Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.9.15

Kom ons leer Russies praat


André du Toit
ESTELLE DE BRUYN skryf: Die assistent-redakteur van Die Vaderland toe ek in1981-1982 daar gewerk het, was André du Toit. Hy het eendag vertel dat hy Russies leer.

Hoekom? wou ons weet. Ai ai ai, verduidelik hy aan ons groot-oog jong joernalissies: "As die kommuniste hier oorneem, en die Russe kom, gaan ek die ou wees wat hulle wys waar die kafeteria en die toilette is!"