Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Rika van Graan. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Rika van Graan. Wys alle plasings

18.3.15

Rika onthou haar dae as DT se krieketnooi

RIKA VAN GRAAN skryf: Julle jonges het my leer ken as misdaadverslaggewer en in die plattelandse redaksie by Die Transvaler. Ek dink in daardie stadium het ek ook nog die eiendomsbylae vir elke naweek versorg.

Maar dit was nie al nie! Twee maande nadat ek by DT begin werk het, was ek die koerant se krieketnooi! Dit was darem nie 'n skoonheidskompetisie nie!

Mnr Carel Nöffke, destyds die hoofredakteur, het geweet van my voorliefde vir sport. Ek het eers elke dag my draagbare radio saamgeneem kantoor toe om die krieket te luister. Dit het die hoofredaksie op die ingewing gebring om 'n inligtingsdiens aan ons lesers te bied. Onthou daar was nog nie televisie nie.

17.4.14

Opgewonde suster verklap toe scoop

RIKA VAN GRAAN skryf: Vroegaand bel ‘n Oos-Randse ambulansman. ‘n Jong spoorwegpolisieman het homself in die kop geskiet omdat sy meisie hom afgesê het. Hy is op masjiene in die hospitaal. Ek het sy naam by hulle gekry en die storie begin opvolg.

By sy spoorweghostel het ek van sy vriende opgespoor en die agtergrond van die gebeure gekry. Toe bel ek die hospitaal en die saal

3.4.14

Die Ope Vraag nr 3: Wat is jou mening van K'rant?

PHILIP DEETLEFS skryf: Hierdie hoofstuk van die Ope Vraag se vraag is sommer gemik op navorsing en om die koorspen bietjie in eie boesem te steek om te sien hoe gesond sake by K'rant werklik is. Ons sal julle diagnose erg waardeer en die leiding ter harte neem.

Vandag se vraag is: Wat is jou mening van K'rant? Wat sou jy in K'rant verander, sê hoe en waarmee, maw wat sou jy nog graag in K'rant wou sien?

27.2.14

Dié slag hét die Peugeot gebrand!

RIKA VAN GRAAN skryf: Toe ek Philip Deetlefs se storie oor die stukkende Peugeot lees, het my gedagtes teruggegaan na die dag toe ek en Jacques Bosch ‘n storie op Schweizer-Reneke moes gaan doen en die kar se enjin aan die brand geslaan het.

Laat ons by die begin begin. Ek was die naweek by my ouers op die plaas toe ‘n ou skoolvriendin se drie kleuters die Sondagoggend op Wolmaransstad in hul kamer versmoor het.

4.10.13

Hans verras Rika in Luanda

RIKA VAN GRAAN skryf: Dis met weemoed dat ek Hans Lombard se stories gelees het. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan my vriendskap met hom 1972. ’n Ware en beter vriend kon geen mens voor vra nie!

Toe Marius Jooste besluit het om my Engeland toe te stuur vir mediese ondersoeke by Newcastle-on-Tyne was dit Hans wat my bearbei het

8.5.13

Rika kry Rover en ruiker

RIKA VAN GRAAN skryf: Ruikers vir suksesvolie stories het ek nogal baie gekry. ‘n Berig oor Niek van Klaveren en sy Rover was maar een van my suksesstories.

Niek, ’n grafiese kunstenaar, het een nag wakker geword van 'n geritsel voor sy kamervenster by sy huis in Eastleigh naby Edenvale.

13.3.13

Noue ontkoming met kaptein Dawie se Peugeot

RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf: Baie jong joernaliste is nie deur die meule van weleer nie!

Op 2 Januarie 1970 het ek saam met vier kollegas by DT begin werk. Vier van ons, Koos Roelofse, Piet Coetzer, Marieta Coetzee en ek was van die Puk af en Ona Lombard (later Viljoen) was van Tukkies af.

14.2.13

Rika doen baanbrekerswerk aan die misdaadfront

RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf sy was een van die eerste twee vroue wat misdaad by nasionale koerante geskryf het. Die ander vrou was Rosemary Northcott van die Rand Daily Mail. Hulle het later saam by The Citizen gewerk.

Ek het 26 jaar lank in Johannesburg oor misdaad, rampe, die

8.2.13

Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees


Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.

Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.

18.1.13

Dokter oorsee kyk na my spiere

RIKA VAN GRAAN, eertydse knap rolstoel-misdaadverslaggewer van Die Transvaler, het Maandag in K’rant vertel hoe dit met haar gaan. Klik HIER om dit te lees. In Maart 1973 het sy in Perskorhaan vertel van haar ervarings in Engeland, nadat sy op Perskor se onkoste daarheen is sodat van die beste neuroloë kon vas te stel wat die oorsaak van haar gestremdheid is.

14.1.13

Skoonmaker se wantrouestem maak opslae


RIKA VAN GRAAN, vroeër van Die Transvaler en wat uit haar rolstoel een van die land se knapste misdaadverslaggewers was, skryf: Ai, dit is te lekker om van julle te hoor en te lees! Ek het gesien ’n paar oudkollegas wonder oor my.

(Links: foto onlangs van Rika ontvang.  Regs: Rika in Maart 1973.)

18.10.12

Moenie K’rant met jul lekkerhede snoep nie

Piet Ebersöhn skryf: Ek wonder soms of dit net ek is wat so ’n norring lekkerhede in my koerantdae ervaar het en of dit net ek is wat so voorbarig is om daardie oomblikke met K’rant-lesers te deel, maar nouliks verskyn ’n storie of dit laat my gedagtes langs ver paaie dwaal en loop iewers ’n goue herinnering raak. Dat die eerste moontlikheid waar is, kan ek nie werklik glo nie, maar hoekom vertel julle ander dan nie ook van julle s’n nie. As die tweede moontlikheid reg is, moet ek seker my snater hou voor Frik van der

11.10.12

Rika tot in Karoo-kroeg ‘raakgeloop’

ARINA BOHLER (voorheen de Kock) skryf: Dankie aan Philip wat Rika van Graan in herinnering geroep het. Ons het baie in haar kantoor vergader en gelag. Ek onthou hoe Len Lindeque spontaan 'n skets van my gemaak het met 'n groot groottoon en die wurm wat sê Arrie-nee – hy het gesê 'n tekenaar aksensueer ongewone trekke. Eish, ek kan jou verseker my groottoon het nooit aandag getrek nie, tot toe! Hy het ook vir my dogter, Narnia, (toe 2-jaar-oud) 'n skets gemaak van 'n dogtertjie op 'n driewiel,

1.10.12

Rika se rare stories…

WILLIE BUYS skryf: Dit is eintlik ‘n skande dat ‘n oudkollega wat duisende kilometer hiervandaan sit, by name Philip Deetlefs, ons wat hier in die besige K’rant-byenes voortzoem, daarop attent moet maak dat een van die vlytigste en vindingrykste joernaliste van die Perskor-era nog nie haar welverdiende ereplekkie in ons kolomme gekry het nie.

Ek verwys hier na die nimlike Rika van Graan wat in haar tyd ‘n

27.9.12

Rika het hardekwas-polisiemanne om haar pinkie gedraai

PHILIP DEETLEFS skryf: Om so ‘n effense kinkel in jou kabel te hê, kan voordelig wees om die joernalistiek prettig en opwindend te maak. Ek verstout my om te sê dat die grootste gros van ons wat by Perskor gewerk het, dalk op dié manier gestrem was/is met so ‘n kinkeltjie iewers in die kabel. Ek sê dit met groot respek en as iemand wie se kinkel eintlik niks minder as ‘n vervlakste kraaines is nie.