Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Stella Niemand. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Stella Niemand. Wys alle plasings

25.1.21

Stella Niemand tree uit

K’rant se redaksie het met ‘n derde verminder. Stella Niemand het aangekondig dat sy as taalversorger van K’rant gaan uittree. 

Ons is Stella diep dankbaar vir die jare se getroue diens wat sy verrig het om K’rant ‘n suiwer Afrikaanse publikasie te hou. 

Stella was en is ‘n taalpuris en het haar voortdurend op die hoogte gehou met die evolusie van ons taal. 

Ons wens jou alles van die heel beste toe vir jou welverdiende aftrede, Stella.  Weer eens BAIE DANKIE! -- Redakteur.

14.2.18

K’rant se taalversorger skouer-af

As ons lesers vorentoe ontdek dat daar ‘n taalfoutjie iewers oorgesien is, moenie bevrees wees nie.

K’rant se getroue taalversorger, Stella Niemand (links) is vir ‘n paar maande met siekteverlof met twee skoueroperasies wat vir haar voorlê. Ná die operasies mag sy vir ‘n paar maande nie haar hand aan ‘n rekenaar sit nie.

(Ons wens jou voorspoed toe en ‘n spoedige herstel met die operasies, Stella! – Red.)

17.3.14

Fotodag 22: Neil Diamond in Dittonlaan

STELLA NIEMAND skryf: Wie onthou nog die dag toe Neil Diamond 'n draai in die berugte Dittonlaan 10, Aucklandpark, gemaak het? Daar was wel diegene wat sou sweer dis eintlik Gert van Rooyen, 'n kollega, maar hulle weet nie wat hulle misgeloop het nie!

Vir die oningewydes: 'n hele klompie van DT se jongklomp het in die jare sewentig by die adres gewoon en baie gedenkwaardige (ook minder gedenkwaardige) dinge het daar gebeur.

8.2.13

Vasberade ABJ wou niks anders as joernalis wees


Verwysings na wyle ANDRÉ PIENAAR, eertydse finansiële en sportsub en -skrywer van Die Transvaler, en later nuusredakteur van Die Vaderland, het ‘n klompie oudkollegas se gedagtes op ver paaie laat gaan.

Klik hier om 'n vorige berig oor hom te lees.

17.1.13

K’rant kry subredakteur

K’rant het nog ‘n aanwins tot sy redaksie gekry.

Stella Niemand (née Fouché) sal voortaan K’rant se subredakteur wees. ‘n Meer geskikte persoon kon K’rant nouliks voor wens. Buiten dat sy meer as ‘n dekade lank joernalis was, was sy voor haar aftrede 15 jaar lank ‘n taalpraktisyn by ‘n groot versekerings- en finansiëledienstemaatskappy. Boonop, sê sy, help sy “met liefde”.

15.11.12

Fisiek is nie fisies nie

Stella Niemand skryf: As gewese sub wil ek julle eerstens gelukwens met die goeie en korrekte taalgebruik in K’rant. Dit is in baie opsigte beter as die taal wat ek daagliks in Beeld en Sondae in Rapport lees. Soms wonder ek of

6.8.12

Gert moes minister "help" toe Biko sterf

Piet Ebersöhn en Stella Niemand skryf: DIS selde dat ’n minister ’n joernalis om raad vra. Hulle skryf koerantmanne eerder voor.

Maar met die swart aktivis Steve Biko se dood in aanhouding in 1977, gebeurde wat wêreldwyd weerklank gevind het, het die destydse minister van polisie, justisie

1.8.12

Avontuur in Botswana

Stella Niemand
STELLA NIEMAND skryf: OP 11 Julie vanjaar het ek en Cobus die lááng pad aangedurf om by ons dierbare vriende van dekades lank, Blackie en Norman Chandler, te gaan kuier op Maun, doer bo in Botswana. Ons het met die Serowe-pad soheen gery en met die Transkalahari terug.

Dié van julle wat Botswana ken, weet dis nie kinderspeletjies om daar te kom nie. Jy moet die hele tyd katvoet op die pad wees met die alewige slaggate en letterlik honderde beeste, bokke, donkies en skape wat gedurig herderloos oor die pad beweeg en soms sommer net daar staan om sout uit die slaggate van die Kalahari te lek.