Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Jan Hoeksema. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jan Hoeksema. Wys alle plasings

26.11.14

Die Hollander met die hoekige van

HANLIE-SWANEPOEL VORNBERG skryf: Omdat ek Jasper Schellingerhout se stories so geniet, het ek in sy "verlede" gaan delf, na ou foto's gekyk en toe besef ons was wraggies ´n paar maande lank bure in Linden.

Ek en Richard, my man, het pas voor die geboorte van ons eerste kind by die Katberg-woonstelle ingetrek en die Schellingerhouts het ´n kort rukkie reg langs ons gewoon.

Daarna is hulle weg en het Pierre Oosthuizen, fotograaf by Die Vaderland, hulle woonstel oorgeneem.

8.6.12

Vrugtelose sending

PIET EBERSÖHN skryf: Wyle Mike van Niekerk het dié een jare gelede vertel. Jan Hoeksema (eweneens saliger) was in die jare sewentig Die Vaderland en later Die Transvaler se hofverslaggewer belas met die hooggeregshowe. Op ’n dag is hy in die Pretoriase Hooggeregshof om die een of ander sensasionele hofsaak te dek.

Toe die dag se verrigtinge verby is, word ’n drywer (askies, oom Engel, maar ’n paar geslagte joernaliste sal nie verstaan as ons sê motorbestuurder nie) uit Johannesburg gestuur om hom te gaan haal. ’n Uur of wat later is die man onverrigtersake terug in Doornfontein. „Nee, meneer, ek kry nie die oumiesies nie.”

• Dié storie was ook ‘n gunsteling-vertelling van André Verster van Die Vaderland.