FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Die Transvaler het benewens sy joernaliste en fotograwe op ‘n string medewerkers en korrespondente staat gemaak om die nuusnet so wyd moontlik te gooi. Een van hulle, Otto Krause, was ‘n politieke skakelman wat sakemanne op die hoogte van politieke verwikkelinge gehou het en hoe dit hulle ondernemings kan raak.