Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Raymond Dicker. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Raymond Dicker. Wys alle plasings

22.4.14

Fotodag 26: Reünie, 2014

Piet Pille was daar en Jacques Bosch, Hannes de Wet, Carla, Harald, Herman, Hans, Gert van Tonder, Koos Botha en Frikkie, Jakkie en Marie, Joe, Alita, Piet Ebersöhn, Somarie, Foeta, De Wet, Raymond, Carénè en nog 'n klomp ander.

Die geleentheid was  vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers op Sondag, 30 Maart 2014 by 'n restaurant in Wilgeheuwel, Johannesburg. 'n Vorige storie van Peet Simonis oor die byeenkoms is HIER.

25.4.13

‘Hoenderhok’ open nuwe loopbaan

RAYMOND DICKER skryf: Na aanleiding van Willie Buys en Andries Botha se artikel oor Gert Hattingh: Ek het destyds net ná Gert van Groenkloof by Krokodildrif-Wes af getrek het 'n ou opvouwoonwa se onderstel by hom gekry. Ek het die ding op sy plaas gaan haal en huis toe geneem. Ons bediende het my so ewe gevra of ek dit gaan gebruik om 'n hoenderhok te maak.

27.2.13

Roepradio’s, kafees, landlyne en motorfietse – was daar maar selfone!

Voor die koms van die digitale tydperk het joernaliste feitlik in ‘n “primitiewe wêreld” gewerk wat betref kontak tussen hulle en die koerant se nuustafel as nuus en foto’s nog die voorblaaie wil haal.

Hier is 'n paar vertellings.

13.2.13

Raymond maak sy merk met Bassey se hande

RAYMOND DICKER, gewese fotograaf van Hoofstad en Die Transvaler, skryf: Die stuk deur PG du Plessis oor koerantmanwees (klik hier om te lees) het my teruggevoer na my beginnerdae by Hoofstad.

Ek het in Maart, April 1982 as advertensiefotograaf by dié koerant begin werk. Behalwe vir Hoofstad moes ek ook vir die strooikoerante,