Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Martie Snyman. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Martie Snyman. Wys alle plasings

27.3.17

Die Franse Konneksie

HANLIE (Swanepoel) VORNBERG skryf: Ek het al gewonder of die K´rant-redaksie nie wil toelaat dat ons dan en wan ´n storie skryf wat nie spesifiek met die ou dae by Perskor te doen het nie. Ek dink veral aan die skatkis (die room sypel deur die splete) joernaliste wat daar rondsit en oud word en miskien tog die behoefte het om weer die pen op te lig sonder om in die verlede rond te delf.

Soos vanmôre toe my Africana-boeke uit die Kaap aankom en ek lees oor die Franse wat die Kaap in die jare 1781 tot 1783 beset het om die Ou Kasteel teen die Engelse te beskerm. Ek sweer ek het hierdie deel van die geskiedenis verslaap!

27.10.14

Metamorfose tref Rooi Rose

 HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Ná aanleiding van Jasper Schellingerhout se uitmuntende berig oor die "Sewentigs en hul nuwe koerant" wil ek graag ´n stuiwer in die armbeurs gooi oor die metamorfose wat die vrouetydskrif Rooi Rose op 10 Maart 1971 ondergaan het.

Soos Jasper skryf van die oorstoot van die sestigs na die sewentiger jare, was hierdie "oorstoot" by Rooi Rose nie so maklik met Martie Snyman aan die stuur nie.

23.10.14

Martie se Rooi Rose

GERHARD BURGER skryf: Op ʼn goor dag kan jy een van twee dinge doen: gaan busry of in ʼn winkel vol tweedehandse boeke gaan speel.

Port Elizabeth se busdiens is nie aan te beveel nie. Maar hier is darem twee boekwinkels waar ʼn mens maklik ʼn hele dag kan deurbring as die dors jou nie oorval nie.

Dit is hoe dit gebeur het dat daar nou tussen al die goeters in hierdie klein kraamsaal (ander mense het studeerkamers) ʼn uitgawe van Rooi Rose lê: Woensdag 19 Mei 1971. Die redaktrise was Martie Snyman, wat ʼn nogal lywige stuk oor haar dogter se kleresmaak geskryf het.

10.1.14

Afvalgeleentheid skep verleentheid

JAPIE BOSCH skryf: ‘n Misverstand tussen Marius Jooste en Martie Snyman, oud-redaktrise van Rooi Rose in die jare sewentig, oor skaapafval het amper tot konsternasie gelei.

Jooste het op ‘n dag Martie na sy kantoor laat kom en haar gevra om hom te help met die reëlings vir ‘n ete waartydens hy afval wou voorsit. Hy sê toe vir haar: “Vra sommer vir ‘daai Bosch’ om vir my 13 stelle afval te kry”.

8.1.14

Asseblief! Dit WAS respektawelik

LUCIA GOMES skryf: Nou toe. As julle jul klaar gebreek het -- gelag het soos julle lê -- laat ek verduidelik. (Weet natuurlik nie waaroor gaan al die lawaai nie. Lyk my julle het nog nooit 'n mens in 'n laken gesien nie!)

Julie 1970
Ewenwel. Dis Hanekraai-redakteur, Paul Kruger, wat my met die meegaandefoto in die gang byloop. "En toe," wil hy weet, "wat se lawwigheid is dit nou eintlik dié?" Sommer so. En kamma kastig is hy vreeslik geskok. "Om te dink," fluistersê hy, "dat oom Apie Greeff, Maxie Pienaar, Martie Snyman en André Verster ook so ... so kaal ... so ... " en hy's vort.

31.10.13

Ouma Pulane se huis toe gaan

In Rooi Rose se Kersuitgawe van 1971 skryf die blad se redakteur, MARTIE SNYMAN, onder die opskrif “Dit sal ek nooit vergeet nie” soos volg:

As ‘n mens terugkyk op ‘n joernalistieke pad wat byna 25 jaar ver na die dinge van gister en eergister toe streep, is daar baie insidente wat jy onthou. Sommige borrel só oor van die lag en die lekker dat jy jou