Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.4.18

Foto's: Jaarfunksie, 2018

MADELAINE PAGE het die meegaande foto's aan K'rant gestuur. Dit is geneem tydens die jaarfunksie van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) op Sondag, 25 Maart 2018 by die Aucklandparkrolbalklub in Johannesburg.

K'rant het nie byskrifte van die foto's nie. Daarom het hy dit goedgedink dat lesers self moet kyk of hulle hul oudkollegas herken. Plek-plek sal die naamplaatjies help.

16.4.18

Jakkie se flikvlooiwenk

JAKKIE GROENEWALD, voormalige kunsredakteur van Die Vaderland, was nooit skaam vir meisies nie. En hulle ook nie hul neuse vir hom opgetrek nie.

As akteur het Jakkie jare terug al naam gemaak.  In sy jongste rol in 'n advertensie  is hy 'n boer wat nie juis 'n goeie begrip vir Engels het nie. Daarin het hy raad vir die manne wat sukkel om hul vrouens of meisies se aandag te behou.

Klik HIER om 'n splinternuwe wenk van Jakkie oor romanse te kry.

3.4.18

Apartheidsredakteur se ervaringe geboekstaaf

HARALD PAKENDORF skryf (op versoek): Om ‘n boek te skryf was nou nie waaraan ek gedink het nie. Ek werk nog voltyds, die tyd is maar min. Het tog gewonder of ek dalk nie vir die dogters en kleinseuns ’n soort familiegeskiedenis moet skryf nie, so ‘n Stories vir die Kinders.

Toe praat Penguin my om om ‘n ander boek te skryf en so eindig die pogings in Stroomop, eintlik maar herinneringe van die joernalistiek in die dae van apartheid. Ek het probeer om op die agtergrond te bly maar dit is onmoontlik as jy moet skryf oor twee koerante waarvan jy redakteur was -- 1972 tot 1986, Oggendblad en Die Vaderland.