Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Evert van Niekerk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Evert van Niekerk. Wys alle plasings

16.10.15

Skaterlag oor panty op 'n paal

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Evert van Niekerk, oudmotorredakteur van Die Vaderland, was altyd half deurmekaar en stillerig as hy by sy klein glaskantoortjie in Aucklandpark aangekom het.

Hy was vroeg-oggend nie juis spraaksaam nie. Seker maar nie ‘n oggend-mens nie. Maar een oggend ná sy aankoms bars hy kort-kort van die lag uit. Het julle ouens dan nie gisteraand radio geluister nie? En hy mompel iets van “die baas”.

Nou wat het aangegaan, Evert? vra een van die ouens (dalk nog Tom Buys), geamuseerd.

7.2.14

As jy met ʼn tornado trou, waardeer jy die windstiltes

Na aanleiding van ANKE VAN NIEKERK, weduwee van daardie kleurvolle Perskorman Evert wat in die lewe motor-redakteur van Die Vaderland was se skrywe in K’rant, het WILLIE BUYS haar gevra om ‘n bietjie uit te brei oor hierdie wyd bekende man in die destydse motorkringe.

Dit het maar aanvanklik ‘n bietjie gesukkel, vandaar die feit dié berig

10.12.13

Evert se hoed en boekie is nie saam

ANKE VAN NIEKERK, weduwee van Evert van Niekerk, skryf: 'n Familielid het, baie opgewonde, vir my gesê: Google bietjie “K’rant - Huldeblyk aan Evert”.

Was my verrassing groot toe ek Willie Buys se berig daar vind (lees hier) asook ene van Suzelle (du Preez) Fourie (lees hier). Dis wonderlik dat iemand, ná 24 jaar, nog aan hom dink. Ja, hy was 'n karakter sonder gelyke.

30.5.13

Huldeblyk aan Evert, motorfanatikus met ’n vaartbelynde spog-sportmotor

WILLIE BUYS skryf: ’n Plat-op-die aarde man, dié Evert van Niekerk, vermaarde motorskrywer van formaat, nou al 20 jaar saliger. Wat jy gesien het, is wat jy gekry het van Evert. Hy was nie hooggegeleerd nie – ek verbeel my hy was ‘n “motormack” voordat hy sy hand met groot sukses aan die motorjoernalistiek gewaag het.

Hiervan getuig sy toekenning as Motorskrywer van die Jaar, waaroor

22.4.13

Toe “spark” Ghriespomp beter as 60 ander ouens

EVERT VAN NIEKERK, die destydse motorredakteur van die Die Vaderland, is in 1970 as Motorskrywer van die Jaar aangewys. Die Vereniging van Motorskrywers het hom uit 61 inskrywings die beste geag.

In Hanekraai van Augustus 1970 het kollega Suzelle du Preez (toe
was sy nog ongetroud en het later Fourie geword) haar indrukke van Evert weergegee. Evert het ook ‘n storie oor sy ervarings geskryf.