Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Marius du Plooy. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Marius du Plooy. Wys alle plasings

7.1.20

R300 miljoen se "scoop"

MARIUS DU PLOOY skryf: Ek waarborg nie dat ek alles 100% onthou soos dit was nie. Dit was Maart 1978 toe ek die Sondagoggend by Die Transvaler ‘n oproep van ‘n informant kry. (Dit klink altyd so belangrik om van "my informant" te praat. So asof ek êrens uit ‘n James Bond-fliek kom.)

Hy vertel my toe dat daar ‘n reuse-diamantontdek is by die Premiermyn noord van Pretoria, maar dat niemand ‘n woord daaroor rep nie.

11.2.15

Ongerieflike nuuswaardigheid lei tot rooi gesig

MARIUS DU PLOOY skryf: Soveel van die toentertydse stories en gebeure skakel mens se nostalgiese reseptore aan, maar ongelukkig ook 'n paar wat dalk afgeskakel moes bly.

Hoewel my heeltydse Perskortyd maar kort was, het dit ‘n stewige grondslag gevorm van my mens-, media- en PR-begrip vir die jare daarna. Een van die lesse was dat mens baie meer moet stilbly en meer luister.

9.6.12

Ai, dit onthou so lekker… !

MARIUS DU PLOOY, Die Transvaler-man in die jare sewentig, laat die gedagtes ver teruggaan.

Dis so lekker om weer jonk te kan voel saam met die jong onthoue.

As student op die Goudstadse Onderwyskollege het ek vir Die Transvaler