PHILIP DEETLEFS skryf: Die Sapa-berig hieronder is die laaste een ooit. K'rant se redaksie het dit goedgedink om die berig verbatim te plaas nadat Sapa sy ligte Dinsdag om middernag vir oulaas afgeskakel het. Saam met Gerhard Burger (e-pos onder) sê ons namens al die oud-Perskormense dankie aan Sapa vir die getroue diens wat oor al die jare so mildelik aan intekenare gebied is.In hierdie Sapa-berig word twee van ons Perskor-kollegas genoem. Die eerste is Hannes de Wet. Hannes was in sy dae hoofverslaggewer van Die Vaderland en later parlementêre verslaggewer en toe Perskorburo se verteenwoordiger in Washington.