Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.2.18

Jaarfunksie op 25 Maart 2018

Die jaarlikse saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers (APB, Dagbreekpers, Voortrekkerpers, Republikeinse Pers, ens) vind plaas op Sondag, 25 Maart 2018 by die Aucklandpark-rolbalklub, h/v John Adamsonrylaan en Jan Cilliersstraat in Montgomerypark, Johannesburg. Die ingang is in Jan Cilliersstraat

Die komitee (Harald Pakendorf (voorsitter), Aletta Pakendorf, Margaret Lombard en Louise Blake) het besluit om die funksie na ‘n plek met ‘n private funksiekamer te verskuif. Daar is veilige parkering onder groot koeltebome. Dankie aan Jakkie Groenewald wat die plek voorgestel het.

14.2.18

K’rant se taalversorger skouer-af

As ons lesers vorentoe ontdek dat daar ‘n taalfoutjie iewers oorgesien is, moenie bevrees wees nie.

K’rant se getroue taalversorger, Stella Niemand (links) is vir ‘n paar maande met siekteverlof met twee skoueroperasies wat vir haar voorlê. Ná die operasies mag sy vir ‘n paar maande nie haar hand aan ‘n rekenaar sit nie.

(Ons wens jou voorspoed toe en ‘n spoedige herstel met die operasies, Stella! – Red.)

12.2.18

Paul en Willie krap steentydperk oop

PAUL KRUGER skryf: Hierdie storie word aan Willie Havenga opgedra -- uitstekende fotograaf, goeie maat en kollega. 

Die oeroue vraag: Waarom klouter klimmers berge?

Antwoord: Hulle doen dit omdat die baas so sê.

In hierdie geval was die baas mnr Otto Schwellnuss, lid van Die Vaderland se hoofredaksie, as ek nou mooi reg onthou. Die ou groot gryse se kantoor was op die vierde verdieping skuins oorkant die algemene redaksie se hokkiekantore, maar ons plebs het baie min met hom te doene gehad.