![]() |
"Wat van 'Elders'?" wonder ek later. Soos in die digterlike "die rus is elders". As ons die rus 'n adres gee, kom dit dalk uiteindelik by ons tot ruste.
Ná herhaalde pogings tot aftrede was ek reg vir rus. Die eerste aftrede was so kort voor sestig toe ek New Media Publishing verlaat het. En toe dadelik saam met kollegas 'n nuwe uitgewersmaatskappy, Tip Africa Publishing, gestig het. Ons het heerlike tydskrifte uitgegee, onder meer Wild vir Sanparke. Later ook boeke. Gedenkboeke in die besonder. Omdat ek die oudste was, is aanvaar dat ek die skrywer sou wees, so asof ek minstens die afgelope 150 jaar persoonlik meegemaak het.






