SANTIE LEMMER het ons 'n bietjie van Christo se agtergrond vertel. Christo was 65 jaar oud toe hy verlede Saterdag oorlede is. Hy is gebore in Grootfontein, Namibië en het in 1970 aan Hoërskool Otjiwarongo gematrikuleer.
In Windhoek het hy by Die Suidwester, Die Suidwes-Afrikaner en die Windhoek Advertiser gewerk.
Hy het in Mei 1976 by Die Transvaler ingeval tot Februare 1983 toe die koerant toegemaak het. Christo het van Maart 1983 by Die Vaderland tot sy sluiting in Maart 1993 gewerk.
Ná dit was hy vir ‘n paar jaar by MultiChoice en daarna by Beeld van Januarie 1998 tot September 2003. Christo het in Februarie 2010 by The Citizen afgetree.
Hy het net een suster van sy familie wat nog leef. Christo word oorleef deur sy vrou Santie, een seun, een dogter en een kleinseun. ‘n Kleindogter is op pad.
Wys tans plasings met die etiket Christo Lemmer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Christo Lemmer. Wys alle plasings
31.1.19
Christo Lemmer na lang siekbed oorlede
CHRISTO LEMMER, bekende sportskrywer by Die Transvaler asook Die Vaderland is Saterdagoggend na ‘n lang siekbed oorlede, het Gerhard Burger laat weet.Hy het in November verlede jaar ‘n hartaanval gehad en is Saterdag dood aan ‘n longinfeksie.
Sy vrou Santie het laat weet dat ‘n diens Vrydag om 10:00 in die NG Kerk Krugersdorp-Oos gehou sal word. Santie kan per SMS bereik word by 082 211 5250.
Teken in op:
Plasings (Atom)