleerd nie – ek verbeel my hy was ‘n “motormack” voordat hy sy hand met groot sukses aan die motorjoernalistiek gewaag het.

Hiervan getuig sy toekenning as Motorskrywer van die Jaar, waaroor

29.5.13

God is liefte ...

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die redakteur”:

Dit was 'n bitter-bitter koue wintersdag in Julie 2003.

Nie 'n dag om buite met die elemente te baklei nie, maar eerder langs 'n kaggel met iets warm om te drink en 'n gesin vir geselskap en “liefte". Een van daardie dae waar boemelaars smag na 'n ekstra kombers, na goeie tye saam met familie én 'n lekker bord kos.  Tye voor die lang pad hulle woning geword het.

28.5.13

Temperament en ego’s die kunsredakteur se kruis

JOHAN LIEBENBERG EN PHILLIPPA BREYTENBACH, kunsredakteur van onderskeidelik Die Vaderland en Die Transvaler, het in April 1973 in Perskorhaan vertel wat hul werk behels.

JOHAN skryf: “Man, maar jy het darem " 'n lekker joppie! Dink net aan al die gratis kaartjies, etes, voggies, ens. wat julle kunsredakteurs kry -- ek sal nie omgee om so 'n joppie te kry nie!"

Hoe baie hoor ek nie dié woorde nie -- en soms nogal van kollegas wat beter behoort te weet en van subs wat veral (altyd?) aan die etes dink.

Thijs se storie gryp aan

ANDRIES BOTHA skryf: Thijs Nel se storie oor sy kunslesing aan Hermie Hendriks se studente (lees hier) het my aangegryp en behoorlik tot stilstand laat kom. Uitstekende stukkie werk, Thijs. En daai gedig!

Ek wens jy wil Afrikaanse liedjies skryf. Ons kort ‘n geestelike inspuiting in ons “baby, baby”-ledemate om ons weg te ruk uit submiddelmatigheid. Soms lyk dit asof musiek al manier is om die massas te bereik.

27.5.13

Klein galery van pyn

MARIETJIE VAN ROOYEN skryf soos volg na aanleiding van 'n berig (lees hier) verlede week oor haar betrokkendheid by die eerste Mev Suid-Afrika-wedstryd in Die Vaderland in 1970:

Dat julle nou, meer as veertig jaar later, daardie wedstryd moet opdiep!

Bulmedewerkers help K’rant bou

WILLIE BUYS skryf oor die inhoud van K’rant se afgelope paar uitgawes:

Ek weet ek is nie eintlik veronderstel om kommentaar te lewer op die inhoud van K’rant nie weens my intieme kennis van die binnewerke daarvan as mederedakteur, maar tog!

24.5.13

Wim Van Volsem skryf uit Brasilië oor oom Hermie se skool

WIM VAN VOLSEM skryf: Ek droom en dink anderdag oor die verlede en skielik is oom Hermie in my ou geroeste geheue!

En toe sien ek die volgende dag wragtig die foto en storie in? K’rant van Hermie se ‘Skool’ op my skermpie, danksy die aanstuur van ou Gerhard Kleijn.

23.5.13

In kamer 402 is sake weer normaal

DOUGLAS JONES skryf in Junie, 1970 in Hanekraai, personeelblad van die APB, oor die eerste Mev Suid-Afrika-wedstryd wat in Die Vaderland aangebied is:

 Hier in kamer 402 is sake nou weer normaal. Blonde Marietjie van Rooyen, redaksielid en organiseerder van die wedstryd, -- die enigste doring tussen ons vier rosies -- het selfs vanoggend gegroet en geglimlag.

22.5.13

Kuns en kultuur weerspieël volk se welstand

THIJS NEL was kunsredakteur toe Perskor se skool vir joernaliste in die lewe geroep is. Oom Hermie het hom ingespan om ‘n lesing te gee oor: ‘Hoekom ‘n kunsblad in ‘n koerant?’

Vreemd genoeg onthou ek daardie praatjie van my, toegelig met kleurplaatjies (slides) van allerlei artefakte om te probeer gewig gee aan my redenasie. Ek was immers altyd in die spervuur met ‘n gebrek

21.5.13

Van hartland, na ANC-bakermat

Die swart koerant, Imvo, was ook eens deel van die magtige Perskorryk.  

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, dink in sy boek “Hang die redakteur” terug aan sy dae as redakteur van dié publikasie.

20.5.13

Hoe ry die trein, die Ellisparkse trein …

PIET EBERSöHN skryf: Ten tye van die inwyding van die herboude Ellispark in 1982 het ‘n klompie van ons in ‘n huis in Lyttelton, Pretoria, net oorkant Sportpark-stasie, gewoon.

Ons kom toe op die blink gedagte om ‘n groepie geesdriftiges byeen te roep en vir die groot geleentheid per trein van Sportpark af Ellispark toe te reis. Laasgenoemde het mos ewe gerieflik sy eie stasie.

17.5.13

Landstem: K’rant onthul meer

PEET SIMONIS skryf: Lekker storie wat K’rant oor Landstem en Piet Beukes opgediep het. (Lees hier.)

Daar is darem nog 'n hele paar van ons oues wat daardie dae onthou. Landstem was destyds “geel” pers – dit beteken die koerant sou nie in die sitkamer rondlê as dominee kom huisbesoek doen nie.

16.5.13

… en Abel dril die generaal

JOE VAN BUUREN skryf: So ‘n vinnige herinnering nadat ek Andries se storie oor Abel Jones gelees het. Dit herinner aan die keer toe ek en Abel na die destydse Suidwes-Afrika is om ‘n storie te doen.

Ek kan nie mooi onthou waaroor dit gegaan het nie, maar ek meen die Weermag het ‘n groot klomp wapentuig, wat van Swapo gebuit is, aan die media getoon.

15.5.13

Kranige akteur Hauptfleisch laat huil sy Tientong-karakter

WILLIE BUYS skryf: Pieter Hauptfleisch was een van die beste Afrikaanse akteurs wat die land opgelewer het in die era van ‘n Don Leonard (komediant), Gé Korsten en Gert Potgieter (albei gewilde sangers van faam, in elkeen se eie genres van die stemkuns), Nic de Jager (radio-omroeper, fotoverhaalboekies en rolprent-held uit die tyd van regisseur/vervaardiger Elmo de Witt).

14.5.13

Dié verslag het dalk die doodsklok gelui

GERHARD BURGER skryf: Die besluit om Perskor se laaste Afrikaanse dagblad te sluit, is moontlik geneem op grond van ʼn verslag wat die laaste redakteur van Transvaler op ʼn dag aan dr Koos Buitendag oorhandig het.

Wie almal by die besluit betrokke was en of party van hulle nog lewe, kan ek nie sê nie. En of daardie verslag inderdaad die deurslag gegee

13.5.13

Vir Nagel was die spotprent toe nie meer snaaks

PIET ROODT skryf: Met dié dat die geheue nie meer so goed is nie, kom sekere herinneringe so stuk-stuk by ’n mens op.

Toe ek die ander dag weer van oom Hermie Hendriks lees, duik dié storie in my geheue op.

Die vragmotorbestuurder se naam sal ek nooit vergeet nie – Nagel. Hy

11.5.13

Sam van Dot Kruger oorlede

Sam Kruger, eggenoot van Dot Kruger (links), jare lange private sekretaresse van Marius Jooste en Koos Buitendag, is Vrydagoggend oorlede. ‘n Gedenkdiens word Vrydag, 17 Mei, om 2nm in die NG Kerk, h/v Rabie- en Republiekweg, Randburg, Johannesburg gehou. 

Vir diegene wat wil simpatiseer: Dot se eposadres is samdot@mweb.co.za en haar telefoonnommer is 011/326-3809

10.5.13

Goeie joernalis hoef nie sensasie te jag

HERMAN LE ROUX, gewese sportredakteur van Die Volksblad en Beeld, skryf: ’n Goeie joernalis hoef nie ‘n sensasiesoeker te wees nie. Dit is dalk die boodskap wat Gert Kotzé in 1965 by sy mede- rugbyskrywers wou tuisbring op ‘n uitstappie saam met Dawie de Villiers se Springbokke in Nieu-Seeland.

Die toergroep het ‘n busreis in die Suidelike Alpe onderneem en tee

9.5.13

Dick Prestwich: skets deur Len Lindeque

Len Lindeque het nie net die land met sy sketse vermaak nie.  In menige huis van sy oud-kollegas is daar vandag nog 'n skets of twee wat Len van hulle gemaak het.

Die een hieronder kom uit Perskorhaan van Mei 1974.

Dick Prestwich was 'n fotograaf by onder meer Die Vaderland.

Bruce leer Sipke sy eerste koerantles

SIPKE DE VRIES, eertydse verslaggewer en fotograaf van Die Transvaler, Die Vaderland en The Citizen, skryf: Soos ek al die nostalgiese verhale lees, geskryf deur helde en heldinne van weleer, lewer ek hiermee ook 'n bydrae. Dit gaan egter minder oor Die Transvaler/Die Vaderland-bedrywe waar ek nooit tuis gevoel het nie, maar liewer oor my oorlede vriend, Bruce Taylor.

8.5.13

Rika kry Rover en ruiker

RIKA VAN GRAAN skryf: Ruikers vir suksesvolie stories het ek nogal baie gekry. ‘n Berig oor Niek van Klaveren en sy Rover was maar een van my suksesstories.

Niek, ’n grafiese kunstenaar, het een nag wakker geword van 'n geritsel voor sy kamervenster by sy huis in Eastleigh naby Edenvale.

7.5.13

Geluk, K'rant

K'rant is vandag een jaar oud.

Geluk, Krant. Mag jy nog baie stories vir ons vertel en ou vriendskappe laat herleef.

Dankie aan al die bydraers tot K'rant se sukses.

Le Roux stel ’n moordlys op

JOHAN (ESSIE) ESTERHUIZEN, gewese spoertredakteur van The Citizen en sportverslaggewer van Die Transvaler en Rapport, skryf: Ek lees lekker aan die K’rant-stories en dié oor Le Roux Terblanche het my nogal laat terugdink.

Daar in die jare tagtig was Le Roux in 'n stadium The Citizen se sportsub.

6.5.13

Toe wys ek David waar die wortels begrawe lê

PHILIP DEETLEFS skryf: As ek uit my Perskor-dae fotograaf dink, kom daar ‘n klompie herinneringe op.

Toe ek by Die Transvaler begin werk het, is die verslaggewers aangemoedig om ‘n eie kamera te kry en self foto’s te neem en ek sou raai dis om die salaris van nog ‘n heeltydse fotograaf te kon spaar. Vakbonde (in die Afrikaanse perswese) het toe nog nie bestaan nie.

3.5.13

Wakker Dawid se sielkunde fnuik AWB

JOHAN SMIT, oudredaksielid van DT, skryf: In die laat jare tagtig was ek lid van die politieke redaksie van DT saam met Jean Oosthuizen. Jean het die parlementêre stories gedek en ek al die res.Van stadsraadsake tot my gunsteling: oom Eugene Terreblanché en sy AWB-manne.

Dit was werklik ‘n “dial a quote”-geval. Veral as dit komkommertyd is,

2.5.13

’n Skinkbord bier vir die Vegkop-harlekyne

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die nagkantoormanne het gewoonlik kort voor Vegkop se sluitingstyd by die geroesemoes aangesluit. Vernon Marais het ‘n dubbele whisky gedrink en ‘n sigaartjie gerook, terwyl die res met ‘n bier ontspan het. Almal wou gewoonlik net twee biere drink en ons het losweg boek gehou van wie vir ‘n ronde betaal het sodat iemand anders die volgende aand kan betaal.