Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Arrie de Beer. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Arrie de Beer. Wys alle plasings

29.5.14

‘n Ligte teleksmistykie op ‘n Sondagaand

ARRIE DE BEER skryf: Ek het inderdaad soos die redakteur K’rant se lesers aanbeveel het in my brein gaan rondkrap, maar om die een of ander rede onthou ek nie juis ‘n groot boel regtig snaakse stories in my dae by Die Transvaler nie – dalk omdat ek te kort daar was, of te lank alleen aan die Wes-Rand en later vir promosiewerk rondgery het.

Dit hang natuurlik ook nou af met wat ‘n mens as snaaks beskou. WAT sê die woord kan ‘n hele paar betekenisse hê: Om jou snaaks te hou (gemeen, katterig), ook om iets eienaardigs gade te slaan, of dan ook grappig, koddig of klugtig.

28.3.14

'n Meneer van ʼn Oom en ʼn Derduiwel tref my aan die Wes-Rand

ARRIE DE BEER, ‘n gewese Die Transvaler-man en later gerekende akademikus in die Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit en Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, skryf: Ek is Gert Coetzee dankbaar oor die weergawe van sy pa se lewe en werk as die Die Vaderland/Die Transvaler se verteenwoordiger in die ou Wes-Transvaal. Die verhaal het verlede jaar in K’rant verskyn.