Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Elma Potgieter. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Elma Potgieter. Wys alle plasings

22.8.22

Elma van graad 1 af vir verhoog bestem

ELMA POTGIETER skryf: Van graad I af in die eerste van vyf laerskole het ek en my ouers en suster geweet ek gaan eendag toneelspeel. Ek het botweg geweier om vir die familie voor te dra, maar toe ek die hoofrol kry van die Kaapse Nooi in Hoe Ry Die Boere in graad I in Presidentskool op Klerksdorp, was die koeël deur die kerk.

In my vyfde laerskool, Jubileumskool in Mayfair-Wes, Johannesburg,speel ek my tweede hoofrol, die Kaboutermannetjie, Repelsteeltjie, in die gelyknamige sprokie wat deur die hoof, meneer Sondorp, as ʼn operette verwerk is.

In matriek op Hoër Meisieskool Helpmekaar speel ek weer die manlike hoofrol van Captain Corcoran in die Gilbert & Sullivan operette HSM Pinafore.

24.4.14

Meyerton-busramp – mevrou Lotter se storie

ELMA POTGIETER, gewese joernalis van Die Transvaler en deesdae aktrise, skrywer en vertaler, skryf: Beelde, indrukke, is my onthou van daardie dag.

Ons was almal bo in die kafeteria. Party met borde kos voor hulle, party met koffie of tee. Ek het by ‘n venster gestaan, met iets in my hand – dalk ‘n beker tee. Die venster het noord uitgekyk oor