Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Gerhard Burger. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gerhard Burger. Wys alle plasings

13.2.23

Toe ‘sirkulasies’ nog miljoene beloop het

GERHARD BURGER skryf: KOERANTE en tydskrifte spog nie meer met verkoopsyfers nie. Om heel begryplike redes ook. 

Die aand toe die Grootste Afrikaanse Koerant ter Wêreld ʼn fees der feeste gehou het om die verkope van ʼn halfmiljoen eksemplare op een Sondag te vier, is ʼn mooi baken langs die pad van SA joernalistiek. 

 ʼn Engelstalige koerant het op ʼn kol op die verkope van 750 000 aanspraak gemaak en ʼn paar jaar gelede het heelparty SA dagblaaie nog gereeld indrukwekkende “sirkulasiesyfers” op hul voorblaaie aangekondig. 

Almal weet wat sedertdien gebeur het. Deesdae moet ʼn mens weet waar om te gaan soek om die getalle te bekom. 

17.8.22

Skattejag op Graaff-Reinet

GERHARD BURGER skryf: Partykeer slaan die déjà vu ʼn mens mos doef! teen die voorkop. Selfs byna 60 jaar nadat jy ʼn belewenis gehad het wat jy lankal vergeet het. En nou onthou jy dit asof dit verlede week was.

So ʼn ruk gelede gebeur dit weer hier in die Baai toe die Volksie aandag nodig het. Maar eers ʼn stukkie agtergrond. 

Ek het mos ʼn ruk by Die Oosterlig gewerk voordat die APB in sy begroting ruimte geskep het om my Vaderland toe te lok. Teen R90 per maand, met die vooruitsig van tot R20 ekstra as ek soms vir Dagbreek ook werk. 

26.5.22

Oorlog is oorlog

GERHARD BURGER skryf: Ek het hierdie paar uitgawes van Die Vaderland, en nog 'n dosyn of twee, onlangs by Colonial Antiques in Noordeinde, Port Elizabeth, gekoop. 

Die voorblad van elkeen van dié ou koerante word deur verslae en foto's van die Tweede Wêreldoorlog oorheers. 

My eerste reaksie was om te wonder hoe die koerant, as hy nou nog bestaan het, die oorlog in Oekraïne sou gedek het. 

6.8.21

Illustreerdres was flippen bekwaam

GERHARD BURGER skryf: Flip het ook ʼn verhaal in Die Huisgenoot van 18 Februarie 1966 geillustreer – dieselfde uitgawe waarin ek my debuut as fiksieskrywer gemaak het, met ’n roerende en amateuragtige storie, Die Eerste Steen.

Een van die ander verhale is deur ene Henk geïllustreer. Ook sy van word nie genoem nie. My storie is met ʼn ware kunswerk deur die voortreflike F Lategan versier en met ʼn tjek van R50 beloon. Wie Flip en Henk was, weet ek nie, maar albei was myns insiens baie bekwaam.

12.2.19

Sportredakteur Phil Zaayman oorlede

PHIL ZAAYMAN, ʼn voormalige sportredakteur van Rapport, is Maandagoggend vroeg op Hermanus oorlede. Hy was 78 jaar oud.

As rugby- en boksskrywer was Phil een van die bekendste sportjoernaliste in Suid-Afrika. Hy was die afgelope maande siek en is in ʼn sorgeenheid naby hul huis oorlede. Hy laat sy vrou, Louise, en twee kinders, Phil Jr en Liezel, na. Die foto’s hieronder van Phil het ons op Facebook raakgeloop wat Wessel Oosthuizen geplaas het. Hy het menige keer Phil op sportbyeenkomste as fotograaf vergesel.

24.4.17

Ken iemand hom?

GERHARD BURGER skryf uit Brisbane waar hy by sy dogter, Adele, kuier: Ek vermoed die ou het saam met ons gewerk of was saam met my op skool.

Maar hy het geen teken getoon dat hy my ken nie. Toe neem Adele maar 'n foto, ingeval een van julle hom herken.

Dalk is hy nog familie ook.

14.3.16

Vier rugbyspioene skrum ná 40 jaar saam

Vier veterane het nou die dag vir ʼn foto langs mekaar gaan sit, van links na regs, in dieselfde volgorde as op ʼn foto wat veertig jaar tevore in Nieu-Seeland geneem is. Dit was nogal ʼn heuglike geleentheid toe John du Toit, Wessel Oosthuizen, Herman le Roux en Gerhard Burger op John se plasie by Eikenhof, suid van Johannesburg, byeengekom het.

Die vier, wat verskeie internasionale toere saam meegemaak het, het ewe besadig ʼn wyntjie gedrink en toe saam met John se vrou, Colleen, en hul dogter Elmarie ʼn middagete geniet waaroor ʼn tydskrif-artikel geskryf kan word.

2.2.16

Wie onthou vandag 26 jaar gelede?

GERHARD BURGER het die redaksie daaraan herinner dat dit vandag in 1990 was toe oud-president FW de Klerk sy opspraakwekkende toespraak tydens die opening van die parlement gehou het en wat die einde van apartheid beteken het.

Gerhard wil weet wie van K'rant se lesers kan onthou waar hy daardie dag was en wat sy joernalistieke betrokkenheid was, indien enige? Ons sien uit na julle herinneringe. -- Red.

4.5.15

Kolskoot-foto van Perskor-man

GERHARD BURGER was nie net een van Suid-Afrika se beste sportredakteurs en ‘n knap redakteur van Transvaler nie. Hy het ook ‘n aanvoeling vir militêre bedrywighede.

Die Queen Mary 2 het onlangs by Port Elizabeth, waar Gerhard woon, aangedoen.By Fort Frederick het hy onderstaande bedreiging vir die Britse seevaarders raakgeloop en sy kamera uitgehaal. ‘n Mens weet nooit wat kon gebeur het nie en dan het hy “scoop”-foto's soos min gehad.

23.10.14

Martie se Rooi Rose

GERHARD BURGER skryf: Op ʼn goor dag kan jy een van twee dinge doen: gaan busry of in ʼn winkel vol tweedehandse boeke gaan speel.

Port Elizabeth se busdiens is nie aan te beveel nie. Maar hier is darem twee boekwinkels waar ʼn mens maklik ʼn hele dag kan deurbring as die dors jou nie oorval nie.

Dit is hoe dit gebeur het dat daar nou tussen al die goeters in hierdie klein kraamsaal (ander mense het studeerkamers) ʼn uitgawe van Rooi Rose lê: Woensdag 19 Mei 1971. Die redaktrise was Martie Snyman, wat ʼn nogal lywige stuk oor haar dogter se kleresmaak geskryf het.

1.10.14

Gerhard is hoof van Bienkie se bewonderaarsklub

Die blote feit dat Bienkie Wessels van haar laat hoor het en dan nog op so 'n heerlike lekkerlees manier, het nie net K'rant se redaksie beïndruk nie.

GERHARD BURGER skryf: Bliksem! Daardie Bienkie Wessels kán skryf. Van kleins af. Nou nog. Laat weet haar ek is steeds hoofkommandant van haar fan club. Nog al die jare. (Jy het 'n vrag mededingers Gerhard - Red.)

12.6.14

Bekendes en beroemdes het saam met ons gewerk

GERHARD BURGER skryf: Ja, dit was nogal ʼn ding; die slag toe ek en JR Ewing mekaar in Londen raakgeloop het. Die Engelse het hom Larry Hagman genoem, maar ek het sommer van ou JR gepraat - dis mos hoe ons hom geken het.

Eintlik het ons mekaar nie werklik raakgeloop en gegroet nie. Hy het toevallig in ʼn swart motor voor ʼn hotel stilgehou toe ek verbystap. Lekker hardegat ook. Hy’t nie eens teruggewaai nie. Hy en sy vrou, wat ʼn mens nie juis as mooi kan uitskel nie.

9.6.14

Gerhard praat met 'n wêreldrekordhouer

Daardie baadjie met die fênsie lapelle was al so vier of vyf jaar uit die mode toe Gerhard Burger ‘n onderhoud met Sydney Maree gevoer het. Hulle het in Rosebank, Johannesburg, gesels gedurende die jare toe Maree een van die beste middelafstand-atlete ter wêreld en Gerhard ‘n sportredakteur by Die Vaderland was.

Maree, wat op Cullinan gebore is, het in 1983 die wêreldrekord oortref toe hy die 1500-meter in 3 minute 31,24 sekondes gehardloop het. Hy het die afstand later in 3:29,77 afgelê – ‘n Amerikaanse rekord wat van 1985 tot 2005 gestaan het. (Video HIER.) Hy het die myl in 3:48,83 gehardloop, die eerste Fith Avenue Mile in New York  in 3:47,52 gewen, die VSA in 1987 by die wêreldkampioenskap verteenwoordig en ook as veldloper uitgeblink. Oor die tronkstraf wat hy ná sy terugkeer na Suid-Afrika uitgedien het, sê Gerhard: “Kom ons los dit eerder. Hy was ‘n ongelooflike atleet op wie ons baie trots behoort te wees.” (Foto en byskrif ingestuur deur Gerhard Burger.) 
 

3.6.14

Hier's Ona!

Iemand het onlangs gevra wat van Ona Viljoen geword  het. Wel, sy bevind haar steeds in die Baai,waar sy na jare by die  Wolraad afgetree het, met seker 'n paar duisend radio-verslae van die  wolveilings agter haar naam. Maar sy bly bedrywig. Sy behartig steeds  die Wolraad se elektroniese nuusbrief en het onlangs haar kennis en  kontakte aangewend om Gerhard Burger se kleinkinders uit Australië te  gaan wys hoe die wol in Port Elizabeth gesorteer word. Soos almal kan  sien, dra Ona haar jare veel beter as Gerhard. (Foto en byskrif ontvang van Gerhard Burger. -- Red.

25.2.14

The little girl that God sent

GERHARD BURGER het meegaande stukkie wat hy vir sy vrou, Sandra, se gedenkdiens geskryf het, vir publikasie aan K’rant beskikbaar gestel:

And so, on the umpteenth day, God created a special little girl and sent her down to earth to spread love and happiness all over.

She arrived in the spring of 1946, in October – die mooiste, mooiste maand –

16.2.14

Sandra Burger: die reëlings

GERHARD BURGER het die volgende reëlings bekend gemaak ná die afsterwe van sy vrou, Sandra.

Private verassing: Maandag of Dinsdag.
(Gerhard, die dogters en die predikant sal daar wees.)

Gedenkdiens: Woensdag, 14:00 in die Centenary Methodist Church, Edwardstraat, Richmond Hill, Port Elizabeth.

14.2.14

† Sandra Burger oorlede

Gerhard en Sandra Burger.  
(Foto: 'n Ruk terug geneem deur Herman le Roux.)
GERHARD BURGER, gewese redakteur van Transvaler, se vrou, Sandra, is vanoggend ná ‘n lang siekbed aan kanker oorlede.

Hulle woon die afgelope klompie jare in Port Elizabeth. Sandra was 67 jaar oud. Sy en Gerhard was 45 jaar getroud.

Die egpaar het twee dogters, Louise Burger, wat in Johannesburg woon en Adele Londt in Australië, wat twee kinders, Jarred en Amber, het.

Die begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.


13.1.14

Fotodag 16: Boet en boet?

GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.

Elke Maandag is fotodag in K'rant.

Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe

6.11.13

Weduwees as roofdiere beskou

GERHARD BURGER het ná Jasper Schelleringhout se uittreksels uit Kort en Goed van November 1942 in sy eie boekrak gaan krap en op iets afgekom: Wat elke weduwee behoort te weet.

Dit was die treffende opskrif van ʼn artikel in Desember 1941 se uitgawe van Kort en Goed, ofte wel K en G.

23.9.13

Fotodag 4: As jy vrou vat, vier jy dit

Toe GERHARD BURGER in Oktober 1967 in Port Elizabeth gaan verloof raak het, het die manne van Die Vaderland se kantoor in Pretoria 'n verskoning gehad om 'n ligte geselligheid te hou; onder aanvoering van André Verster.

Buiten die foto's hieronder het Gerhard laat weet dat verskeie "informele foto's"ook geneem is. Hulle word diep in sy trommel