
‘n Personeelman moes toe die boodskap aan sy vrou oordra. Hy’t aan die deur geklop en met ‘n begrafnisgesig gesê: “Mevrou, ek is verskriklik jammer om u mee te deel u man het vandag in die KWV se kelder in ‘n wynvat verdrink.”
Sy’t in trane uitgebars en toe snikkend geantwoord: “Ek hoop nie hy het te erg gely nie.”
Personeelman: “Ek glo nie, mevrou, want hy’t drie keer uitgeklim om toilet toe te gaan.”