Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.6.12

John Vorster dié enigste kan-di-daat

JAPIE BOSCH vertel die interessante storie van 'n gesprek tussen Dirk Richard, hoofredakteur van Die Vaderland, en John Vorster, toe Premier.

Na die sluipmoord op dr. HF Verwoerd op 6 September 1966 was daar drie kandidate vir die troonopvolging – sen Jan de Klerk, Ben Schoeman en John Vorster. Sen De Klerk het hom vroeg onttrek en Schoeman het hom onttrek toe hy sien hoe die wind in die koukus ten gunste van Vorster waai.

Dirk Richard, hoofredakteur van Die Vaderland, het dié storie vertel:

Jare daarna was daar ‘n geleentheid waartydens Dirk en Vorster saamgekuier en deur laasgenoemde se plakboeke geblaai het. Toe hulle by ‘n foto kom wat ‘n ruk voor die premiersverkiesing geneem is en waarop Vorster, Schoeman en De Klerk saam is, was se Dirk kommentaar: “Eintlik was daar net twee kandidate,” bedoelende dat De Klerk nie veel kans gehad het om verkies te word as hy homself beskikbaar gestel het nie.

Vorster het na Dirk gedraai en in sy afgemete stem geantwoord: “Eintlik was daar net één kan-di-daat”.