Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.6.13

Betaalstrokie laat oë water

PHILIP DEETLEFS skryf: Ai mense, my oë het sommer begin water toe ek die afskrif van die Perskor-betaalstrokie sien in Frans du Toit se vertellings (lees hier) destyds oor die tekort aan mense wat vir die koerant wil werk. R270 per maand wat na aftrekkings R188,20 geword het. Eisj …

Voor ek in Januarie/Februarie 1973 by Die Transvaler begin werk het,

Evert was anders

PIET ROOS skryf nav Willie Buys se storie oor Evert van Niekerk (lees hier): Ja, Evert was anders. So half nonchalant, geloop met 'n swaai in die heupe soos ek ook aangeleer het in die dae dat ek in die staalfabrieke gewerk het.

Evert het sy eie glashokkantoor neffens die nuustafel gehad. En dit was deurmekaar van papiere en foto's en knipsels.

Een middag kom hy by my staan.

"Kom saam vanaand. Ons gaan Carlton toe"

27.6.13

Praat van vars nuus

GERHARD BURGER skryf: Eintlik was ons ook maar vakleerlinge toe ons begin het. Jy moes jou spore verdien; en jou by-line. Dit was nie sommer net instap en scoops skryf nie.

By party koerante het dit so gewerk: die beginners in die redaksie vertaal eers Sapa-vullers; vier reëls, soms ses. Dis waar jy leer skryf en spel.

26.6.13

Landsake g’n ligtelike kwessie

JOE VAN BUUREN skryf: Ek is in die vroeë tagtigerjare saam met ‘n groot groep mediamense op ‘n besoek aan die sogenaamde aangewese gebiede.

Soos Piet Ebersöhn verduidelik, was die aangewese gebiede ‘n strook al met die noordgrens langs waar die destydse regering om veiligheidsredes die ontvolking wou teenwerk met die instelling van

Kerk en kroeg in bisarre scenario

Willie Buys skryf: Die berig oor die ou kerkie het 'n paar herinneringe by my losgemaak want ek het self heelwat met die eens heilige geboutjie te doen gehad. Eerstens het dit my laat dink aan die lekker ou saamsingliedjie uit my lank vergange rugbydae "die kerk en die bar is langs mekaar" wat ons uit volle meestal beskonke bors gepleeg het nadat die robuuste dinge van die dag op die velde gepleeg is.

25.6.13

Calvyn se leringe het baie laat wroeg

GERT VAN ROOYEN skryf: Seker ‘n hele paar K’ranters het dalk in Januarie in Beeld gelees van prof. Calvyn Snyman wat in Pretoria oorlede is. Prof. Calvyn, wat van 1966-1990 dosent en later professor in Perswetenskap/Kommukunikasiekunde aan die Puk was, was seker een van die mees invloedrykste skrywers oor persetiek. Menige oud-Puk student, wat in een of ander stadium by Perskor gewerk het, ken sy beroemde (en dikwels berugte!) Pers en Leser nog baie goed.

24.6.13

’n Groot joernalistetekort

FRANS DU TOIT, assistent-redakteur van Die Vaderland, skryf in Januarie 1973 in Perskorhaan:

Wat het van die Afrikaanse joernaliste geword? Die manne verantwoordelik vir die personeel by al vier Perskor se koerante, soek na 'n antwoord op hierdie vraag.

Die Transvaler, Hoofstad, Oggendblad en Die Vaderland het elkeen 'n groot personeeltekort. Aan die einde van November was daar 18 vakatures by Die Vaderland alleen. By die ander het dit nie veel beter gegaan nie.

20.6.13

As water- en ander slange die ledigheid verdryf

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: ‘n Poets is gewoonlik heelwat snaakser as ‘n mens nie aan die ontvangkant is nie. Werkers in Perskor se fabriek in Aucklandpark, Johannesburg, wat as gevolg van die maatskappy se stortvloed koerante en ander publikasies gereeld oortyd gewerk het, het tussen die versorging van die publikasies genoeg vrye tyd gehad om mekaar en ander poetse te bak.

19.6.13

Die dag toe die professor sterf

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die redakteur”: Die dag toe alle hel losgebars het, nadat 'n wêreldbekende seding-wetenskaplike in 'n motorongeluk gesterf het.

Televisieprogramme, lastereise, nadoodse ondersoeke en oor en weer beskuldigings was aan die orde van dié dag, nadat professor David Bosch van die Universiteit van Pretoria in 'n motorongeluk, op die

18.6.13

Ego ontkom net-net op Thabazimbi

PIET EBERSÖHN skryf: Philip Deettlefs stuur nou die dag een van daardie kettinggrappies per e-pos aan wat my gedagtes ver laat terugdwaal – na ‘n slag toe my ego genadiglik ‘n ernstige knou gespaar is.

Dit was in die eerste helfte van 1979 en die vleisboere het swaar getrek. Hulle het ‘n vergadering in die Yskorsaal op Thabazimbi gereël

14.6.13

Vertroue sleutel tot Roelf se sukses

HERMAN LE ROUX skryf: Die gerespekteerde rugbyskrywer wat die laaste paar dekades van sy joernalistieke loopbaan gesaghebbend oor renperde kon skryf.

Só onthou ek Roelf Theunissen, voormalige sportredakteur van Die Volksblad wat ’n draai by Perskor gemaak het en as wedrenredakteur van Beeld op die Vaal-renbaan gesterf het.

13.6.13

Maer Engelse had fris Boere verleë

PIET ROODT skryf: Ek is pas by Die Transvaler aangestel toe ek gestuur word om ’n storie te gaan doen oor ’n Engelse toutrekspan wat die land kom besoek het – blykbaar die heel eerste keer.
Om die okkasie te vier, het die organiseerders wyle oom Bull Hefer gevra om ’n paar stoeiers te bring om teen die klein Engelsmannetjies te kom toutrek, sodat ons hulle kan wys ons Boere word nie sonder handskoene aangepak nie.

12.6.13

Philip voorspel die sterre

PHILIP DEETLEFS skryf: Rika van Graan se vertelling oor hoe sy die weervoorspellings van Sapa moes vertaal en sommer self voorspel het, het my laat dink oor die blokkie wat destyds daagliks in Die Transvaler aangebied is vir die bygelowige Thomasse onder die koerantlesers. “Die Sterre Voorspel”.

Wat daagliks met jou kon gebeur, is vir jou in hierdie diereriem-blokkie
voorspel. Een van my take as jong verslaggewer was om Die Sterre Voorspel te vertaal.

11.6.13

André se bier word koffie

HERMAN SNYMAN skryf in Hanekraai van Oktober, 1970:  André du Toit, Die Vaderland/Dagbreek en Landstem/Hoofstad se Londense verteenwoordiger, het op 'n goeie dag in September op 'n sypaadjie in Beiroet gesit en bier drink - helder oordag en in werktyd.

10.6.13

Die aand toe Wim byna as Mej Randse Paasskou gekroon is

WIM VAN VOLSEM skryf: Die Vaderland was mos destyds ‘n middagkoerant, wat beteken het dat “die volk” dit in die aand by die Portugees se kafee op die hoek gekoop het, saam met die brood en die potjie botter en ’n pakkie Chesterfield.

Ons moes toe 07:30 in die oggend aanmeld in die redaksiekantoor in Aucklandpark. Ons het toe in ’n dwalende swewende sirkeltjie gestaan

Liefte word waardeer

Piet Roos, ‘n gewaarde oudkollega, vriend en bydraer, was so ontroer deur Tobie Van den Bergh se uittreksel uit sy onlangs verskene boek onder die opskrif God is Liefte dat hy dit aan al sy vriende gestuur het. Piet het dit as ‘n “fantastiese” berig beskryf.

Thisj Nel, voormalige kunsredakteur by Die Vaderland skryf: Ek het hierdie storie aangrypend gevind; net weer ‘n bewys dat die Genade anders werk as wat ons besef.

Andries Botha: Dis darem werklik ‘n pargtige storie van Tobie af. Dit is nou ware, meelewende joernalistiek op sy beste.

Piet Ebersohn: Ek skat dis dié soort storie wat inhoud gee aan die betekenis gemeenskapskoerant teenoor plaaslike koerant.

Liefte!

7.6.13

Stokou kerkie op ons perseel in Doornfontein

Neffens die nuutste koerantgebou in die land en skuins oorkant een van die bedrywigste kroeë (Vegkop – Red.) in Johannesburg, staan die ou kerkie. Dié hout-en-sinkgeboutjie is vir Perskor se strome werkers wat hulle daagliks daar verbyhaas nie eens 'n tweede kyk werd nie, berig Perskorhaan in Februarie 1977.

Dié einste ou kerkie maak Perskor 'n unieke koerantmaatskappy. Ons is die enigste persgroep ter wêreld wat met 'n eie kerk op ons eie perseel spog.

6.6.13

Intervarsity – van Vegkop tot die Elgro

PIET EBERSöHN skryf: Op ’n weeksaand in Augustus 1977 het ’n klompie oud-Pukke in Vegkop gesit en lamenteer oor die Pukke se powere kans om die Kovsies se Shimlas daardie Saterdag in die jaarlikse intervarsity tussen die twee spanne te klop.

Twaalf lede van die Shimlaspan het daardie jaar vir die Vrystaat gespeel (ses van hulle was Springbokke), die sterkste Shimlaspan in die

5.6.13

As ‘n ‘fondle’ te warm raak!

JOE VAN BUUREN skryf: Die Villa Barcelona in Johannesburg was in die jare sewentig en tagtig nogal bekend onder ons koerantmense.

Ek was in ‘n stadium ‘n gereelde besoeker, omdat wyle André de Bruyn ‘n ruk lank daar gewoon het.

Daar is al heelwat in K’rant oor André geskryf. Hy was die soort ou wat

4.6.13

Dobbelfnuiker krap Diamond se kaarte deurmekaar

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Een aand saal ons weer in Vegkop vir ‘n loopsoop af. Ons het skaars met die eerste bier klaar gespeel of kroegman Danie kondig aan iemand koop vir die hele kroeg ‘n dop. ‘n Rukkie later word ons weer van ‘n geskenkdop in kennis gestel. Ons gaan kyk wie is ons weldoener en kry hom by Vegkop se baas Diamond se dobbelkring. Die manne dobbel geesdriftig om ‘n hoop note op die toonbank. Toe merk een van Perskor se vakleerlinge op dis meer geld

3.6.13

Gary Player het ’n gewigsprobleem met die July

DIRK BENADE skryf: Dis Vrydag voor die Rothmans July Handicap. Ek en die goeie ou siel en fotograaf, Jack Fenix, sit in die Lonsdale-Hotel in Durban, na-aan die strandfront. Ons deel die kamer om koste te bespaar omdat ons ook manskoeldrank wil drink. Met die “normale” voorskot was dit wensdenkery. Dit kos ons geld om die July te dek -- my eie geld en ons is besig om die koerant en Rothmans te borg. Daarom was dit van kritieke belang om met Gilbeys se