Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

26.2.20

Carl Köhler oorlede

CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, is Donderdag in die Hospitium in Houghton, Johannesburg oorlede. Hy het pankreaskanker gehad. Carl was 82.

Een van Carl se hoogtepunte in sy loopbaan was in 1973 toe hy die boksgeveg tussen Pierre Fourie en Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel in Albuquerque, New Mexico, VSA bygewoon het. ‘n Vertelling van hom is HIER.

Winnie, Carl se vrou, vertel dat hy baie danig was oor die feit dat hy reeds ‘n oupagrootjie van ‘n tweejarige dogtertjie was.

25.2.20

K’rant se millennium-uitgawe net om die draai!

JAPIE BOSCH skryf: Byna agt jaar gelede (op 7 Mei 2012) was ‘n storie van Philip Deetlefs die eerste een wat in K’rant verskyn het. Vandag vat-vat ons aan 1 000 stories. Hierdie is storie nommer 998.

Die onstaan van K'rant het binne enkele dae soos 'n veldbrand versprei. Oudkollegas het gretig deelgeneem. Op vier na het ons in die eerste drie jaar nie minder nie as 800 stories ontvang. In die vyf jaar daarna het nog amper 200 ons bereik.

14.2.20

Pers-ID van toentertyd

FRANS WESSELS (Jr) skryf: Vanoggend verskyn daar n pop-up op my rekenaar ... daar is weer 'n storie in K’rant geplaas!

Frans Wessels
Bienkie Wessels
Ek het vining gaan loer, sien die berig oor die reunie, lees natuurlik die ouer stories ook, en sien toe die versoek op 11.11.2019 vir nog 14 stories om die millennium kerf te haal.

Ek was nie self by Perskor nie, maar het deur my ouers, Frans en Bienkie, Perskor baie goed leer ken; aldus my belangstelling in K’rant.

Oor die jare het ek baie stories gesien met name uit vanmelewe se dae; mense wat ek destyds goed geken het en met wie ons baie ondervindinge saam meegemaak het.

12.2.20

Reünie 2020: geborg deur Dagbreektrust

Dis weer tyd vir ons jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens).

Margaret 
Lombard
Margaret Lombard het besluit om die tuig as komiteelid neer te lê. Ons bedank haar vir haar werk met ons finansies en skakeling met die restourant.

Madelaine Page het ingestem om by die komitee aan te sluit. Die komitee, onder leiding van ons voorsitter Harald Pakendorf, en bygestaan deur sy gade Aletta, Louise Blake en Madelaine Page, het besluit om die funksie weer by die Irish Rock-restourant te hou.