Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Bienkie Wessels. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Bienkie Wessels. Wys alle plasings

14.2.20

Pers-ID van toentertyd

FRANS WESSELS (Jr) skryf: Vanoggend verskyn daar n pop-up op my rekenaar ... daar is weer 'n storie in K’rant geplaas!

Frans Wessels
Bienkie Wessels
Ek het vining gaan loer, sien die berig oor die reunie, lees natuurlik die ouer stories ook, en sien toe die versoek op 11.11.2019 vir nog 14 stories om die millennium kerf te haal.

Ek was nie self by Perskor nie, maar het deur my ouers, Frans en Bienkie, Perskor baie goed leer ken; aldus my belangstelling in K’rant.

Oor die jare het ek baie stories gesien met name uit vanmelewe se dae; mense wat ek destyds goed geken het en met wie ons baie ondervindinge saam meegemaak het.

1.11.16

As `n byskrif `n storie word ...

PIET EBERSÖHN skryf: Langer as twee jaar gelede het Somarie Grey, die dogter van Marius Jooste, grootbaas van Dagbreek en later Perskor, `n klompie ou foto’s uit die persgeskiedenis aan K’rant beskikbaar gestel.

Ek het gereken om die foto’s van behoorlike byskrifte te voorsien voordat ek dit aan K’rant voorlê, maar het intussen daarmee moed opgegee.

Ek het `n paar mense genader, maar wyle Bienkie Wessels was al een wat redelik kon help.

9.6.16

Bienkie was 'n Grote in die SA joernalistiek

MARTIE RETIEF MEIRING skryf: Bienkie was ‘n “grote” in die joernalistiek.Sy het ’n styl gehad wat min skrywers kon nadoen.

Dis die moeite werd om haar ou “By my venster verby”-rubrieke te lees. Haar dood is hartseernuus, so gou na Hans Lombard, haar groot vriend, se dood.

Min mense kon so gul glimlag soos Bienkie! En so lekker lag.

8.6.16

Bienkie laat 'n leemte

MARGARET LOMBARD skryf: Bienkie Wessels – sy van die fyn woordkuns, die gul glimlag en die heerlike humorsin – is Maandag, 6 Junie by haar huis in Parktown-Noord oorlede.

Ek het Bienks (soos ek haar meestal genoem het) in Mei 1971 ontmoet toe ons albei by Lindsay Smithers Skakelkonsultante gewerk het.

Ten spyte van ‘n ouderdomsgaping van 22 jaar het ons dadelik ge-“kliek”. Lees, skryf, reis en die teater was van ons vele gedeelde vreugdes.

7.6.16

Bienkie Wessels verloor stryd teen kanker

Frans Wessels skryf: My ma, BIENKIE WESSELS, is Maandag oorlede ná n lang stryd met kanker.

Reëlings ivm die roudiens sal aan julle gestuur word.

Bienkie was 'n kranige koerant- en tydskrifjoernalis; die skrywersbloed het dik deur haar are geloop.

Sy was ook 'n getroue K'rant-leser, en het graag op die hoogte gebly van al haar oudkollegas se doen en late.

Ongelukkig moes sy die laaste reünie misloop agv haar verswakte gesondheid.

Sy gaan 'n groot leemte laat, sowel in haar vriendekringe as die joernalistieke wêreld.

2.10.14

Piet betaal sy weddenskap na 40 jaar

PIET ROOS skryf: In Maart 1973 het ek die grootmens-wêreld van die joernalistiek betree.

Dit was die wonderlikse plek waar dinge gebeur het. Ons het elkeen 'n tikmasjien gehad, in ons hokkies gesit en stories op "seksie"-papier getik en die blaaie met kopspelde aanmekaar vasgesteek.

Toe ek meer as dertig jaar later op Upington by Douglas Jones kuier, trek hy 'n skryfblok nader en teken die hokke.

1.10.14

Gerhard is hoof van Bienkie se bewonderaarsklub

Die blote feit dat Bienkie Wessels van haar laat hoor het en dan nog op so 'n heerlike lekkerlees manier, het nie net K'rant se redaksie beïndruk nie.

GERHARD BURGER skryf: Bliksem! Daardie Bienkie Wessels kán skryf. Van kleins af. Nou nog. Laat weet haar ek is steeds hoofkommandant van haar fan club. Nog al die jare. (Jy het 'n vrag mededingers Gerhard - Red.)

30.9.14

Bienkie onthou die lekker van haar kollegas

BIENKIE WESSELS skryf: Dis die sien van Japie Bosch (Betaalmeester - of so iets?) se naam wat my doerie goeie dae laat onthou en besiel om iets te begaan.

Immer hulpvaardig, het Japie meermale bygedra as hy merk iemand sit en kraam; en wanneer die betrokke ou dan 'n blaaskans vat en 'n draai gaan loop, voeg hy gou iets tot die storie by.

Sy wenke het nogal gehelp. Kan nie onthou dat ek hom ooit met iets bygekom het nie, maar hy't 'n mens gedryf tot 'n paar groot woorde - daardie tyd was donner 'n yslike swetswoord - en dan was die breinverbindings beter en kon jy verder skryf.

15.9.14

“Bly nugter” waarsku Hermie

HANS LOMBARD skryf: Op Vrydag 5 September het ek Hermie Hendriks en sy dogter Hermien by die tuiste vir bejaardes, Huis Hoëveld, net agter die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, gaan oplaai vir ‘n heerlike middagete by die ou bekende Thunder Gun Steakhouse in Blackheath, Johannesburg.

Hulle doen al sake sedert 1968 en Hermie sê in sy Vaderland-dae het hy en van die manne gereeld daar geëet. Sy dogter, Hermien, bly ook in Huis Hoëveld. Sy kyk goed na haar pa. Sien hom feitlik elke dag. Hermie het mooi herstel nadat hy vroeër vanjaar geval het. Hy loop nie meer met ‘n loopring nie en het self aangestap na die motor.

15.3.13

Die veranderende koerantvrou: mooier, slimmer, eerliker

BIENKIE WESSELS was al gevestig in die joernalistiek toe die meeste van ons lesers nog op die skoolbanke was. In Perskorhaan van Maart 1973 vertel sy hoe die vrou vastrapplek gekry in hierdie beroep wat op ‘n tyd net vir mans beskore was.

“DIE Veranderende Rol van die Vrou in die Joernalistiek," klink na 'n gewigtlge verhandeling. Swaar op die maag. Kom ons laat dit net daar en begin met 'n southappie: Die veranderende koerantvrou.

(Foto bo:  Bienkie Wessels in 1973.  Toe het sy gesê:  "Sit gerus die ouderdom by.  Die jare was so goed dat ek nie 'n enkele een wil weggooi nie.)