Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.3.13

Reünies raak al hoe lekkerder

PEET SIMONIS berig: Die jaarlikse reünies van ons Perskor-lot word al hoe lekkerder. Dié keer in Johannesburg het die eerstes al voor elf opgedaag by die eetplek wat Hans Lombard gereël het en eers teen vieruur het ons aan huis toe gaan begin dink. Daar was ’n stuk of vyftig van ons bymekaar.

28.3.13

In Hillbrow se veilige vestes

PIET EBERSöHN skryf: Ek weet van meer as Gert van Rooyen wat ‘n veilige veste in Hillbrow gevind of probeer vind het.

Eerstens laat dit my dink aan die naloop van ‘n baie suksesvolle viering van een van Dave Viljoen se verjaardae by die destydse Porterhouse-restaurant – bottel Viekerie en al. Die kollegas wat die avontuur met my gedeel het, kan dit nie meer onthou nie, dus noem ek hulle maar

27.3.13

Oom Sarel bring ’n basiese lessie tuis

FRIK VAN DER WALT, gewese nagredakteur van Die Transvaler, skryf: Die Vaderland se nuusredakteur in my beginnerdae daar, Sarel van der Walt, was ‘n deurwinterde joernalis met ‘n landwye netwerk kontakte.

Hy het so ‘n groot swart boek met kontaknommers gehad. Elke kontak het sy eie bladsy gehad met die kontakpersoon se naam en

26.3.13

Oor saktye en taai tjops

PHILIP DEETLEFS skryf: Saktye is die olie waarop die koerantmasjienerie geloop het en sekerlik steeds loop. Niks kon ‘n mens beter aanspoor soos ‘n saktyd-dreigement nie.
Die redaksie is by aanvang afgedreig om hul opdragte vir die dag onmiddellik te begin, want die storie wat daar kan uitkom, sal dalk al diep binne more se koerant op ‘n vroeë blad weggewerk moet word.

25.3.13

Hul grootste kruis is die uitsoekeriges

Helena Koen
Oor ‘n koppie koffie is daar dikwels dik stukke in Perskor se kantien in Aucklandpark, Johannesburg, gesels. Die middagetes het ook vir menige werknemers ekstra vetjies besorg.

Hier by die restaurant is altyd iets aan die kook en reeds van ver af kry 'n mens 'n snuf in die neus dat hier op groot skaal gebak en gebrou word, berig Perskorhaan van Februarie 1972.

22.3.13

Aan die voete van Meester Hermie

Dinsdag, 2 Junie 1970, was 'n belangrike datum in die geskiedenis van die Afrikaanse Pers (1962) Bpk., want dit is die dag toe die eerste Afrikaanse Joernalisteskool geopen is. Agt voornemende joernaliste het vir ses maande onder die hande van Oom Hermie Hendriks (links) deurgeloop. Hieronder is drie stories wat in Hanekraaie van destyds verskyn het.

Die joernalisteskool se netjiese lesinglokaal is op die terrein van die Stag-gebou in Aucklandpark geleë en die minste wat 'n mens kan sê, is dat dit 'n professionele indruk wek, soos op die foto ook gesien kan word. In die middel staan mnr. Hermie Hendriks, hoof van die skool.

21.3.13

Allerdame Kittie laat rowwe Gert bloos

GERT COETZEE skryf: Enigiemand wat Kittie Vermaak ontmoet het, sal saamstem sy was die allerdame van joernalistiek.

Jongtyd daar in Aucklandpark was ons ’n redelike rowwe spul in die Kindergarten langs die lang gang af. As tannie Kittie sou instap, het jy jou beste maniere uitgestal, opgehou vloek en jou gedra. Nie dat sy ooit veroordeel of gekritiseer het nie, sy was net so ’n pragtige, ordentlike mens, jy wou haar onder geen omstandighede aanstoot gee nie.

20.3.13

Semen moes gifmoordenares van galgtou red

WILLIE BUYS skryf: Een van die eienaardigste berigte wat ek in my lang loopbaan van bykans 40 jaar as joernalis gedoen het, het gehandel oor een van die vier berugste gifmoordenaresse in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis. Dit is ‘n berig oor ‘n angsbevange vrou in die skadu van die galg wat op die mees bisarre manier probeer het om die doodstraf vry te spring deur verwagtend te raak.

18.3.13

Varkie hol na slaghuis

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die Redakteur, Maar God is Liefte”:  Raar maar waar. Dit kan klink na Gert Grootlieg se stories, maar dis alles die waarheid, die hele waarheid, die volle waarheid.

Partykeer kan "die ou duiwel" die skuld kry en soms is die drukkersduiwel skuldig.

15.3.13

Die veranderende koerantvrou: mooier, slimmer, eerliker

BIENKIE WESSELS was al gevestig in die joernalistiek toe die meeste van ons lesers nog op die skoolbanke was. In Perskorhaan van Maart 1973 vertel sy hoe die vrou vastrapplek gekry in hierdie beroep wat op ‘n tyd net vir mans beskore was.

“DIE Veranderende Rol van die Vrou in die Joernalistiek," klink na 'n gewigtlge verhandeling. Swaar op die maag. Kom ons laat dit net daar en begin met 'n southappie: Die veranderende koerantvrou.

(Foto bo:  Bienkie Wessels in 1973.  Toe het sy gesê:  "Sit gerus die ouderdom by.  Die jare was so goed dat ek nie 'n enkele een wil weggooi nie.)

14.3.13

Ja, ‘n mens raak selfs die lykshuis ‘gewoond’

PHILIP DEETLEFS skryf: Dit vat ‘n dag of drie, maar mens raak alles gewoond as jy genoeg blootstelling daaraan kry. Ook om letterlik hope lyke in die lykshuis te sien van mense wat weens dosyne verskillende oorsake daar beland het.

Die staatslykshuis in Braamfontein, Johannesburg, was die grootste en “besigste” lykshuis wat ek ooit mee te doen gekry het. Ek weet nie van

13.3.13

Noue ontkoming met kaptein Dawie se Peugeot

RIKA VAN GRAAN, gewese misdaadverslaggewer van Die Transvaler en The Citizen, skryf: Baie jong joernaliste is nie deur die meule van weleer nie!

Op 2 Januarie 1970 het ek saam met vier kollegas by DT begin werk. Vier van ons, Koos Roelofse, Piet Coetzer, Marieta Coetzee en ek was van die Puk af en Ona Lombard (later Viljoen) was van Tukkies af.

12.3.13

Joe se asado, minus die niertjies

JOE VAN BUUREN skryf: Ek het onlangs weer op dié foto afgekom. Frans Scheepeers het dit so ‘n paar jaar gelede per e-pos aan ons almal gestuur.

Dit is in Augustus of September 1978 by Philip Deetlefs se berugte woonstel in Troyeville in Johannesburg geneem. Die geleentheid was my afskeidsgeselligheid voor my vertrek na Perskor se kantoor in Londen.

11.3.13

Fotograaf Gert was joernalistieke leermeester soos min

ANDRIES BOTHA skryf: Gert Hattingh, gewese hooffotograaf van Die Transvaler en later baie bekend in die media weens sy kleurvolle en aangename persoonlikheid, was nie net ‘n besonderse fotograaf nie. Hy het ook menige junior verslaggewer touwys gemaak. “Streetwise” is die beste beskrywing van hom, in ‘n enkele woord.

ABJ ook bekroonde fotograaf

PIET EBERSöHN skryf: Wie het geweet wyle André Pienaar, gewese Perskorjoernalis en TV-man, was ook ‘n bekroonde fotograaf?

In die jare tagtig was daar ‘n skerp oplewing in die mark vir landboupublikasies en byna elke landboukoöperasie het sy eie blad uitgegee. Dit het daartoe gelei dat die kunsmismaatskappy Triomf ‘n wedstryd geborg het om die beste koöperasietydskrif aan te wys.

8.3.13

Heksetyd – verlede nag

JEAN OOSTHUIZEN, gewese politieke korrespondent van Die Transvaler, laat weet: HANNES CILLIERS wat toenterjare terug saam met my by DT gewerk het, het die stuk ’n paar jaar gelede op Perskor se webwerf geskryf. Dit handel oor die lewe in die nagkantoor destyds by DT. Dit is miskien nie vir sensitiewe lesers bedoel nie. Maar dis hoe dit was en geskryf soos net Hannes kon. Hy noem dit Heksetyd – verlede nag. (K’rant het die geswets uitgedoof. – Red.)

7.3.13

Ek het jou telefoonnommer – jy sal nie weer slaap niee!’

PIET EBERSÖHN skryf: SKRYF! sê Willie Buys, toe ek my mond verby praat. Maar dit het niks met die koerant uit te waai nie, protesteer ek. Skryf! sê Willie, as dit nie vir jou koerantervaring was nie, sou dit nie op jou pad gekom het nie. Vervlakste koerant! dink ek. Het jy dít ook aan my gedoen? Toe skryf ek maar.

Dit het alles begin toe Andries Botha geskryf het hy was nooit bang in Soweto nie. Toe sê iemand dis oor hy niemand te na gekom het nie.

6.3.13

‘Koop nog ‘n bottel Oude Meester en moenie die Coke vergeet nie!’

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Douglas Jones was ‘n speurder voordat hy die joernalistiek betree het. Volgens sy vorige kamerade en die deurwinterde skrywer en misdaadverslaggewer Chris Vermaak het Dougie se dossiere soos speurverhale gelees.

Ek het hom deur Willem Knoetze geleer ken, wat Saterdae as huursoldaat vir Dagbreek opgetree het. Willem het voorgestel dat ek

Japie bene in die lug

Willie Buys skryf: Geduld, ingeval. Dit is wat ons vra.

Ons versoek het te make met ons webjoernaal-"mechanic", Japie Bosch, wat die hospitaal gaan opsoek vir noodsaaklike instandhoudingswerk aan sy uittredende lyf. (Sorrie, Japie, maar ons weet dat jy weer soos ‘n jongeling gaan huppel as jy daar uitkom!)

5.3.13

Willie Buys is eintlik ‘n ‘recycled’ skollie


Philip Deetlefs en Willie Buys het op 'n tyd saam, elkeen op sy motorfiets, met hul meisies Kaapstad toe gery.

Op twee 750cc-menere nogal. Hulle vertel van daardie ondervinding.

‘Doodsrit’ genees Frikkie van motorfietse

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: My mede-nagredakteur, Dave Viljoen, het in Die Transvaler se Doornfonteinjare ‘n motorfiets gekoop. Vermoedelik om streng brandstofbeperkings tydens die huidige bewind se vryheidstryd te systap of dalk net vir plesierritte.

Willie Buys en Phillip Deetlefs het kort daarna sy voorbeeld gevolg.

4.3.13

Minister se steelfoto skaaf Piet se senuwees

PIET ROOS skryf: Ja die dae van steelfoto's was opwindend. By die pers had die fotograwe Leica's gehad wat seepglad en baie sag foto's kon neem.

Die standaard-prosedure was om die kamera aan sy band om jou nek te dra en dit vooraf in te stel om so vier voet ver in fokus te wees en dit oor te haal. Wanneer 'n persoon weier dat jy foto's neem, het jy gesê,

Reünie 2013: geborg deur Dagbreektrust

PIET EBERSÖHN skryf: Vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (dis nou APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind plaas op

Sondag, 24 Maart 2013 
by die restaurant Cattle Baron, 
h/v Nic Diederichsboulevard en Hendrik Potgieterweg, Wilgeheuwel, Johannesburg.

1.3.13

Verlepte kranse – ’n wandeling deur my kerkhof

THIJS NEL skryf: My moeder het altyd gesê ons sê nie genoeg dankie nie en dus wil ek hiermee ook darem ‘n paar keer dankie sê aan al die mense in die joernalistiek wat my met soveel deernis bygestaan en gehelp het. Dit was veral oom Hermie Hendriks wat vir my ‘n vader was, hoewel hy dit nie geweet het nie en my so ongelooflik help slyp het. En Frans du Toit, Tom Buys, oom At de Beer met wie ek die geleentheid gehad het om ‘n week voor hy dood is, per telefoon met hom te kon praat en dankie kon sê dat hy altyd in die bresse getree het vir ‘Sonnyboy’ soos hy my genoem het, ook oom Sarel van der Walt, Kitty Vermaak, Joan Kruger en Paul Kruger – almal mense wat my lewe geweldig verryk het!