Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket André Buys. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket André Buys. Wys alle plasings

29.6.12

André kry ‘n onverdiende opstopper

Langenhoven het gesê humor is “’n lag met ‘n traan”, maar vir André Buys het dit daar in Polokwane bietjie anders gewerk – dit was sonder gelag, maar met ‘n opstopper op die kakebeen.

In die vroeë jare tagtig van die Noord-Transvaler was hy nuusredakteur. Op ‘n goeie Vrydagmiddag omstreeks drie-uur stap ‘n boer by ontvangs in en bulder: "Ek wil die redakteur sien."

21.5.12

Amper afgedank oor slaptjips

ANDRÉ BUYS, toe nog proefleser in Perskor-diens, vertel: DIT was ’n Saterdagmiddag in 1969 en oom Cas Pretorius, hoofproefleser, het gesê ek kan gou met ete gaan. Ek het besluit om winkel toe te gaan en soontoe te stap. Ek het slap ‚tjips’ gekoop en was op pad terug toe ek skielik in oorlede Marius Jooste, die besturende direkteur, vasloop.

18.5.12

Proefleser afgedank oor gepaaide berig

ANDRÉ BUYS skryf::  Ek het van 1969 tot 1977 in die proefleeskantoor in Aucklandpark en Doornfontein gewerk. Ek is ’n voormalige redakteur van Die Noord-Transvaler en is tans motor- en sakeredakteur by die Noordelike Review in Polokwane.Ek is ook die broer van Willie Buys, mederedakteur van K’rant en wyle Tom Buys, in lewe nuusredakteur van ook oorlede Die Vaderland.